top of page

Deel 2 

 

Hier is baie inligting en gebede. Baie van hierdie inligting mag dalk nie vir jou, die leser, wees nie. Voel vry om verby dit te gaan na die gedeeltes wat jy nuttig vind. Hierdie onderwerp is so kompleks dat ek probeer om ten minste elke graad te dek. Dit mag dalk help want indien daar sekere probleme en siektes in die familie voorkom, kan deur na die gebede te gaan, mag daar dalk geneesing en verlossing wees.


So kom ons gaan aan.


Die York Rite 1ste tot 10de grade


Teen die einde van Deel 1 het ons laas die priester van Vrymesselary gelaat in die Heilige Plek, by die Reukoffer altaar. Hy het die Nuwe Testament verbrand, en verklaar dat dit volbring is.

 

Terwyl onthou word dat hierdie weergawe bestaan uit die rituele van die York Rite, kom ons kyk wat gebeur volgende ...


Tot die groeiende opwinding van die Messelaars Orde, neem die priester sy eie bloed uit ‘n bak en plaas dit op die vier horings van die Reukoffer altaar. Hy bid gebede namens die broeders, en begin met die eerbiedige woord:

“Almagtige en Soewereine Groot Argitek van die Heelal, u wat deur die hemel ry met die naam van Jah ....”.

 

Wanneer hy klaar gebid het, draai die priester om en knik plegtig sy kop. Op hierdie teken sprei die sewe priesters van Vrymesselary uit deur die Heilige Plek en blus die vlamme van die kandelare. Wanneer die Heilige Plek in duisternis gehul is, loop die priester die paar treë tot by die voorhangsel, sprinkel sewe maal sy eie bloed op die grond e n verklaar hardop, “Ek is Koning van die Hemel, en Koning van die Aarde en die Hel!”

 

Terwyl hy sy staf, simbolies van die Aaron priesterlike orde, neergooi voor die voorhangsel, verklaar hy, “Ek Is, Ek Is”.

 

Dan skeur hy die voorhangsel van bo na onder, tel sy staf van priesterskap weer op en lei die Messelaars priestersorde oparrogante wyse tot die “Allerheiligste”.

 

Voor hom staan die Ark van die Verbond met sy Versoendeksel. Op die deksel is drie kopbene, terwl ‘n skedel voor die ark lê.

 

Aan die een kant is ‘n leë troon van goud.


Terwyl hy vrymoedig opklim na die Versoendeksel, sprinkel die priester vaVrymesselary sy eie bloed sewe maal daarop. Die priester maak dan die Ark van die Verbond oop, en verklaar die naam van Jah Bul On. Hy neem die staf van Aaron uit die Ark, asook die tablette van die wet, en oorhandig dit aan die ander priesters, wat dit sorgvuldig merk met die vierkant, kompas en waterpas.

 

Die inhoud word weer teruggesit in die Ark, voordat die skedels en ‘n byl op die Versoendeksel geplaas word.

Tegelyk draai die priesters van Vrymesselary om en kyk toe terwyl ‘n replika van die Tempel hoeksteen met die naam Tetragrammaton daarop, voor die Ark geplaas word.


Nou bereik die seremonie sy hoogtepunt.


Stadig, doelgerig, tog met afwagting, nader die priester van Vrymesselary die goue troon. Voordat hy daarop gaan sit, word hy beklee met ‘n kleed van koningsblou en goud. ‘n Goue kroon word dan stadig op sy kop geplaas, wat die verkryging van godheid aandui!


Wanneer die kroon op sy kop is, word die priester van Vrymesselary skielik verander met ‘n verblindende lig. Die Allerheiligste en die res van die Tempel word ook gevul met die helderheid van die lig van die Groot Argitek van die Heelal. Die heerlikheid van die Groot Argitek van die Heelal het sy tempel en priester gevul. Beide is waardig geag; beide is geseël met die heerlikheid vandie Groot Argitek van die Heelal!
Die Tempel is voltooi.

