top of page

“MOEDER” TERESA

 

  "Moeder" Teresa is gebore as Agnes Gonxha Bojaxhiu op 26 Augustus 1910 van Albaniese ouers wat nou Yugoslavia/Bosnia is. Sy sterf in 1997 aan ‘n hartaanval. "Moeder" Teresa arriveer in India op 6 Januarie 1929, waar sy die behoeftiges begin bedien en waar sy na ‘n tyd, die nou wêreldwye organisasie "Missionaries of Charity" stig. 

 

Daar word mettertyd 500 missies in 100 lande gestig. Tog met al hierdie wonderlike werke het "Moeder" Teresa en haar medewerkers nooit gepoog om  diegene wat selfs op hul sterfbed gelê het na Jesus te lei nie. Inteendeel, "Moeder" Teresa verklaar "If in coming face to face with God we accept Him in our lives, then we are converting. We become a better Hindu, a better Muslim, a better Catholic, a better whatever we are. ... What God is in your mind you must accept" (Wanneer ons aangesig tot aangesig kom met God en ons aanvaar Hom in ons lewe dan kom ons tot bekering. Ons word ‘n beter Hindu, ‘n beter Muslim, ‘n beter Katoliek, ‘n beter wat ons ook al is… Dit wat God is in jou gedagte, dit moet jy aanvaar.)” (Uittreksel uit Mother Teresa: Her People and Her Work, by Desmond Doig, p. 156).

 

Hoe het "Moeder" Teresa so ‘n groot ikoon van liefdadigheid en heiligheid geword?

 

Haar groot kans van beroemdheid het gekom nadat Malcolm Muggeridge, ‘n Britse politikus haar as sy alter ego aangeneem het.  In 1969 vervaardig hy ‘n treffer film oor haar lewe en later ‘n boek ‘Something Beautiful for God’. "Moeder" Teresa is dus nie ‘n direkte uitvloeisel van Vatikaanse propaganda nie.  Toe die Vatikaan egter besef dat hulle in "Moeder" Teresa ‘n onverwagte wenner het, het hulle dadelik daarvan werk gemaak en haar aangeneem. Sy was oombliklik’n groot sukses onder die getroues en ‘n baie goeie advertensie om nie-gelowiges sowel as nie-Katolieke aan te trek. En nog ‘n groot bonus was dat sy ‘n baie groot wapen in die hand van die destydse Pope was teen die uitdagings van die Reformiste  en uitdagers binne die Katolieke Kerk. “Moeder" Teresa het net op die regte tydstip op die toneel verskyn en het die saak van Rome ‘n geweldige hupstoot gegee.(Source: "An Interview with Christopher Hitchens on Mother Teresa," Fall 1996, Free Inquiry, pp. 54-55.)

 

Toekennings

 

Die eerste Pope John XXIII prys vir vrede. (1971)
Kennedy Prys (1971)
Die Nehru Prys –“vir die bevordering van internasionale vrede en begrip”(1972)
Albert Schweitzer International Prize (1975),
Die Nobel Vredes Prys (1979)
Presidentiële Staats Medalje van Vryheid (1985)
Kongresiële Goue Medalje (1994)
Ere burgerskap van die Verenigde State (November 16, 1996)
mandela_teresa

reagan teresa.jpg 

 Die sekulêre wêreld het haar vereer en nogmaals vereer met die Nobel Vrede Prys in 1979 sowel as toekennings uit vele ander oorde.  In Junie 1985 word sy deur  President Reagan vereer met die hoogste toekenning wat aan ‘n siviele persoon toegeken kan word naamlik “The Medal of Freedom” toekenning. In Oktober 1985 ontvang sy die warmste en hartlikste ontvangs by die 40ste herdenking en feesvieringe van die Verenigde Nasies. Op daardie geleentheid het die wêreld, die Katolieke en Protestante saam en sonder voorbehoud applous gegee aan "Moeder" Teresa. Wat werklik onvestaanbaar en onverklaarbaar is, is die feit van die applous wat aan haar gegee is ook deur Bybels gefundeerde kinders van God. ("Is Mother Teresa a True Christian?" by David W. Cloud, pp. 5-6).

