top of page

Maria – Okkultiese Ontstaan

Deel 2

Die term “Koningin van die Hemel” is ‘n onbekende begrip by baie mense en die wat wel hierdie terme gehoor het, weet nie werklik waaroor dit gaan nie. Hierdie artikel sal poog om dit toe te lig. Dit het so verstrengel geraak dat daar werklik kop gehou moet word, want elke beskawing het dit aangepas by hulle eie interpritasie. Die goue draad is wel duidelik sigbaar.

Alles het begin by Babylon. Sekulêre geskiedenis en tradisies vertel ons dat Nimrod wat in die Bybel genoem word, met ‘n baie bose en demoniese vrou, naamlik Semeramus getrou het. Hierdie vrou was wel bewus van die Bybelse profesie wat die geboorte van Jesus, die toekomstige verlosser voorspel het

Genesis 3
15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Op hierdie profesie het sy onbeskaamd aanspraak gemaak dat Tammuz, haar eersgebore seun hierdie profesie vervul het. Hierdie aanspraak was die oorsprong van die okkultiese ontstaan van die “Moeder en Seun” en “Koningin van die Hemel” leerstellings.

Semeramus het na die geboorte van Tammuz die godsdienstige sisteem geskep waar sy en haar seun die onderwerp van geheiligde aanbidding geword het.

Sy self het hoëprieteres geword van hierdie godsdienstige beweging. So was die stad Babilon die setel van Satan totdat die stad in 539 V.C. deur Persië verwoes is.

God het ingegryp by die Toring van Babel want hierdie afgods aanbidding het gedreig om die wêreld van daardie tyd te verswelg. Die tyd was nog nie reg vir Jesus se geboorte, dood en opstanding nie. God se tydstafel is perfek. Hy en Hy alleen besluit waar en wanneer.

Hierdie demoniese godsdiens was nou heelwat verswak. Dit het egter na ander gebiede versprei:

1) Van Babilon na Phoenicia onder die name van Ashteroth an Tammuz

2) Van Phoenicia versprei dit na Pergamos in Klein Asië. Dit is oor hierdie leerstelling dat Johannes in die briewe aan die sewe gemeentes vir Pergamos aanspreek:

13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my   Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.
3) Ook na Egipte waar die “Moeder en Kind” as Isia en Horus bekend staan.
4) In Griekeland as Aphrodite en Eros.

5) In Rome, voor Christus se geboorte was hulle bekend as Venus en Cupid

6) Selfs in China is dit Moeder Shing Moo en haar baba seun

Die basis van Semeramus se amp was as volg:



1) Dat net sy die weg tot God was. Sy het die titel “Koningin van die Hemel” aangeneem.
2) Dat net sy verlossing kon bied aan sondaars deur verskillende sakramente, soos onder andere, die besprinkeling met heilige water.
3) Dat Tammuz deur ‘n wilde beer verskeur is
4) Dat desondanks dat hy verskeur was, hy 40 dae later opgestaan het uit die dood. Die tempel maagde moes elke jaar 40 dae vas om sy dood en opstanding te herdenk.
5) Na die 40 dae van vas, het die fees van Ishtar plaasgevind. Gedurende die fees is gekleure eiers onder mekaar uitgedeel, waarna dit geëet was as simboliek van opstanding. ‘n Immergroen boom was ook vertoon. Op hierdie fees was daar gebak gewees met die letter T daarop om almal te herhinner van Tammuz.

Hier moet ingedagte gehou word dat die mense van daardie tyd alles omtrent God se Woord geweet het en van die belofte bewus was. Dit is van geslag na geslag oorgedra. So, Semeramus was deeglik bewus daarvan en het volle kennis gehad aangaande Genesis, die belofte van ‘n verlosser, Sy dood en opstanding. Sy het wel nie die fynere details gehad nie, maar wel genoeg om met die hulp van Satan, God se plan te probeer fnuik. Dat sy klaaglik misluk het is baie duidelik want Jesus is gebore. Satan gee egter nie so maklik op nie en dieselfde disepsie van “Moeder en Seun” is baie lewendig vandag.

Omtrent 2000V.C. roep God Abraham weg vanuit hierdie godelose afgods aanbidding en lei hom na die Beloofde Land. Onder leiding van Jezebel het Israel egter teen 850V.C. weer eens verval in hierdie diaboliese afgods aanbidding. Die naam van die afgodery het egter verskuil agter die naam Baal.



Kom ons kyk wat sê die profete aangaande Semeramus en Tammuz:



Esegiël 8
  14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.

Jeremia 7
8 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.

Jeremia 44
25 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet - bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes!

Met die geboorte van Jesus het hierdie kult al so diep invloed op die Romeise lewenswyse gehad dat die Caesars nie net slegs gekroon is as keisers nie, maar ook die titel van Pontifex Maximus gehad het. Pontifex Maximus beteken “Hoë Priester”. So, die Keisers was Hoë Priesters van die Babeloniese sataniese kerk. Die Pous staan vandag nog bekend onder dieselfde titel.



