top of page

Deel 1

 

INHOUDSOPGAWE

 

01 Die Legende van Hiram Abiff – Vrymesselaars verhaal

02 Hoe kan ons vrykom?

03 Skotse Rite

04 York Rite

05 Fisiese Siektes

06 Onderling Gekoppelde Godsdienste en Ordes

07 Leuens van Vrymesselary

08 Lastering in Vrymesselary

09 Vrymesselary se vals Priesterskap

10 Die Losie/tempel

11 Nagemaakte Bybel

12 Misleiding en Verleiding

13 Regalia Simbole

14 Vrymesselaars Werktuie

15 Seremoniële Klere en Spreuke

16 Wagwoorde en Kodes

17 Huweliks Kommunikasie en Verhoudings

18 Geweld en Vernietiging 

19· Vloekery, Verwensing en Belastering

20 Beheer en Domineer

21 Wellus, Verleiding en Onreinheid

22 Typhon, die god van Winter

23 Finansiële Probleme

24 Aanstellings en Verhoudings

25Vrymesselary – Enkele simbole

26 Vrymesselary Verwysings

27 Wat sê die Skrif?

 

01 DIE LEGENDE VAN HIRAM ABIFF  

 

Die blou losie is gebaseer op die legende van Hiram Abiff. Hierdie legende het sy historiese oorsprong in 1 Konings 7 en 2 Kronieke 2.

 

Koning Hiramvan Tirus het ‘n bekwame man, ook genoem Hiram, na Israel gestuur om vir Koning Salomo behulpsaam te wees in die bou van die Tempel van die Here. Indien ons al die grade van Vrymesselary wil verstaan, moet ons eers die Messelaars-legende verstaan wat gebou is rondom hierdie “Hiram Abiff”. 

 

Kom ons kyk vlugtig daarna ... onthou dat hierdie slegs ‘n Messelaars legende is! (Legende beteken nie dat dit geen historiese verhaal is met geen of beperktewaarheid nie).

 

Hiram Abiff, “’n weduwee se seun” uit Tirus, bekwaam om te werk met alle soortemetale, is aangestel om te help bou aan Koning Salomo se Tempel.

 

Die legende vertel ons dat een dag, terwyl hy in aanbidding was tot die Groo tArgitek van die Heelal (GAOTU) in die Allerheiligste, is Hiram deur drie booswigte aangeval is wat geëis het om die “Meester se woord”, die geheime naam van God, te kry.

 

Die eerste booswig, naamlik Jubela, het vir Hiram oor sy keel geslaan met ‘n 24duim meetstok. Die tweede booswig, Jubelo, het Hiram op die bors, dwarsoor die hart geslaan met ‘n graadvierkant. Die derde skurk, naamlik Jubelum , het Hiram teen die voorkop geslaan met ‘n klophamer.

 

Hiram het dood neergeval. Sy bloed het dus binne die tempel gevloei. Hiram se liggaam is by die Ooshek van die Tempel uitgedra, en buitekant Jerusalem op Berg Moria begrawe. 

 

Vroeg die volgende oggend het Koning Salomo die tempel besoek, en die werksmanne in verwarring aangetref omdat geen reëlings vir die dag se werk getref was nie.

 

Koning Salomo was bekommerd dat iets met Hiram kon gebeur het, en het twaalf Medeambag Messelaars gestuur om na hom te gaan soek .Koning Salomo het self die drie vergesel wat in die Oostelike rigting gaan soek het.

 

Toe hulle uiteindelik die graf van Hiram ontdek, het Salomo en sy mede Messelaars die liggaam opgegrawe.

 

‘n Soektog is op tou gesit na die Meester se woord (die naam van God), maar al wat gevind is, was die letter “G”.

 

Toe hulle ontdek dat die woord verlore was, het ‘n geweeklaag opgegaan: “O Here, my God, is daar dan geen hulp vir die weduwee se seun nie?”

 

Salomo het al twaalf Medeambag Messelaars byeengeroep, ‘n sirkel gevorm rondom Hiram se liggaam, en probeer om hom op te wek uit die graf. 

 

Heel eerste het hulle die “Boas” greep van die eerste graad gebruik op die liggaam. Dit het nie gewerk nie.Toe het hulle hul greep vervat op Hiram se liggaam, en die “Jachin” greep van die tweede graad gebruik. Dit het ook nie gewerk nie. Uiteindelik het Salomo vir Hiram uit die dood opgewek deur die derde graad se greep van die Meester Messelaar te gebruik, die vyf punte van kameraadskap (kortliks verduidelik), en deur die frase Ma-Ha-Bone in Hiram se oor te sê . (Ander weergawes van die legende van Hiram Abiff, sê dat Hiram in die graf gebly het). 