 

Desmond teresa.jpgErkenning, en ja, daar is ondubbelsinnige erkenning van my kant dat "Moeder" Teresa ‘n baie goeie en besonderse vrou was vanuit die humanistiese oogpunt, maar die vraag wat egter beantwoord moet word is; Was "Moeder" Teresa ‘n wedergebore Christen in die  Bybelse bedoeling – ‘n vrou en ‘n organisasie met wie Christene moet assosieer en mee saamwerk?

 

Is die motief hier om ‘n aanval op haar as persoon en haar werk te doen? Nee, beslis nee. Moet daar dus geen vrae gevra word ten opsigte van waar "Moeder" Teresa se siening van God geanker was nie? Weer eens nee. Daar bestaan vir die Christen slegs een maatstaf waaraan alles geoordeel word en dit is die Bybel. Daardeur gaan ek en jy eendag voor die Lam staan en gaan Hy die boeke open. Goeie werke gaan dan nie die uitslag bepaal nie, maar slegs wat jou en my verhouding met Jesus Christus, Seun van God is.

 

WAT HET “MOEDER” TERESA GEGLO EN BELY?

 

"Moeder" Teresa was  deur-en-deur ‘n Katoliek. Sy was ook ‘n getroue aanbidder van “Moeder Maria” (Queen of Heaven); sy het totaal geglo dat die  skyfie van die Nagmaal werklik Jesus Christus is; Sy het geglo dat alle mense kinders van God is.

 

In haar toespraak voor die Verenigde Nasies in Oktober 1985 sê sy die volgende; "We gather to thank God for the 40 years of the beautiful work of the United Nations for the good of the people. No color, no religion, no nationality should come between us -- we are all children of God. ... When we destroy an unborn child, we destroy God" ( Ons is hier saam bymekaar om dank te bring aan God vir die 40 jaar se mooi werk van die Verenigde Nasies vir die beswil van die mensdom. Geen kleur, geen Godsdiens, geen nasionaliteit moet tussen ons kom nie---- Ons is almal kinders van God ---- Wanneer ons ‘n ongebore kind vernietig, vernieting ons God)”(11/11/85, Christian News, p. 17).

 

Die vraag wat hier gevra moet word is:’ Wie is dié  God waarna "Moeder" Teresa hier verwys? Is dit God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees?

 

Ander aanhalings van "Moeder" Teresa (12/4/89, Time magazine, pp. 11,13):

 

(a)    "The dying, the crippled, the mentally ill, the unwanted, the unloved -- they are Jesus in disguise. ... [through the] poor people I have an opportunity to be 24 hours a day with Jesus." [On another occasion, she again demonstrated her pantheistic religious philosophy: "Every AIDS victim is Jesus in a pitiful disguise; Jesus is in everyone.. ... [AIDS sufferers are] children of God [who] have been created for greater things" (1/13/86, Time).] (“Die sterwendes,die kreupeles,die psigiese siekes, die onwelkomes, die liefdeloses --- hulle is Jesus verbloem ----[Deur die] arme mense het ek die geleentheid om24 uur per dag met Jesus te wees”.

 

Op’n ander geleentheid het sy weer eens haar pantheistiese geloofs filisofie gedemonstreer;”Elke VIGS lyer is Jesus in ‘n bejammeringswaardige verbloeming; Jesus is in almal --- {VIGS lyers is] kinders van God [Wie] geskape is vir groter dinge.”

 

(b) "You must make them feel loved and wanted. They are Jesus for me." (Jy moet hulle laat voel hulle is geliefd en welkom.”)

 

(c) "I love all religions. ... If people become better Hindus, better Muslims, better Buddhists by our acts of love, then there is something else growing there." [On another occasion, she again demonstrated her false gospel that 'there are many ways to God': "All is God -- Buddhists, Hindus, Christians, etc., all have access to the same God."]  (Ek is lief vir alle gelowe --- indien mense beter Hindus, beter Muslims, beter Buddiste word met ons bediening van liefde, dan is daar iets anders wat hier groei.” [Gedurenede ‘n ander geleentheid het "Moeder" Teresa weer eens haar valse godsdiens gedemonstreer dat “DAAR IS VELE WEE NA GOD;” Alles is God --- Buddiste ,Hindus, Christene ens. ,almal het toegang tot dieselfde God”.]

