top of page

MISDAAD IN SUID AFRIKA

Wat is aan die gang in Suid Afrika? Hoekom het hierdie mooi land so totaal en al verval in anargie, misdaad en geweld?

 

Eerstens glo ek dit is omrede God deur ons regering verwerp is. Hy is uit alle staatsinstansies verwyder met minagting. Ons skole het Godloos geword. Kinders word geforseer om ander gelowe te ondersoek. Ja, dit is in baie skole verpligtend.

Tweedens is die fondasie van die huwelik en huisgesin vernietig. Daar waar 'n kind moet veilig voel, maar ook gedisiplineer word, het die staat eerder kinderregte in plaas van ouerlike pligte afgeforseer. Die staat het die opvoeding en beheer van ons kinders oorgeneem. Dit terwyl die Woord van God daardie verantwoordelikheid op die ouers geplaas het. Kinders word geindoktroneer om te glo dat die ouer het geen gesag meer oor hulle nie en is slegs daar om hulle van blyplek en voedsel te voorien. Sou 'n kind ongelukkig wees met die behandeling wat hy voel hy kry, kan hy sy ouers gaan verkla by die staat. 'n Ouer het ook nie meer die reg om moreele waardes by 'n kind te kweek nie. 'n Ouer het nie eers die reg om in 'n kind se kamer in te stap nie. Selfs al sou die deur toe wees en 'n kind saam met iemand van die teenoorgestelde geslag verkeer.

Kinder mishandeling is een ding, maar kinderregte is direk in stryd met God se Woord.

 

Derdens stel God dit dat 'n man een vrou moet aanhang. Ons het 'n President wat 5 vroue aanhou. Selfs ons President tree lynreg teen God se bevele op en dan maak hy aanspraak op tradisie. Watter kans het Suid Afrika?

 

Vierdens word gayregte in ons grondwet verskans. Suid Afrika was een van die eerste lande om gay huwelike toe te laat. Selfs voor Amerika! Dit vertel 'n storie. Dit is so erg dat indien iemand sou waag om iets oor hulle te opper, word dit gesien as haatspraak en kan die persoon deur die staat aangekla en gestraf word. So gaan daar binnekort situasies ontstaan waar 'n christen sal moet kies tussen die Woord van God en die staat.

 

Vyfdens word daar duidelik gestel dat God geen ander gode aanvaar nie. Satanisme is vervuil in Suid Afrika. 'n Paar jaar gelede het Kobus Jonker geglo dat Bloemfontein moontlik die wêreld hoofstad van satanisme mag wees. Shangomas, wat eintlik toordokters is, oefen geweldige invloed op die bevolking uit. 'n Sprekende voorbeeld is Marikana. Almal weet wat werklik daar gebeur het, al probeer die Kommissie van Ondersoek om die feite te verdraai en te verdoesel.

Voorvader geeste aanbidding is 'n groot deel van godsdiens vir sekere seksies van die bevolking. Selfs diegene wie glo dat hulle christene is. Daar is 'n swetterjoel van hierdie geeste wat aanbid word. Dit is water geeste, lug geeste, aardse geeste ens.

Moorde word gepleeg om liggaamsdele te verkry vir muti. Dit is ongelukkig nie uitsonderlike gevalle nie. In Suid Afrika is dit ingegrein en ingebore. Dit laat my dink aan die gedeelte van "sondes van die vaders word besoek aan die kinders".

 

Sesdens word God se waarskuwing oor Israel deur Desmond Tutu en die regering geignoreer en verwerp. Soos alreeds in 'n ander artikel genoem, net weer eens: Suid Afrika het sy rug op God gedraai, nou draai God Sy rug op Suid Afrika.

Ek kan nie genoeg beklemtoon nie. Israel is God se volk en Hy waarsku dat diegene wat Israel te na kom, sal Hy uitdelg.

Hierdie misdaad seksie is sekerlik die moeilikste gedeelte van hierdie web tuiste. Die doel van hierdie tuiste is om mense in te lig oor wat in die wêreld gebeur. Suid Afrika is deel van die wêreld en moet misdaad dus ook uitgelig word. Daar is geensins 'n begeerte om polities betrokke te raak nie, maar om alles te ondersoek aan God se Woord.

 

Misdaad is nie beperk tot een groep nie, maar affekteer almal, christene sowel as ander gelowe en mense. Die Bybel stel dit dat ons as christene is die sout van die aarde. Dan weer 'n waarskuwing. "As die sout laf geword het sal dit vir die varke gevoer word".

 

 

Ek sal poog om hierdie gedeelte ordelik uiteen te sit. Daar sal heelwat oorvleueling wees en daarvoor vra ek om verskoning. Soos alreeds genoem is misdaad nie iets wat net in sekere katogorieë plaasvind nie, maar oor elke spektrum van ons samelewing.

 

Volgens berigte het Suid Afrika die hoogste tronk bevolking in Afrika en die negende hoogste in die wêreld; dan sê President Zuma dat Suid Afrika nie 'n geweldadige land nie en so terloops, die misdaad wat daar is, is apartheid se skuld.

Skakels na hierdie berigte sal geplaas word onder seksies aan linkerkant van hierdie blad.

Lees en besluit dan self.

Moord op Boere
Muti Moorde
Swart op Swart
Wit op Swart
Wit op Wit
Kabinet
bottom of page