02 HOE KAN ONS VRYKOM?

 

KANDIDAAT


- Verklaar die Heerskappy van Jesus Christus – oor elke area van jou lewe


Here Jesus Christus, Seun van die God van Abraham, Isak en Jakob, ek erken
my behoefte aan U, en ek aanvaar U as my Heer en Redder.
Ek nooi U nou in as die Heer van my lewe,
Heer van my gees en my verhouding met U.
Heer van my liggaam en my gedrag,
Heer van my verstand en my denke,
Heer van my tong en die dinge wat ek sê,
Heer van my emosies en my reaksies,
Heer van my wil en al my besluite,
Heer van my seksualiteit,
Heer van my tyd, my huis, my gesin, my besitti ngs en posisie,
Heer van al my verhoudinge met ander.
Dankie Jesus dat U Bloed gestort is sodat ek kan vry kom ....Amen.

 

Let wel: Verloën beteken om op te gee met ‘n formele stelling, om te onteien of verwerp, om te weier om te aanvaar as die waarheid. Die aksie wat benodig word om Satan se regte weg te neem is; 1)Erken, 2) Bely en 3) Verwerp.


(Wat moet ons doen).

 

KANDIDAAT


Vader God, Skepper van Hemel en aarde, ek kom na U in die Naam van
Jesus Christus U Seun. Ek kom as sondaar wat vergifnis soek en ook reiniging
van alle sondes wat ek teen U gepleeg is, asook teenoor andere wat na U beeld
geskape is. Ek eer my aardse vader en moeder en al my voorgeslagte in vlees
en bloed en aanneming, maar ek draai geheel en al weg van en verloën al hul
sondes. Ek vergewe al my voorgeslagte vir die gevolge van hul sondes op my
en my kinders. Ek erken en verwerp al my eie sondes. Ek verloën Satan en al
sy werke in my gesin en myself.

 

Ek verloën en verlaat alle betrokkenheid in Vrymesselary of enige ander losie of
gilde deur my voorgeslagte en myself.
Ek verloën heksery, die oppergees agter Vrymesselary, en ek verloën
Baphomet, die Gees van die Antichris en die vloek van die Luciferiese doktrine.
Ek verloën die afgodery, lastering, geheimhouding en misleiding van Messelary
op elke vlak. Ek verloën spesifiek die onsekerheid, liefde vir posisie en mag, die
liefde vir geld, gierigheid en gulsigheid en die trots/arrogansie wat my
voorgeslagte in Messelary ingelei het.


Ek verloën al die vrese wat hulle in Messelary vasgehou het, veral die vrees vir
dood, vrees vir mense, en vrees vir vertroue, in die Naam van Jesus Christus.
Ek verloën elke posisie wat beklee is in die losie deur enige van my
voorgeslagte, insluitende Tyler, Meester, Aanbiddelike Meester, of enige ander.

 

Ek verloën die roeping van enige manlike Meester, Jesus Christus is my enigste
Meester en Here, en Hy verbied dat enigiemand anders daardie titel dra.


Ek verloën die verstrikking van ander tot in Messelary, en die waarneming van
die hulpeloosheid van ander gedurende die rituele.


Ek verloën die uitwerkinge van Messelary wat op my geplaas is deur enige
vroulike voorouer wat onbetroubaar en verwerp gevoel het deur haar man terwyl
hy enige losie besoek en bygewoon het en geweier het om haar te vertel van sy
geheime aktiwiteite.

 

Sterkmanne oor Vrymesselary:


q Jesebel
q Anti-Chris
q Dood en Hel
q Vrymesselary
q Lucifer
q Brumaus – onderskraag magte van wetteloosheid en vrymesselary.


LEIER


Bind en isoleer die sterkmanne, maak dan die Kandidaat los van hul beheer en
stuur hulle na die voet van die Kruis van Jesus Christus.