 

(d) Het alreeds hierdie siening van “Moeder” Teresa aangehaal maar herhaal weer hier; "If in coming face to face with God we accept Him in our lives, then we are converting. We become a better Hindu, a better Muslim, a better Catholic, a better whatever we are. ... What God is in your mind you must accept" (Wanneer ons aangesig tot aangesig kom met God en ons aanvaar Hom in ons lewe dan kom ons tot bekering. Ons word ‘n beter Hindu, ‘n beter Muslim, ‘n beter Katoliek, ‘n beter wat ons ook al is… Dit wat God is in jou gedagte, dit moet jy aanvaar.)” (from Mother Teresa: Her People and Her Work, by Desmond Doig, p. 156).

 

In haar boek, Life in the Spirit: Reflections, Meditations, and Prayers, sê "Moeder" Teresa op bl. 81-82:

 

"We never try to convert those who receive [aid from Missionaries of Charity] to Christianity but in our work we bear witness to the love of God's presence and if Catholics, Protestants, Buddhists, or agnostics become for this, better men -- simply better -- we will be satisfied. It matters to the individual what church he belongs to. If that individual thinks and believes that this is the only way to God for her or him, this is the way God comes into their life -- his life. If he does not know any other way and if he has no doubt so that he does not need to search then this is his way to salvation." (Ons probeer nooit om daardie mense wat hulp ontvang van ons die “Missionaries of Charity “ te bekeer tot die Christenskap  nie, maar in ons werk openbaar ons die liefde van God se teenwoordigheid en indien Katolieke, Protestante, Buddiste of selfs twyfelaars daardeur beter mense word – net beter ---sal ons tevrede wees. Die kerk waarheen ‘n persoon gaan het slegs vir hom betekenis. Indien daardie persoon dink en glo dat  dit die enigste weg na God is, dan is dit die manier hoe God in hulle lewe kom ---sy lewe. Indien hy geen ander weg ken en geen twyfel het om daarom ‘n ander weg te soek nie, dan is DIT sy weg tot saligmaking.”)

 

Johannes 14

5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?

6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

 

“Moeder” Teresa kan na aanleiding van Johannes nie ‘n groter valse evangelie verkondig het nie. Dierbares, moet nie mislei word nie. Al geleentheid wat ons het is terwyl ons nog lewe. Moet my nie glo nie, moet “Moeder”Teresa nie glo nie. Gaan jy en ondersoek God se Woord vir jouself. Net jy het die toekoms van jou siel se eindbestemming in jou hande. Die Woord sê, “Soos die boom val, so sal hy lê.”

 

Dit moet baie duidelik begin word dat “Moeder” Teresa alles behalwe ‘n evangelistiese Christen was. Ja, sy was wel ‘n goeie, self-kastydende, opregte, liefdevolle persoon wat ‘n valse godsdiens gevolg het naamlik die Rooms Katolieke Kerk in plaas van die ware, enigste Jesus Christus wat ook eenmaal en vir altyd vir haar aan ‘n kruis op Golgota gehang het en Sy lewe vir haar gegee het om vry te kom. Het sy dalk op die laaste wel haar lewe vir Jesus gegee? Ek hoop werklik so. Hierdie skrywe is nie om “Moeder” Teresa te na te kom nie, maar om dierbare kinders van God te waarsku dat goeie werke van geen waarde vir redding is nie; Net Jesus en net HY alleen.

 

Efesiërs2

8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

 

Het “Moeder” Teresa maar net hierdie éen waarheid ontdek, hoe anders sou haar lewe nie gewees het nie.

 

AANHALINGS VAN TOESPRAAK BY DIE “WORLDWIDE RETREAT FOR PRIESTS OCTOBER 1984”

 

(a) "At the word of a priest, that little piece of bread becomes the body of Christ, the Bread of Life." (‘Met die woord van ‘n priester word hierdie stukkie brood die liggaam van Christus, die Brood van die Lewe’.)

