top of page

Moeder Maria en Rome
Deel 1

Verering van Maria

Die hart en siel van die Maria leerstelling in die verering van haar. Dit behels dat sy beskou word as ‘n heilige en as hoogs heilig beskou word. In teenstelling met wat die RKK ookal sê, is en bly haar aanbidding en verering niks anders as afgods aanbidding nie.



Regoor die wêreld word daar jaarliks uitspattige feeste en vieringe deur miljoene mense bygewoon. Dit is om Maria te vereer en te aanbid. Blomme word aan haar voete gelê, snuitery word spesiaal gebak en aan die voetstuk van haar beeld geplaas.

Toe die Turkse sluipmoordenaar in 1981 probeer het om Pous John Paul II dood te skiet het die Pous glo saggies geprewel, “Maria, my moeder” net voordat hy sy bewusyn verloor het.



Volgens die skrywer Tad Szuic in sy boek, “Pope John Paul II – The Biography”, het die Pous vas geglo dat sy lewe daardie dag “ as ‘n wonderwek” gered was deur die Maagd van Fatima, wie terloops se feesdag op die 13de Mei val. Dit was op hierdie datum dat die sluipmoord poging was.



‘n Jaar later het die Pous na Maria se heilige altaar in Port Ewigegal gegaan om die aanval op hom in Agca te herdenk en aan haar dank te betuig deurdat sy sy lewe gered het. Hy het die patroon wat hom getref het as offer op haar altaar geplaas.



Wat hier so insiggewend is, is dat Pous John Paul II na Maria uitgereik het om hom te red en nie na Jesus Christus nie.



Maria aanbidding is een van die kardinale leerstellings van die Katolieke Kerk. Die RKK ken baie name aan die sogenaamde “Moeder Maria” toe. Hierdie name is eintlik Gods lasterlik. Onder andere; Ark van die Verbond; Poort tot die Hemel; selfs “Moses”; Brandende Bos; Toring van Dawid; Koningin van die Heelal; Môre Ster; Skuilplek van Sondaars. Daar is nog vele ander, maar dink hierdie paar name gee die idée. Meeste van hierdie name behoort aan Jesus.



Die Maria leerstellig beklemtoon vier hoofpunte:



1) Dat sy ‘n Ewige Maagd is. Dit wil sê; Maria was ‘n Maagd voor, gedurende en na sy geboorte geskenk het. Hierdie leerstelling is totaal onbybels en het absoluut geen skriftuurlike gronde nie. Inteendeel, Maria het na Jesus se geboorte, geboorte geskenk aan ‘n hele familie.
2) Dat sy die moeder van God is of soos die RKK dit stel, “Theotokos”. Dit beteken “Goddelike swangerskap”. Die RKK probeer hierdie leerstelling verdedig deur aan te voer dat Jesus beide God en mens is en daarom was Maria die moeder van God.

Jesaja 9 stel dit so

5 Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors

n Kind is vir ons gebore; Mens
n Seun is aan ons gegee; God

Hoe die RKK die teks kan misverstaan is onverstaanbaar.

Hulle voer hierdie misplaaste gedagtegang verder deur om dus tot die slotsom te kom dat vir Maria om die moeder van God te wees, sy ook goddelik moet wees.

Kyk ons weer na Jesaja 9 dan stel dit duidelik dat slegs ‘n mens deur Maria gebaar is. God was nie uit haar gebore nie. God was uit niemand gebore nie. God was wel binne Jesus toe Hy gebore was en het nie saam met Jesus se liggaam ontstaan nie. God is van alle ewigheid af. Selfs Jesus is van alle ewigheid af. Hy sê, “Ek is die Alfa en Omega”. Die Drie-enige-God bestaan van alle ewigheid af en nie van Maria se tyd nie. Daar was nie ‘n twee-enige-God wat verander het in Drie-enige-God na Jesus se geboorte nie. Dit is verstommend dat mense blindeligs sulke leerstellings net aanvaar.


3) Maria was sondeloos gebore. Hierdie leerstelling is so gevaarlik vals. Almal is in sonde gebore. Dit kom van Adam en Eva. Die sondes is in die bloed. Die sondes word oorgedra deur die vader. Dit is hoekom Maria deur die Heilige Gees oorskadu is en Jesus dus nie die besmette bloed van die mens gehad het deur die verwekking van ‘n aardse vader nie.
4) Dat sy lewendig opgeneem is in die Hemel. Hierdie valse leerstelling behels dat sy lewendig in die Hemel opgeneem is; liggaam, siel en gees. Dit verkondig dus dat sy nooit die dood ervaar het nie. Nêrens is daar enige skrifte wat hierdie siening staaf nie. Nie eers een nie. Inteendeel, Epiphanius, ‘n katolieke skrywer van die vierde eeu skryf dat niemand weet wat van Maria geword het nie.