VERLOëNING EN VERBREKING VAN DIE EED


KANDIDAAT

 

1. Ek verloën VRYMESSELARY met al sy ede, geheime, vloeke en rituele.
2. Ek verloën die geeste van VRYMESSELARY, BAPHOMET, WELLUS,
AFGODERY EN BRUMAUS.
3. Ek verloën elke VOORVADERLIKE gees van VRYMESSELARY,
AFGODERY, BAPHOMET, BRUMAUS EN WELLUS in my familie-lyn. Ek
verloën die vloek van die LUCIFERIESE DOKTRINE en toewyding van die
familie aan Lucifer. Ek verloën die Oog van Horus (“alsiende oog”) aan
die bopunt van die Vrymesselary piramide, en verwerp dit totaal as die
misleidende voorstelling van die oog van Lucifer.
4. Ek verloën en kanselleer die anti-Chris teken en seël vanaf my familielyn,
in die Naam van Jesus Christus. Vader, ek vra U om die krag van die
gestorte Bloed van Jesus los te maak en wend die Naam van die Here
Jesus Christus aan as ‘n seël op my voorkop.
Open. 22:4 – “4En hulle sal Sy aangesig sien, en Sy Naam sal op hulle
voorhoofde wees.”


LEIER(S) – Aksie


q Verbreek geslagtelike skakels en ongoddelike Sielsbande – plaas Die
Kruis van Jesus Christus figuurlik tussen die kandidaat & geslagte terug tot en
met die 10e geslag (vernietig alle vloeke en oorerflike siektes).
q Verbreek ongoddellike sielsbande met familie lede, vennote, eggenote,
lede of offisiere van Vrymesselary Losies en alle ander geaffilieërde
organisasies soos Eastern Star, Orange Losie en The Buffaloes, ens.)
q Salf die middel van die voorkop met olie en werp uit die 3de oog van
Horus.
q Maak “alsiende oog” toe
q Verbreek die krag van verstandsbeheer en psigiese krag wat die
verstand affekteer
q Maak los die verstand vir die waarheid van die Here Jesus Christus.


LEIER, LET WEL: - isoleer en bind alle geeste van die 2de graad en elkeen
daarna, nadat met die eerste graad gehandel is. Wanneer jy klaar is met die
verloëning van die graad, maak die kandidaat los van al die demoniese magte
geassosieër met die 1e graad en stuur dit na die voet van die Kruis van Jesus
Christus vir Sy verdere opdrag.
Doen dit met elke graad.

Die Blue Lodge (1e, 2e & 3e grade) is die Fondament van alle
Vrymesselary
– Hierdie Gebede slaan die fondasie uit
Toetredende vakleerling [Entered Apprentice]


(1e Graad) – “Skok van Toetrede”


