top of page

HOMOSEKSUALISME

Homoseksualisme oftewel Gay of soos die korrekte benaming Sodomnisme, het 'n vernietigende uitwerking op alles en almal waarmee dit in aanraking kom. Dit skeur families uitmekaar en draai vriende teen mekaar.



Dit is nie maklik om hieroor te skryf nie. Baie geliefdes val deesdae in hierdie strik en die hartseer is dat wanneer so  'n persoon eers eenmaal daarin is, is die kans uiters gering om weer daaruit te ontsnap. Dit is 'n donker wêreld. Dit is 'n wêreld van jaloesie, agterdog, geweld. Jy word 'n besitting.



Vir diegene wat vasgevang is, daar is wel hoop. Dit mag dalk nie maklik wees nie, maar jy moet daardie vaste besluit neem en dan hulp kry van mense wat deur God daarvoor geroep is. 



Vir diegene wat dit oorweeg om die wêreld van homoseksualisme te betree; dink baie goed na. Dit is 'n harde en wrede situasie. 



Dalk het jy iewers in die verlede deure na jou siel oopgemaak deur die gebruik van dwelms. Dalk deur glasie-glasie te speel of miskien jouself blootgestel aan fortuin vertellers. Jesus kan jou vrymaak. Gaan na Hom en Hy sal jou lei na hulp.



Omrede sodomnisme teen God se wil en bedoeling is, is so 'n persoon totaal blootgestel aan die vernietiging van die vyand. Die hartseer is dat Jesus aan die kruis gesterf het om die losprys vir jou  te betaal dat jy mag vrykom, maar min behou die wil om uit te breek uit hierdie kringloop.



Haat God jou? NEE! God haat die sonde van homoseksualisme. God is so baie lief vir jou. Nooit het Hy Sy rug op jou gedraai nie. Jy het jou rug op Hom gedraai. Soos die verlore seun, wag Hy angstig dat jy moet omdraai en terugkom na Hom toe.



Daar is soveel mense daarbuite wat lê en loer. Hulle wag vir ander wie dalk verward en ongelukkig is. Maklike prooi. Ek het dit soveel male sonder tal gesien. Hierdie mense het die kuns van verleiding en misleiding vervolmaak. Hulle uitsluitlike doel is om jou in hierdie modderpoel in te sleep. Eenmaal daarin en jy is vasgevang. Jy verloor jou wil en menswees en word soos 'n slaaf aan hulle gekoppel. 



Uit my hart kom 'n angskreet vir jou. In God's naam, draai om.

bottom of page