 

Terwyl die grade van die Blou Losie gebaseer is op hierdie deel van die legende ,baseer die Skotte en York hulself grootliks op die Hiram legende na Hiram Abiffse se opwekking.Die Skotse Rite 4de tot 14de grade. 

 

Die Legende van Hiram Abiff gaan voort ...Hiram Abiff is uit die dood opgewek. Hy verlaat egter spoedig die legende, omdat hy meegevoer is na ‘n meer glorieryke bestaan. 

 

Salomo word agtergelaat om die Tempel klaar te bou. Baie besluite moet geneem word. Eers kies Salomo sewe meester messelaars om die Tempel te bewaak voordat ‘n dodemis gehou word vir die gestorwe Hiram Abiff.

 

Salomo stel toe sewe rigters aan om gerig te gee aan die werksmanne wat aan dieTempel bou. Vyf superintendente word aangestel om toesig te hou oor die volgehoue bouwerk aan die Tempel. Salomo fokus op die vergelding van die moordenaars van Hiram Abiff.

 

Hy stel nege Meesters aan wat begin soek na die moordenaars. Die eerste moordenaar word vas aan die slaap aangetref. Hy word in die hart en kop gesteek, en dan onthoof. Salomo ontvang berig dat die ander twee moordenaars gevlug het na Gat, die geboorteplek van Goliat.

 

Hy kies vyftien Meesters, insluitende die oorspronklike nege, wat die oorblywende moordenaars gevange neem. Hulle word in die tronk gegooi en tereggestel.

 

Salomo beloon twaalf van die Meesters deur hulle as Goewerneurs aan te stel oor die twaalf stamme van Israel. Salomo stel laastens ‘n bouer aan met die naam van Adoniram as die enigste opvolger van Hiram Abiff.

 

Adoniram word die hoof argitek van die Tempel, wat dan uiteindelik voltooi word. Die legende eindig egter nie hier nie.

 

Salomo begin ‘n Tempel van Geregtigheid bou op die perseel van ‘n Tempel wat deur Henog gebou is, (onthou, hierdie is ‘n Messelaars legende, nie Bybelse waarheid nie!) en binne die Tempel ‘n steengeplaas het met die Naam van God daarop. 

 

Adoniram, die hoof argitek en twee ander werksmanne, begin die Tempel van Geregtigheid bou en ontdek Henog se steen.

 

Salomo en Hiram van Tirus, die Groot Meesters van Vrymesselary, het geen ander keuse nie, as om die drie werksmanne te laat toetree tot die geheime van die Gilde. Al drie word die korrekte uitspraak van die Naam van God geleer.

 

Skotse Rite 15de tot 16de grade 

 

Soos die Vrymesselaar vorder deur die Skotse Rite, 15de en 16de grade, gaan die Legende van Hiram Abiff voort

 

....Die Tempel van Salomo is gedurende 586B.C. vernietig. Die Naam van God was weer weg. Jerusalem was onder beleg en die Babiloniese gevangeskap het begin.

 

Die gevangenes het vir sewentig jaar in Babilon geleef totdat Koning Kores van Persië, ‘n Meester van Vrymesselary, ‘n droom gehad het. Hy het gedroom dat‘n leeu aan hom verskyn met die woorde “vryheid aan die gevangenes”.

 

Onderleiding van die leeu het Kores die vrylating van die Jode aangekondig. Hy het aan hulle opdrag gegee om ‘n tweede Tempel onder sy leiding te bou.Baie van die Jode, veral Nehemia en Esra, was ingelyfdes van die Messelaarsgeheimenisse.

 

Hulle het aan al die Messelaars in die geledere van die Jode gesê om die reis aan te pak vanaf Babilon na Jerusalem, met hul swaarde aan hul sye en troffels in die hand. Ten spyte van groot droefheid en geswoeg, is die Tempel voltooi gedurende dieheerskappy van Darius, opvolger van Kores.

 

Darius kies Serubbabel as Groot Meester aan die hoof van die oprigting van die tweede Tempel. Omdat hy moeilike rites van inlywing geslaag het, het Serubbabel die titel van Soewereine Prins van Jerusalem ontvang, en is hy vertrou met die heilige voorwerpe wat Nebukadneser uit Salomo se Tempel geneem het. 

 

Serubbabel, saam met Koning Darius, stig toe ‘n nuwe orde van Tempel bouers, bekend as Ridders van die Ooste.

Hierdie Ridders was tussen die Messelaarswerksmanne wat deelgeneem het aan die bou van die Tweede Tempel.