~Indien jy een byeenkoms bygewoon het, het jy aangesluit~


KANDIDAAT


q Ek verloën die “Nuwe Geboorte” van Vrymesselary en alle oorgawe
van die wil aan ‘n anti-chris gees.
q Ek verloën die eed: “dat my keel oopgesny kan word van oor tot oor, my
tong by die wortel uitgetrek kan word, en my liggaam begrawe kan word in
die ruwe sand van die see.”
q Ek maak myself los van alle vloeke van allergieë, asma, klier-probleme,
dood en verdeeldheid in die familie.
q Ek vernietig die krag van die 1e graad rituele.
q Ek verwyder die blinddoek van my oë, en vernietig die vloeke van
skeelhoofpyne, vrees, misleiding en geestelike- of fisieke blindheid.
q Ek sny die hangtou los van my nek en vernietig die vloeke van
asemhalings probleme, versmoring, verstikking en beheer.
q Ek verloën die 1e graad inlywings rituele van gewelddadige houe op
die keel en die gevolglike vloeke op die tong, keel en mond, soos
spraakprobleme, gesplete verhemelte en stilte.
q Ek vernietig die vloek van “keel afsny” op my lewe en finansies.
q Ek verloën die eed: “dat my tong by die wortel uitgeruk en verdeel kan
word van punt tot wortel”. Ek vernietig alle vloeke op my mond, tande,
keel, stembande, sinusse en neus, en ek lê beslag op die belofte van
Psalm 107:20, 20”Hy het Sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon
gesond maak en hulle uit hul kuile red.”
q Ek verloën die hand-simbool oor die keel en vernietiging van hoofskap in
bediening of leierskap.
q Ek verloën die eed, “jy sal nie in staat wees om te praat op die
Oordeelsdag nie” of om jouself te verdedig wanneer jy aangekla word nie,
en ek vernietig die vloek van sprakeloosheid en stemloosheid.
q Ek vernietig die krag van die punt van die dolk/swaard/kompas vanaf my
linkerbors en die vloeke en vrees vir hartprobleme wat daarmee gepaard
gaan.
q Ek verloën enige bloedverbond wat bloedlating behels.
q Ek verloën die woorde gesê “ek gaan in as ‘n arme kandidaat wat die lig
soek” en die armoede en geestelike blindheid wat daarop gevolg het.
q Ek verwyder en verbreek die krag van bedelaarsklere met
gepaardgaande armoede en vernedering.
q Ek verloën en vernietig die krag van die kodewoord – “Boas” en die 1e
graad handskud met sy gepaardgaande vloek van hoogmoed en siekte.
q Ek vernietig die krag van die soen op die Messelaars bybel en buiging by
‘n Messelaars altaar, waardeur ek gebuig het voor vals gode (Baphomet).
q Ek verwyder en verloën die 1e graad wit voorskoot en vernietig die
vloeke van siektes, veral in die enkels, knieë en heupe van vroue.
q Ek verloën alle oorgawe en onderworpenheid aan, en vernietig die
krag van “Die Groot Argitek van die Heelal” en die vals gode en afgodery
van Vrymesselary in my lewe.
q Ek verloën en verbreek die vloek van Messelaars valse eenheid en
Messelaars salwing met olie.


LEIER - isoleer alle 3e graad geeste en daarvandaan op

Kameraad Gilde Graad [Fellow Craft Degree] (2e Graad)


KANDIDAAT


q Ek verloën die eed: “... dat my linkerbors oopgeskeur sal word en my
hart uitgepluk en aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die
veld gevoer sal word”.
q Ek verwyder die blinddoek van die 2e graad en die hangtou vanaf my
regter arm/skouer, met sy vloeke van siekte.
q Ek maak myself los van die vrees vir die dolk/swaard/kompas op my
regterbors.
q Ek verwyder die 2e graad se bedelaarsklere en sy vloek van armoede en
vernedering.
q Ek vernietig die mag van die 2e graad se handgreep en die teken en
kodewoorde – “Jachin” en “Shibboleth”.
q Ek vra God vir reiniging van die aanraking/soen van die Vrymesselaars
bybel, en die 2e graad voorwerpe en werktuie.
q Ek verwyder die 2e graad se voorskoot en verbreek die mag van sy
vloeke.
q Ek vernietig die mag van die “Groot Argitek van die Heelal” – 2e graad.
q Ek maak myself los van die vloek van die klou op my bors en hart.
q Ek vernietig die mag, en maak myself los van elke vloek en vrees vir
hartaanval en borskanker deur hierdie bloed-eed. Ek vernietig die mag en
maak myself los van die vloek van die dood deur hart- en longsiektes,
bors- en sirkulasie probleme.
q Ek vernietig elke vloek van om in die hart gesteek of geskiet te word,
asook die vloek van voortydige sterfte, van my en my nageslag en ek
maak diegene van my huishouding los tot langslewendheid en geestelike
volwassenheid.
q Ek verloën die kenteken van Kameraad Gilde en alle obsessie met die
verkryging van kennis.
q Ek verloën alle emosionele hardheid, apatie, onverskilligheid, ongeloof,
diep gewortelde woede en hardheid jeens God en geestelike dinge.
q Ek verloën die skietlood van Vrymesselary en vernietig die vloek van vals
Messelaars geregtigheid en reg.