Hebreërs 9 gee ‘n ander prentjie

27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel

Die Hemel opname van die Maria leerstelling gebruik Openbaring 12 om dit te probeer verduidelik. Hier probeer hulle om die beeldspraak van ‘n vrou met twaalf sterre om haar kop en ‘n seun baar, te koppel aan Maria. So probeer die RKK alles om die aandag van die ware God af te wend deur gedeeltes heeltemal uit verband te ruk en dan totale ander konektasies daaraan te heg.

Openbaring 12 handel nie oor ‘n mens of vrou nie, maar is beeldspraak om te toon dat ‘n seun uit die nageslag van Abraham, naamlik Israel wat bestaan het uit twaalf stamme, gebore sou word. Die RKK is baie vaag hieromtrent en maak hierdie valse uiteenlegging ‘n leerstelling.

Waar die RKK ‘n probleem optel met hierdie leerstelling is dat, sou dit wel so wees as wat hulle sê, dit onmoontlik sou wees om Openbaring 12 verder te verklaar. Hierdie gedeelte van Openbaring is die profesie wat die gebeure aangaande Israel in die laaste 42 maande net voor Armageddon beskryf. Dit is die tyd van Jakob se Groot Benoudheid, ook genoem, Die Groot Verdrukking. Dit gaan beslis nie oor een persoon of Maria nie. Weer eens, hoe die RKK Maria met Openbaring 12 vereenselwig is onbegryplik. Enige ernstige Eskatalogiese student sal net kopskud hieroor.

Dit kan nie aanvaarbaar wees vir God nie. Dit is ‘n flagante en weersinwekkende manifestasie van afgodery in die ergste sin van die woord. Daar is min ander situasies in die Bybel waarteen God meer gekant is dan die aanbidding van vals gode. In die RKK is Maria so ‘n valse afgods godin. Sy verpersoonlik die anbidding van die vroulike god.



In al die Katolieke Kerke staan haar standbeeld altyd op die mees prominente plek. Wanneer ‘n persoon inkom, dan buig hy voor haar neer voordat hy die kerk binnegaan. Wat baie seker is, is dat God al hierdie afbeeldings van afgode sal vernietig. Hy is die lewende God en elke knie SAL voor HOM buig.



Moeder van die Kerk


Maria word voorgehou as die eskatalogiese (profetiese) volbringing van die Kerk. Maria word genoem “Die Bruid van God” sowel as die “Koninging van die Hemel”. Na Vatikan II word sy ook genoem “die Moeder van die Kerk”.



Indien hierdie leerstelling korrek sou wees, dan sou Wedergeboorte soos deur Jesus verkondig, nutteloos wees. Indien Maria die beliggaming van die Kerk van voor Golgota is, dan is die genade despensasie ‘n klug en onwaarheid van Jesus. Sou Jesus lieg dan is die hele Bybel vals. Die Bybel stel dit baie duidelik dat God nie kan lieg nie. So, wie glo jy nou? Die Pous of die Woord van God?



Vroëer het ek genoem dat volgens die RKK was sy sondeloos. Die harde werklikheid is heeltemal anders. Maria, die moeder van Jesus die mens, moes net soos elke ander Nuwe Testamentiese gelowige wedergebore word.



Johannes 3



3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

Wat so hartseer is, is dat Jesus vir Nikodémus moes aanspreek oor sy tekort aan kennis aangaande die dinge van God. Nikodémus was ‘n leeraar en volgens Jesus moes hy geweet het waarna Jesus verwys het. Net so is dit vandag. Die leeraars se gebrek aan kennis aangaande die Woord van God veroorsaak dat die kerk besig om in mekaar te tuimel.

Hosea 4

6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Alhoewel God hier met Israel praat, is hierdie waarskuwing vandag nog net so geldig. Wie ly skade deur ons gebrek aan kennis? Eerstens ons kinders wie God aan ons toe vertrou het. Kan ons hulle vrae beantwoord? Waar moet hulle leiding kry as die ouers nie eers weet wat in God se Woord opgeteken is nie! Jou kind kan ten gronde gaan deurdat jy as ouer nie eers die basiese dinge van die Bybel ken nie. En sou ‘n vriend jou nader met ‘n kwel vraag. Wat dan? Praat met ‘n Moslem of Katoliek en hoor hoe goed ken hulle, hul leerstellings. Ons kerke loop leeg terwyl die okkulte en valse godsdienste floreer.

