top of page

La Santa Muerte

Hierdie is weer nog ‘n set van Satan wat hy in werking gestel het om nog mense te mislei. Die Bybel stel dit duidelik dat daar aan die einde van die dae ‘n groot oplewing sal kom van okkultisme en satanisme. Hier is nog ‘n bewys hoe korrek die Bybel is.



’n Volgeling woonagtig in New Orleans het vir hierdie sogenaamde Onderwêreld Heilige ‘n publieke heiligdom gebou. Die doel daarvan is om hierdie demoon te aanbid en te verheerlik.



‘n Akteur in Albuquergue krediteer haar vir ‘n rol wat hy  in die TV sepie “Breaking Bad” gekry het.



Sy verskyn glo gereeld langs die VSA-Mexico grens by skuilhuise en verskyn ook glo op “dashboards” van motors wat gebruik word om methamphetamine deur die suidwes woestyn te smokkel.



Sy is baie gewild in Mexico en word somtyds gekoppel aan onwettige dwelmhandel. Hierdie geraamte heilige is daar bekend as La Santa Muerte. In die afgelope paar jaar het sy ‘n robust en diverse groei in volgelinge verkry. Baie van hierdie volgelinge is net oor die noordelike grens van die VSA.

Groot groei word mbt  klein besighede aan haar toegeskryf. Baie kunstenaars, gay aktiviste en die baie armes voel sy is hulle beskermer. Baie van hierdie volgelinge is nie net Mexikane nie. Meer en meer Amerikaners word by hierdie kultes betrek.

Geklee in ‘n swart Katolieke Non kledingsrok en met ‘n sekel in een hand, vind sy baie aanklank by mense wat allerlei hulp soek by die bonatuurlike. Dit kan behels, die beskerming teen aanvalle, die onderwerping van geliefdes aan eie wil en gesag, die plaas van vloeke op vyande sowel as beter werk. Ander weer vra haar vir die beskerming van dwelm besendings en om hulle te beskerm teen die wetstoepassers.



Mexico is die land waar die Aztec beskawing vir baie lank gelede floreer het. Mense offers aan gode is daar die in Aztec tempels gedoen. Gode, wat eintlik gevalle engele is, is gedien. Mixico is deurweek van afgods aanbidding. Hier het Satan nou weer ‘n vastrap plek gekry en stuur hy ‘n nuwe vloedgolf deur Amerika.



God waarsku ons in Efesiërs 6



11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.


Klink nogal bekend met ondervinding met Marikana en toordokters. Gooi poeier oor jouself en geen patroon sal jou liggaam kan indring nie.



“Haar groei in die VSA is absoluut verstommend”, so sê Andrew Chesnut, skrywer van “Devoted to Death: Santa Muerte, the Skeleton Saint”. Biskop Walter F Sullivan, voorsitter van die katolieke studies by “Virginia Commonwealth University” beaam dit. Soos hy dit stel: “Want jy kan haar enige iets vra en daarom het sy geweldige aanklank by die massas en wend ‘n groot uiteenlopende getal mense hulle tot haar. Dit gebeur regdeur die VSA”.



“Dit is onmoontlik om op hierdie stadium te bepaal hoeveel volgelinge sy het, maar dat dit vinnig groei is beslis”, so sê Chesnut.



Hierdie sogenaamde heilige is veral gewild onder die Mexikaanse-Amerikaanse katolieke. Sy is besig om selfs gewilder te word as “St Jude” en “La Virgen de Guadalupe” as dit kom by die vra van wonderwerke. Selfs die Katolieke Kerk in Mexico verklaar haar as satanies.



Haar beeld is ook gebruik op gebeds karate met verwysing na wraak en beskerming. Somtyds is van hierdie kaarte gevind by die slagtingstonele van mense, sowel as by besendings van dwelms.



VSA beampte Robet Almonte van Wes Texas sê hy het in vyf sake getueies gelewer waar La Santa Muete betrokke was. Die teenwoordigheid van haar kaarte het gehelp met die skuldigbevindings van die smokkelaars. Almonte het getuig dat ‘n Santa Muerte kaart wat givind is by ‘n kilogram methamphetamine in werklikheid “tools of the trade” is om hulle te beskerm teen wetstoepassers. Hierdie getueienis van hom het gehelp met die skuldigbevinding van ‘n paartjie.



Almonte het heelwat lesings gegee oor die vinnig groeiende kultes van Santa Muerte. Hy beskou hierdie groei as uiters gevaarlik, want misdadigers voel al meer onaantasbaar.



Misdadigers bid tot La Santa Muerte om hulle te beskerm in hulle onwettige bedrywighede,  maar volgens Almonte is daar baie goeie mense wat ook tot haar bid. Mense wie geensins met misdaad betrokke is nie.

Klein beeldjies van La Santa Muerte is so ver as Minneapolis in godsdiens winkels gewaar. ‘n Kuns uitstalling in Tucson, Arizans het al haar fotos en beelde uitgestal.