Gedurende 306 N.C. sien Constantine glo ‘n gesig en na ‘n oorwinning oor sy vyande, verklaar hy Cristenskap die staats godsdiens van Rome. Na hierdie gebeure word Constantine die eerste “Pontiex Maximus”. Hy is nou hoof van die “Christelike” geloof sowel as Hoë Priester van die heidense afgodery.



Die Roomse priesters van Tammuz besef heel vinnig dat dit maklik was om die oorgang  na die sogenaamde christelike kerk te maak. Onder hierdie nuwe stelsel word die Moeder en Kind” oftewel “Die Madonna-Kind” leering in die “Christelike Kerk” ingebring waar dit vinnig posvat. Die “Heilige Water” sakrament vind ook dadelik inslag. Hier vind die priesters van Tammuz vrugbare grond om hierdie kultus onder baie ander volke te versrei en te vestig.

Vir 300 jaar probeer Satan al om die kerk van buite te vernietig. Hy het die allervreeslikste vervolgings en slagtings van christene uitgevoer, maar met die gebeure rondom Constentine verander hy sy taktiek. Nie meer probeer hy net van buite nie, maar het ‘n vastrap plek binne die kerk gekry wat hy tot sy voordeel uitbuit.

Met die Senode van Trent word die volgende besluit: “Die korrekte behandeling van beelde is om hulle te eer deur neer te buig voor hulle”.

Hierdie uitvaardiging van Trent is so absoluut in stryd met God se Woord.



Hier is bewyse dat mense voor die standbeeld aanbid, selfs die Pous.



Let op wat God se uitspraak is op hierdie afgods aanbidding. Vir diegene wat buig voor gesenede beelde. Jy stel jou kinders bloot aan totale verwydering van God. Satan verkry alleenreg op so ‘n persoon se nageslag. Goeie nuus! Met Jesus se kruisdood het Hy die losprys betaal. Sou jy weet dat jou voorouers betrokke was by afgods aanbidding, het jy slegs nodig om Jesus te aanvaar as jou Verlosser en Saligmaker. Doen ‘n verloenings gebed, bely die sondes van die vaders, en jy en jou nageslag is vry. Ja, dis so maklik. God wil nie hê dat jy gebind moet wees of verlore moet gaan nie.

Johannes 3
16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Vandag is die RKK ‘n mengsel van heidense gelowe en Christendom. Die priesters van Semeramus en Tammuz het gesukkel om totale inslag te vind by die meerderheid mense. Met die geboorte van Jesus verander alles oornag en het hulle dit waarvoor hulle so desperaat voor gesoek het. Hulle het nou die persoon gekry wat perfek pas by hulle afgod. Die volgende stap was nou om Maria op te bou om Semeramus se plek te neem. So het daar ‘n meer hededaagse persoonlikheid gekom. Iemand wie die mense van daardie tyd mee kon identifiseer. Die baba Jesus het ook perfek ingepas by hierdie misleiding. Toeval? Geensins. Onthou, Satan weet al hierdie beloftes en profesieë. Ja Satan weet daarvan maar verstaan dit nie so mooi nie.

Maria, moeder van die mens Jesus, word gekaap deur hierdie okkuliste, verdraai en aangepas om hulle agenda te pas.

Uiteindelik verkry die Pous die titel van Pontifix Maksimus en word hierdie nuwe Maria in die RKK ingevoer. Hier word sy opgebou tot ‘n heilige ens. Sien artikel I.

‘n Voorbeeld van ‘n gebed tot die demoon wat maskereer as Maria; “O Moeder van God, Koningin van die Hemel, beveel U Seun om genade op ons te hê”.

Hierdie gebed is ‘n gruwelike belediging tot Jesus.

Om op te som. Hierdie Maria van die RKK is niks anders as Semeramus se okkultiese godsdiens nie en die kind is niemand anders as Tammuz nie. Geskiedskrywers voel ook dat Tammuz eintlik Nimrod was. Hoe dit ook al sy, Semeramus, Tammuz en Nimrod wag vandag vir die Wit Troon Oordeel. Die wat hulself voordoen as die Heilige Maagd, is niks ander as familiêre bose geeste nie.

Daar is nou die dag aan my gesê dat Katolieke aanbid nie Maria nie. Die waarheid egter is dat dit wel so is. Dit is ook nie net die katoliek wat haar aanbid nie maar ook elke Pous. Selfs die Pous buig voor haar standbeeld.

Hierdie voorwerpe wat deur mense hande geskep is uit dooie materiaal word nou voorwerpe van aanbidding.

Levitikus 26
1 JULLE mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.

Jesaja 44
9 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies - dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
10 Wie maak ’n god en giet ’n beeld wat geen voordeel aanbring nie?

bottom of page