 

(b) "Without a priest, without Jesus going with them, our sisters couldn't go anywhere."  (‘Sonder ‘n priester, sonder dat Jesus saam met hulle gaan, sou ons susters nêrens kon gaan.’)

 

(c) "When the priest is there, then can we have our altar and our tabernacle and our Jesus. Only the priest put Jesus there for us. ... Jesus wants to go there, but we cannot bring him unless you first give him to us. This is why I love priests so much. We could never be what we are and do the things we do without you priests who first bring Jesus to us." (‘Wanneer die priester daar is, dan kan ons ons altaar en ons tabernakel en ons Jesus hê. Slegs die prieter plaas Jesus vir ons daar  --- Jesus wil daarheen gaan, maar ons kan hom nie bring nie alvorens jy [die priester] Jesus vir ons gee nie. Dit is waarom ek so lief is vir priesters. Ons sou nooit kon wees wat ons is en die dinge doen wat ons doen sonder julle priesters  eers Jesus vir ons bring nie.’)

 

(d) "Mary ... is our patroness and our Mother, and she is always leading us to Jesus." (‘Maria --- is ons beskermer en ons Moeder en sy lei ons altyd na Jesus.’)

 

Na "Moeder" Teresa se dood  het haar groot vriend en haar biografie skrywer gesê dat hy haar op ‘n stadium direk gevra het of sy ooit mense tot bekering lei. Haar antwoord was,’natuurlik lei ek mense tot bekering. Ek bekeer jou om ‘n beter Hindu of ‘n beter Muslin of ‘n beter Protestant te word. Wanneer jy God gevind het dan is dit vir jou om te besluit hoe om hom te aanbid. ("Mother Teresa Touched Other Faiths," Associated Press, 9/7/97). 

Die 7/13 April 1990 uitgawe van Radio Times verhaal die storie van "Moeder" Teresa wat herberg gebied het aan ‘n ou Hindu priester. "Sy het hom haarself versorg en het hom gehelp om met sy eie gode herenig te word." 

 

Die volgende vraag is op ‘n stadium aan haar gestel. "These people are waiting to die. What are you telling them to prepare them for death and eternity? She replied candidly, 'We tell them to pray to their Bhagwan, to their gods.' (‘Hierdie mense wat wag om te sterf. Wat sê jy aan hulle om hulle voor te berei vir die dood en ewigheid? ‘ Haar antwoord was; ‘ Ons sê aan hulle om tot hulle Bhagwan, hulle gode, te bid.’)

 

Sy het hierdie Hindus wat besig was om te sterf opdrag gegee om opreg tot hul Hidu afgode te bid en dit was haar oortuiging dat indien hulle dit doen, God hulle beslis nie sal oordeel nie!

 

Terwyl "Moeder" Teresa deur baie “Christen” leiers die etiket gegee is as die grootste moderne era voorbeeld van ‘n “Christen”, is dit dus noodsaaklik om verder na haar teologiese en geloofs oortuigings te kyk uit ‘n Bybelse perspektief. Die werk “Mother Teresa -- A Simple Path” bevat dekkings notas wat die werk verklaar as ‘n “Unieke Geestelike Gids”

 

Dus kan ons uit hierdie werk ‘n idée vorm wat haar geloofs oortuigings was. ’n Paragraaf in die Voorwoord gee ons die fondasie vir die lees en verstaan van hierdie gids.(Source: A Review of A Simple Path, by L. Barnes):

 

"The Christian way has always been to love God and ones neighbor as oneself. Yet Mother Teresa has, perhaps with the influence of the East, distilled six steps to creating peace in ourselves and others that can be taken by anyone -- even someone of no religious beliefs or of a religious background other than Christian -- with no insult to beliefs or practices. This is why, when reading Mother Teresa's words and those of her community, we may, if we choose, replace the references to Jesus with references to other godheads or symbols of divinity" (p. xxviii). (Die Christelike manier was nog altyd om God lief te hê en jou naaste soos jouself. Tog het “Moeder” Teresa, dalk met die invloed van die Ooste, ses stappe daar gestel om vrede in onsself en in ander en wat deur enige ander geneem kan word---self die ongelowige met geen godsdienstige oortuiginge of van ‘n goddiens anders dan Christen---- sonder aanstoot ten opsigte van oortuiging of gebruike.  Dis om hierdie rede dat wanneer die woorde van “Moeder”Teresa of haar gemeenskap gelees word, mag ons, indien ons so verkies, die verwysing na Jesus vervang met die verwysing na ander gode of simbole van heiligheid.)