Aanhangers beweer dat Santa Muerte hulle gehelp het om liefde te vind, beter werk te bekom en ook om loopbane te begin.



2 Korintiërs 11



14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.

Gregory Beasley Jnr, 35, glo vas dat hy ‘n rol in “Breaking Bad” en die film “Linewatch” gekry het nadat ‘n Mexikaanse-VSA tradisionële geneesheer hom aan Santa Muerte bekend gestel het.



“Al my sukses is net aan haar te danke”, so sê hy. “sy het my gereinig en die pad gewys”.



Sommige aanhangers bid tot hierdie heilige en bou vir haar altaars waar hulle kerse brand, vrugte, tequila, sigarette, selfs kokaine offer in ruil vir versoeke en gunste. 'n Rooi beeld help glo in liefdesake, goues help met werk verkryging en wittes verskaf beskerming. Sou jy wraak wil laat uitoefen, is ‘n swart beeldjie net die ding.



“Sy is my koningin”, verklaar Arely Vazques Gonzalez, ‘n Mexikaanse immigrant en ‘n tranverstiet. Hy/sy is in beheer van ‘n groot altar vir aanbidding. Die altar is gebou in sy/haar woonstel in New York. Daar is ‘n groot muurtekening waar Santa Muerte geklee is in swart. Onthou, swart is vir wraak. Gonzalez wie ‘n groot tatoeëring van haar koningin op sy/haar rug het, hou jaarliks ‘n groot openbare fees vir Santa Muerte se vereering en aanbidding. “Al wat ek nodig het is om vir haar leiding te vra en sy voorsien my dan van wat ek nodig het”.



Die oorsprong van Santa Muerte is onseker. Sommige aanhangers beweer sy is die inkernasie van ‘n Aztec “godin van die dood” wie in die onderwêreld regeer. Dan is daar weer geleerdes wat voel dat sy haar ontstaan het in middle eeuse Spanje waar La Parca, ‘n doodsengel, aanbid is. LaParca is later deur Katolieke sendelinge na die Amerikas uitgevoer om die plaaslike gemeenskappe te evangeliseer.



La Santa Muetre was vir baie lank ‘n onbekende heilige. Sy was net in baie afgeleë gebiede in Mexico bekend. Daar was sy die onoffisiële Katolieke Heilige gewees wie vroue genader het om te help met ontroue eggenote.



In 2001 het ‘n volgeling van haar ‘n publieke heiligdom ter aanbidding in Mexico Stad  opgerig. Hierna het ‘n aller groter groep aanhangers meer openlik hulle liefde aan haar begin toon omrede die hulp wat sy vir hulle gegee het. Sy het glo gehelp mbt geliefdes en eggenote wat in tronke was. Ekonomiese onsekerheid en ‘n bloedige dwelmoorlog waarin vele mans gesterf het, het ook grootliks bygedra tot haar skielike opkoms.



Oscar Hagelsieb, Assistent Spesiale Agent in beheer van “Homeland Security Investigations” in El Paso sê dat heelwat  agente het gevind dat die meeste lede van die Gulf en Zeta Kartels tot Santa Muerte bid terwyl die lede van die Sinola en Sonora Kartels weer die heilige Jesus Malverde eer.



“Altare is baie uiteenlopend. Ons het sommige gevind met kosoffers, ander weer met bloed van diere”, Aldus Hagelsieb.



Daar is blykbaar ook op so ‘n altar afgekom waar mense beendere gevind is.



Waarom al hierdie kultesse en okkulte?



Hierdie is maar net ‘n baie klein puntjie van ‘n ysberg wat hier openbaar word. Daar is ‘n oplewing in hierdie veld, want mense is op soek na iets om ‘n leemte in hulle binneste te vul.



Verwys na my artikel oor Laodicense. Die Kerk van vandag het lou geword. Predikers volg die middeweg om nie lidmate aanstoot te gee nie. Geld speel vandag so ‘n groot rol in georganiseerde godsdiens dat hoe meer lidmate ‘n kerk het, hoe meer geld in die bank. Tiendes het die boodskap van die Bybel vervang. Sekere onderwerpe is taboe. Al wat mense wil hoor is “Ag toemaar, God is lief vir jou, so wees nie bevrees nie. Vra watter motor jy wil hê en God sal spring om dit vir jou te gee. Watter huis? Geen problem, God sal daar ook spring.



2 Timoteus 4



3 want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Ons lewe werklik aan die einde van dae. Wanneer kom Jesus? Ek weet nie. Die tekens is daar soos uitgestip deur Hom, maar die gedeelte wat so belangrik is, is die volgende:  



2 Petrus 3



9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
10 Maar die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

God wil nie hê dat ek en jy verlore moet gaan nie. Hy stel die koms van Sy Seun uit so lank as moontlik, maar God waarsku ook dat daar ‘n dag en tyd sal wees waar dit sal eindig. Ek glo dat daardie tyd vinnig besig is om nader te kom.

bottom of page