Weer eens, dit waarmee ons kerke goed is met onderig is die van Tiendes en Offerhandes. Alles wentel vandag om geld.



Terug na die onderwerp. Nog ‘n gedeelte van die Maria leerstelling wat ‘n probleem ondervind, is die van “Moeder van God”. Wie se moeder was sy? Die van God of die Seun van God?

Jesus is wel God, maar toe Maria geboorte geskenk het aan Hom, was dit Jesus die mens en nie God nie. Hoe enige persoon uit hierdie geboorte die afleiding enigsins kan maak dat Maria geboorte aan God geskenk het, is net ondenkbaar. Hoe ver sal hulle gaan om hulle afgod te regverding is net onbegryplik. Jesus is die inkernasie van God in menslike liggaam.



God bestaan van alle ewigheid en nie vanaf die geboorte van Jesus nie. Sou hierdie redenasie van die katolieke verder gevoer word, impliseer dit dat Maria voor God was. Dus voor Genesis 1. So, wanneer het Maria vir God gebaar? Voor Genesis 1?  Dit sluit aan by hulle leerstelling dat Maria van altyd was.



Hierdie hele Maria situasie volg dieselfde roete as ‘n leuen. Sodra jy ‘n leuen vertel, moet jy later nog ‘n leuen vertel om die eerste een te verskuil; dan weer

‘n leuen om vorige een te verberg. Later word een leuen ‘n hele nes van leuens, so, dat later weet niemand meer waar alles begin het nie.



Maria was nooit die moeder van God nie, maar die moeder van die liggaam van Jesus die mens.

Onbesmette Bevrugting

Die leerstelling van die Onbesmette Bevrugting beteken nie soos mense dit misverstaan nie. Vir diegene wie nie die leerstelling mooi verstaan nie, mag dit klink asof dit verwys na Maria se maagdelikheid met die geboorte van Jesus. Dit is ongelukkig egter nie wat dit beteken nie. Wat hierdie leerstelling eintlik behels is dat Maria self onbesmet was met haar eie geboorte en nie in sonde ontvang en gebore was nie. Dit is total onbybels en daar is nie eers een teksvers om dit te staaf nie. Dit is weer eens ‘n leuen uit die diepste donkerste van die RKK oftewel die Pous.

Psalm 51 stel dit omonwonde

7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

So, die psalm digter gee ‘n heeltemal ander prentjie as die Pous. Wie glo jy?

Maria het in elk geval nie Onbesmet gebly deur die res van haar lewe nie. In absolute teenstelling met die ooglopende misleiding, verklaar Pous Pius XII, “Indien die populêre lof teenoor die Gesëende Maagd Maria versigtige oorweging gegee word wat dit verdien, wie sal durf waag om te twyfel dat sy, wie reiner as die engele was, ten alle tye rein was. Sy was op enige moment, selfs vir die kleinste oomblik vry van enige vlek van sonde”. Dit terwyl die Bybel dit anders stel.

Romeine 3

22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;
 

23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Weer eens wie glo jy? Pous Pius XII of Paulus?

Die doop van die Heilge Gees was deur almal ervaar wat in die Boonste Kamer was op die dag van Pinkster. Dit is volgens Petrus in Handelinge 2:38. Die voorwaarde om die Doop van die Heilige Gees te kan ontvang is verootmoediging. Dus, sou Maria haarself verootmoedig het, meen dit tog sekerlik dat sy ook sonde gepleeg het.

Maria was daardie dag weder gebore, dieselfe as al die ander persone saam met haar in die Boonste Vertrek. Sy sou haar sondes teenoor God moes bely het om die Doop van die Heilige Gees te kon ervaar. Maria het daarna in vreemde tale gespreek soos die Heilige Gees haar beweeg het. Sy was ‘n vreemde taal sprekende Pinkster en nie ‘n Rooms Katolieke ikoon nie. Sou sy kon sien wat vandag in haar naam gedoen word, glo ek, sou sy geskok wees en sou sy dit ten sterkste veroordeel het.

Die Maria van die Bybel en die Maria van RKK is nie dieselfde nie. Maria van die Bybel is nou in die hemel tewyl die Maria van die RKK ‘n Bose Gees is wat Maria namaak.

Was Maria ‘n sondaar?

Ons vind Maria tussen die 120 gelowiges wat besig was om in die Boonste Kamer te bid op die dag van Pinkster. Die Heilige Gees het skielik as ‘n rukwind gekom en in die vorm van vuurtonge op elkeen gaan sit. Elkeen het in tale begin praat.