 

Haar ses stappe om vrede te bewerkstellig is; stilte, gebed, geloof, liefde, diens en vrede. Vir diegene wat nie mooi weet of hulle aan enigiets glo nie, stel ”Moeder” Teresa voor hulle probeer klein dade van liefde teenoor ander. Sy glo sterk aan gebed vir almal. Sy het geen probleem ondervind om saam met Hindus, Muslims en ander gelowe te bid nie. Drie bladsye van voorbeeld gebede het die opskrif “Jy mag Jesus vervang met God indien jy nie ‘n Christen is nie. (b. 35).

 

In die hele184 bladsye is daar nêrens eenkeer gestel dat redding slegs deur Jesus kom nie. Sy skryf, "I've always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic" (p. 31). Daar is geen poging om ander te laat weet dat Jesus die enigste weg is nie. Daar is geen getuienis dat of “Moeder” Teresa of haar “susters” geglo het aan die smalweg soos Jesus gesê nie.

 

Matt. 7:13-14

13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

 

Een van die “Sisters" Sister Theresina verwys in die “Gids” na wat  vir hulle die woord van God is. "We pray the Rosary as we go out -- it's our weapon, the woord of God" (p. 125). (‘Wanneer ons uitgaan bid ons die Rosary” --- Dis ons wapen, die woord van God.’)

 

Johannes 1:1

IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

 

So wie is die Woord? Ek glo maar weer eens die Bybel. Dis my fondasie


Die volgende is uittreksels van ‘n onderhoud wat gevoer is met ‘n Katolieke non, "Sister" Ann, wat werksaam was in Kathman-du, Nepal, in "Moeder" Teresa's se organisasie “Missionaries of Charity”. Hierdie onderhoud was gevoer op 23/11/84 by die Pashupati Temple:

 

V: Glo jy dat indien hulle sou sterf terwyl hulle werklik geglo het in Shiva of in Ram [Hindu gode] hulle wel hemel toe gaan?
A: Ja, Dit is hulle geloof. My eie geloof sal my na God toe lei, ... So indien hulle sterk geglo het in hulle god, dan sekerlik sal hulle gered wees.

 

V: Dit wil voorkom asof die Katolieke Kerk in vandag se tyd niemand meer probeer tot bekering lei nie. Ek is bewus daarvan dat John Paul II verklaar het dat persone van ander gelowe ook gered is. Jy glo dus nie dat hulle elk geval verlore is nie, is dit reg?
A: Nee, hulle is nie verlore nie. Hulle is gered volgens hul eie geloof, weet jy. Indien hulle ook al glo wat hulle glo, dit is hulle redding.

 

Ooglopend dan, "Moeder" Teresa was ‘n pantheist en ‘n Universalist-- Universaliste huldig die standpunt dat Muslims, Hindus, en ander nie-Christene wel hemel toe kan gaan sonder die reddende geloof in Jesus Christus; Hulle is diegene wat glo dat sulkes wat opreg hulle eie geloofs oortuigings of godsdienste uitleef wel gered sal word. "Moeder" Teresa het selfs so ver gegaan om aan Muslims te gesê het hulle aanbid dieselfde God as die Christene. "Moeder" Teresa noem selfs athieste ‘Communists Children of God’!

 

Christopher Hitchens, in sy boek The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice (Verso:1995) sowel as in sy televisie program, het hy “Moeder" Teresa baie sterk gekritiseer. Hy het die uiters swak toestande in "Moeder" Teresa se sorgsentrums gedokumenteer. Die ongunstige swak toestande wat geheers het, was ten spyte van die miljoene dollars wat sy jaarliks ontvang het van skenkers.