 

Hierdienuwe orde van ridders het ‘n vegtersbond geword naamlil Die Skotse Rite. 

 

Rite 17de tot 29ste grade

 

Steeds gaan die Legende van Hiram Abiff voort deur die 17de tot 29ste grade vanVrymesselary

 

...Tot dusver het ons gelees van die Hiram legende uit gebeure van die verlde.Kom ons kyk nou hoedat die hedendaagse Vrymesselary bou op die legende van Hiram Abiff.

 

Hieronder is ‘n saamgestelde prentjie van die Messelaars inlywing – in die lew evan die individuele Messelaar – van die Tempel van die Groot Argitek van die Heelal. Daar is heelwat Skotse Rite rituele ingesluit. Van grade 17-29, beskryf die volgende hoedat die priester van Vrymesselary sy weg baan vanaf die voorhof van dieTempel tot by die Reukoffer altaar voor die voorhangsel.

 

Kom ons kyk nou ....Ons sal ‘n ander voorstelling skep van die wyse waarop die priester Vrymesselaar die Allerheiligste binnegaan wanneer die York Rite nou gebruik word.

 

Die Vrymesselaar baan stadig sy weg deur die voorhof van die Tempel. Hy ste l‘n beeld voor van vlekkelose reinheid, want hy is aangetrek in ‘n spierwit kleed van linne met ‘n bypassende tulband met die woorde “Heilig vir die Here” op die voorkant.

 

Om sy middel is ‘n skarlaken band met twaalf goue sterre daarop! Baie trompette begin in afwagting blaas.

 

Knielend voor ‘n groep manne in linne geklee, word die Messelaar nou met olie gesalf. Met tevredenheid, verklaar die priesters van Vrymesselary hom as “priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek”. (Hierdie is 'n orde wat net aan Jesus behoort ed.)

 

Die nuwe priester van Vrymesselary loop na die Koper waskom. Plegtig stoot hy sy moue op. Hy bied sy arms aan die assistente, en die Messelaars priester laat toe dat sy arms gesny word met seremoniële messe! 

 

Met ‘n uitdrukking van plegtige waardigheid, kyk die priester onverstoorbaar toe terwyl sy bloed uitloop, teen sy arms af en in ‘n bak. Nou neem die priester van Vrymesselary die bak en sprinkel van sy eie bloed teen die altaar in demonstrasie dat hyself die bloedoffer vir sonde is! 

 

Ander priesters verbind sy wonde en lei hom na die waskom.

 

Weereens, met groot waardigheid, was die priester sy arms, hande en gesig, en verwyder met groot sorg elke onreinheid vanaf sy liggaam.

 

Eers dan is die priester van Vrymesselary gereed om die Tempel te betree.

 

Met afgemete treë lei die priester ‘n gevolg van priesters van die Messelaarsorde deur die pilare Boas en Jachin, en onder die hoeksteen met die voorletters van Hiram Tyrian, Weduwee se seun, gestuur na Koning Salomo.

 

Die priester gaan na die Reukoffer altaar met vurige kole wat voor die voorhangsel na die Allerheiligste geplaas is. Hy kyk dan met tevredenheid na die Kandelare en Tafels van Toonbrood, verteenwoordigend van die heerlikheid van die Groot Argitek van die Heelal, en die woord van Jah Bul On.

 

Wanneer hy die Reukoffer altaar bereik, gaan die priester van Vrymesselary staan. Dan, met ‘n dramatiese gebaar, hou hy ‘n kopié van die NuweTestament omhoog voordat dit aan die brand gesteek word met die warm kole! Die priesters kyk stil en intens toe terwyl die vlamme die Nuwe Testament verteer.Wanneer die vlamme verdwyn, verklaar die priester van Vrymesselary: “Dit is volbring!” Hoe lasterlik!

 

Die Skotse Rite 30ste tot 33ste grade

 

Die Hiram legende eindig met die huis van Kadosh.

 

Wanneer die Vrymesselaar die 30ste graad betree, betree hy die heilige huis van die Groot Argitek van die Heelal, en rus van sy werk. Hy kan dan glo met waarheid die lied sing: 

Dit is nie nodig vir waterpas of skietlood nie, Vir troffel of klophamer, vir kompas of vierkant nie; Ons werk is voltooi, die Ark veilig geplaas, En ons sal gegroet word as uitsonderlike werksmanne. Die poorte van die Nuwe Jerusalem het vir hom oopgegaan, want hy word nou beskou as volmaak! Hy het ‘n ewige Tempel geword waarin die Groot Argitek van die Heelal woning maak.

 

Vervolg Deel 2

Vrymesselary -Alles wat ‘n Christen behoort te weet.

bottom of page