Maria was een van die gelowiges op wie die Heilige Gees daardie dag gekom het. Toe die mense buite hoor wat gebeur het, wou hulle weet wat hulle moes doen om ook die Doop van die Heilige Gees te kon ontvang. Petrus het die volgende vir hulle gesê:

Handelinge 2

37 TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?
38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

So, Petrus stel dit hier baie duidelik. Om die Heilige Gees te ontvang moet ‘n persoon “tot vergeweing van sondes”  tot God kom.

So, volgens bostaande moes Maria ook vergifnis van sonde ontvang het; dus moes sy wel sonde gepleeg het.

Weereens; wie glo jy? Die Pous of die Bybel?

Gebed tot Maria (selfde as bid tot die afgestorwenes of voorvader geeste)

Die leerstelling van die Onbesmette Bevrugting is ‘n uiters gevaarlike een.  Die doel van sulke valse leerstellings is om mense te mislei van die waarheid. Neem een teksvers en kwoteer dit heeltemal uit verband met net genoeg verwysing asof dit die waarheid is. Oningeligte mense val dan daarvoor en kom sodoende op ‘n vals spoor en verloor die genade van God. Met hierdie valse leerstelling word mense mislei om hulle liefde en vertroue weg te draai van God en dit te plaas in ‘n mens. Dit moedig die persoon aan om tot so ‘n afgod te bid, agting en liefde op uit te stort. Dan is die volgende stap om so ‘n afgod met jou hele lewe te vertrou en voor jy jou kan kry is Jesus heeltemal uit die prentjie en is vervang in elke opsig met so ‘n afgod.



Demone wat hulle voordoen as die persoon, waar hulle Maria gebruik in hierdie geval, manifesteer en deur tekens en wonderwerke, sement hulle die vaste vertroue in haar en is so persoon dan totaal in die mag van Satan.

Ongelukkig vir die RKK word hierdie leerstellings gediskrediteur want die ware Maria is in die hemel en total onkundig wat op aarde aangaan met godsdienstige rituëele.

Prediker 3

22 So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat na hom sal wees?

Die ontslapenes is of in die voorportaal van die hemel of voorportaal van die hel. Hulle is deeglik bewus van hulle omstandighede en waar hulle is, maar weet nie wat op die aarde aangaan nie. Hulle is in ‘n ander dimensie naamlik die van die gees.

Prediker 9 stel dit so:

 

5 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

Hoeveel duideliker as dit kan ‘n mens kry? Dit meen; Maria kan nie gebede hoor nie. So wie hoor daardie gebede? Wie is agter die Maria afgods aanbidding?

Geheiligde



Laastens op hierdie trant, die heilige leerstelling behels nie net die verering en hoë agting van Maria nie, maar is die aanloop om haar te verklaar as ‘n Heilige (Saint). Dit is nog weer eens ‘n nie-bybelse leerstelling wat geskep is deur die Pous. Wat dit beteken is dat so ‘n “Heilige” dan as jou tussenganger optree. Dus, jy bid nou nie meer vir die Vader in Jesus se naam nie, maar jy bid nou tot die “Heilige”. Die “Heilige” is nou die tussenganger tussen jou en Jesus.



Hier is iets drasties verkeerd. Om mee te begin; daar is geen skriftuurlike gronde hiervoor nie. Daar is ook geen tekste wat ons toestemming gee om met dooies kontak te maak en te probeer kommunikeer nie. Inteendeel, God verbied ons uitdruklik om dit te doen. Die rede vir hierdie verbod is dat dit nie moontlik is om met afgestorwenes te praat nie. Dit is met demone waarmee gepraat word wie voorgee om die afgestorwenes te wees. So maak jy jouself oop vir demoniese infestasie. God weet dit en waarsku ons.



Gaan lees weer die gedeelte van Lazarus. Geen afgestorwene kan kontak maak met hierdie wêreld nie. Wees baie versigtig om nie in hierdie strik te trap nie. Dis nie ek wat so sê nie, dis God. Die gees wat maskereer as Maria is besig om baie mense na die hel te sleep .



So wanneer iemand vir ons sê dat hulle met afgestorwenes kontak kan maak, weet dat dit nie so is nie. Dis met “familiar” geeste wat mee kontak gemaak word en sodoende gee ek en jy toestemming aan hulle om in te meng. Ek sal op ‘n latere geleentheid ‘n artikel hieroor skryf.