 

Die sorgsentrums was ongelooflik primitief, onwetenskaplik en ver agter enige verwagtinge van wat die mediese wetenskap bied. Daar is tereg gesê dat sy net na die sterwendes kon omsien, want as ‘n persoon enigiets anders benodig het dan om te sterwe, sy niks werkliks anders gehad het om te offer nie.

 

Hitchens het haar nie beskulding van ‘n tekort aan passie, medelye of van wreedheid ten opsigte van haar pasiente nie. Die probleem was eerder haar Rooms Katolieke Kerk se geloofs lering dat persoonlike lyding bydra tot jou redding en saligheid. Jesus is nie genoeg nie. Jy moet nog ly op aarde. Hoe meer jy ly op aarde hoe korter die tyd wat in die Vagevuur deurgebring moet word. Sy het geglo dat lyding goed was en het geen pynstillers in haar klinieke gebruik nie. Sy het selfs gesê dat die lyding van die armes was iets baie mooi om te aanskou en dat die wêreld baie baat vind en gehelp word deur die edele voorbeeld van lyding en ellende.

 

Baie Katolieke priesters en nonne, tot op hede dra onderklere van growwe vesel, Sit klippies in hul skoene, gesel hulself en probeer om op sulke maniere die hemel te bereik deur lyding. Net soos sy gehoop het om haar plek in die hemel te verdien deur lyding, net so het “Moeder” Teresa gehoop sy help ander om deur lyding waaraan sy hulle onderwerp het, die hemel te help beërwe.

 

Kom ons kyk na Johannes 3

16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

 

Vir diegene wat verdere inligting wil hê aangaande bogenoemde selfstraf kan gerus Charles Chiniquy se ‘50 Years in the "Church" of Rome’ lees. Dit is ‘n boek wat ‘n persoon diep invat in die donker wêreld van Rome.

 

"Moeder" Teresa was ook betrokke in die "Summit for Peace" in Assisi, Italy, in November 1986. Hierdie godslasterlike gebeds byeenkoms was gereël deur Pope John Paul II en was bygewoon deur leiers van baie veskillende godsdiens groepe insluitend Hindu, Buddhist, Islamic Shinto, Sikh, en selfs die Noord Amerikaanse Indiane – almal wat hande geneem het vir wêreld vrede (11/10/86, Time magazine, pp. 78-79). Daar was slang aanbidders, vuur aanbidders; so om en by 160 gelowe was verteenwoordig.

 

 In “Moeder” Teresa se dagboeke wat in 12/2002 in Italie gepubliseer is, beskryf "Moeder" Teresa verskriklike, knaende twyfel wat haar 50 jaar van haar lewe agtervolg het. Die Italiaanse nuusblad Il Messeggero het soos volg berig, "Die werklike Moeder Teresa was ‘n vrou wie vir  een jaar ‘n visie gehad het en vir die volgende 50 jaar twyfel--- tot haar dood."

 

In 1958 skryf sy soos volg, "My glimlag is ‘n groot mantel waaronder menige pyn verberg word." In nog in ‘n ander skryf sy: "Die vervloektes van die hel lei ‘n ewigdurende straf want hulle het ge-eksperimenteer met die verlies van God. In my eie siel voel ek die verskriklike pyn vanweë die verlies. Ek voel dat God my nie wil hê nie, dat God nie God is nie en dat hy nie werklik bestaan nie.."

 

Geliefdes, lees wat sê God hier vir ons; Jesus en slegs Jesus is ons redding en die noodkreet van “Moeder” Teresa kon gestil gewees het indien sy maar net hierdie versekering geken en verstaan het

 

1 Johannes 5

11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie

13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God

 

Hierdie noodkreet van verlorenheid van “Moeder” Teresa is hartroerend. Dis of ek die wanhoop ervaar in haar noodkreet. Na alles was sy ook net ‘n feilbare mens wat Jesus so nodig gehad het om Sy verlossing te ervaar.

 

Efsiërs2

8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

bottom of page