Die verskyning van hierdie Maria gees is legio. Hulle is van Medjugorje in Yugoslavia, verder na Laurdes in Frankryk, Fatima in Portugal, Heuwel van Tepeyac, Guadalupe in Mexico. Dan ook by Mbuye in Uganda, Zaragoza in Spanje. Daar is ‘n lang lys. Dit sal te lank neem om almal hier te plaas.



Wat opvallend is, is dat met al hierdie verskynings dit nie duisende mense na Christus lei nie. Daar het geen wedergeboortes plaasgevind nie. Dit het net die mense weg gelok van Jesus na die arms van die RKK. Die wondertekens het nie een gewys na Jesus nie, inteendeel, dit het  die mense se aandag weggeneem van Hom na die van Maria.



Die Pouse  bid daagliks tot die Gesëende Maagd en hy is die hoof beskermer van haar rol in die versoening van die wêreld met God. Hy het ook gesê dat Jesus die middelganger is tussen Maria en God Homself.



Die nuwe Pous Francis se eerste gebed in sy nuwe amp was in die kapêl van Maria. Nie in die kerk van Jesus nie, nee, na Maria in haar kerk op die Vatikaan gronde.



Dieselfde gees wat agter die Maria desepsie is, is een en dieselfde wat die Antichris gaan dryf wanneer hy binnekort sy verskyning maak.



Kyk ons so bietjie verder na hierdie tapestrie van Maria, die Antichris en die Nuwe Wêreld Orde kom daar ‘n prentjie te voorskyn wat skrikwekkend is.



Kom ons gaan terug na Operbaring 12. Dit handel oor ‘n vrou met twaalf sterre. Terwyl die Woord verwys na die twaalf stamme van Israel wat die vrou voorstel waaruit Jesus gebore sou word, verander die RKK dit na Maria wat geboorte skenk aan God. Ek het dit vroër behandel.



Hiedie twaalf sterre het die simbool van Maria geword. Wat nou opvallend is, is dat die EU hierdie simbool ook vir hulle aanvaar het. Hierdie twaalf sterre is ingesluit op hulle vlag en wapen. Die kunstenaar wat die vlag ontwerk het, Arséne Heitz van Strasbourg was ‘n vroom Katoliek en ‘n aanhanger van die Maagd Maria. Hy het daagliks die rosary gebid. Hy het bevestig dat die twaalf sterre om haar hoof as inspirasie vir die vlag gedien het.

‘n Voormalige sekretaris-generaal van die Raad van Europa, Leon Marchal, het bevestig dat die sterre op die vlag hul oorsprong het by die vrou in Openbaring.

Die vlag was aangeneem op 8 Desember 1955. Dit is die Katolieke feesdag vir die “Onbesmette Bevrugting van die Gesëende Maagd Maria”. Hierdie titel is in 1854 aan haar gegee deur Pous Pius IX. Op 21 Oktober 1956 oorhandig die Raad van Europa aan die stad Strasbourg ‘n glas venster met onderaan die Madonna met twaalf sterre om haar hoof. Hierdie selfde beeld met 12 sterre word vereer binne die katedraal.

Die Twaalf sterre van Maria verskyn op elke voertuig nommerplaat in die EU. Die Vatkaan se Euros het die beeld van die Pous met twaalf sterre daarop.



Op 2 September 1958 laat Aartsbiskop Montini van Milan ‘n twintig meter hoë standbeeld van Maria op die heuwel Serenissima oprig. Hyself word later Pous Pius XII. Hy het na hierdie standbeeld verwys as, “Ons Geliefde Dame, heerser van Europa”. Pous Pius II het haar ook genoem,”Moeder van al die nasies”. Biskop Graber sê op 9 September 1978, “Ons bid en vra in stilte dat die westerse wêreld eendag weer sal wees soos dit eens was; ‘n IMPERIUM MARIANUM”. Hierdie woorde beteken “Maria se Imperiale Koninkryk”. Op 9 Junie 2007 wy Biskop Victor J Dammertz OSB ‘n Kapel in Duitsland aan haar.



Die RKK is een van die onheilige-drie-eenheid. Die gees wat Maria nadoen speel ‘n groot rol in die verwesenlikheid hiervan.



Openbaring 18 het baie goeie raad van God vir hierdie mense wat vasgevang is in hierdie afgods aanbidding;

4 En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.



So, gaan uit haar uit.

Hierdie artikel is deel 1. Ek sal binnekort artikel 2 skryf. Dit sal handel oor waar hierdie Maria/Madonne afgods aanbidding sy ontstaan het. Dit is so oud soos die wêreld.

bottom of page