LEIER – isoleer alle vierde graad geeste en daarvandaan op

 

MEESTER MESSELAARSGRAAD [MASTER MASON DEGREE]  (3e Graad)


KANDIDAAT


q Ek verloën die eed: “... dat my liggaam in twee gesny sal word, my
ingewande uitgeskeur en tot as verbrand sal word, en die as verstrooi sal
word in die vier winde van die aarde sodat daar geen herinnering meer sal
wees aan so ‘n lae ellendeling nie”.
q Ek verloën alle ooreenkomste met die Gees van die Dood.
q Ek maak myself los van maag- en reproduktiewe orgaan probleme,
kolitis en om altyd oor die hoof gesien te word.
q Ek verloën vals nederigheid, die vals vallei van die skadu van die dood,
die vals opstanding, die penale teken, die kleed en kap en alle oorgawe
van die wil aan satan van die 3e graad.
q Ek verloën en verbreek elke effek op my lewe van 2 swaarde wat teen
die niere of middel geplaas is.
q Ek verwyder die blinddoek en kabeltou van die 3e graad en vernietig
vloeke of asemhalaings probleme en geestelike binding.
q Ek verwyder die 3e graad se bedelaars klere en sy vloeke en die 3e
graad voorskoot en sy vloeke.
q Ek vernietig vrees vir kompaspunte teen beide borste.
q Ek verloën die belastering dat satan die “allerhoogste” is.
q Ek verklaar dat Jesus Christus die Here oor alles is.
q Ek maak myself los van alle vloeke van okkulte besering, ongelukke,
frats ongelukke, besering en dood, die vrees vir dood, vals martelaarskap
en alle verkragting en vrees vir verkragting, aanval of aanslag.
q Ek verloën die demoniese name/wagwoorde Ma Ha Bone en Ma cha ben
wat beteken om afgebring of onder gebring te word. Ek verbreek
hierdie vloek oor my lewe en nageslag in die Naam van die Here Jesus
Christus.
q Ek verloën die 3 Vrymesselaars houe teen die kop en maak myself en my
familie los van die vloek van vrees vir skurke, skeelhoofpyne, hoofpyne,
verlies van sig, blindheid, kopbeserings en breinskade, aneurismes,
beroertes en bloedings. In die Naam van Jesus Christus verklaar ek
dat ek nie sal sterf a.g.v. houe teen die kop nie.
q Ek vernietig die mag van die “Groot Argitek van die Heelal” oor my lewe.
q Ek vernietig die mag van die kamma dood en opstanding van Hiram
Abiff.
q Ek verloën die Messelaars vals christus en redder, Hiram Abiff
- die vals dood en opstanding van Hiram Abiff
- die vals evangelie en offerbloed van Hiram Abiff
- die rituele dood en moord van Hiram Abiff
q Ek verloën alle bloed ede geneem deur myself of my voorvaders en ek
kanselleer alle verbonde met die dood deur die krag van die Bloed van
Jesus Christus.
q Ek vernietig die mag van die ‘verlore woord’ vir God – “Jah bul on”.
q Ek verloën die soeke na die “Meester se woord”. Ek verklaar dat die
Woord van God nie verlore is nie, maar algeheel geopenbaar in die Here
Jesus Christus.
q Ek verloën die Vrymesselaars doodskis en maak myself los van die vloek
van die dood – ek verwyder dit van my liggaam, huwelik, kinders, beroep,
eiendom en verhoudings.
q Ek verloën die skedel en bene op die Messelaars doodskis en enige
aantrekkingskrag daartoe, en ek maak myself los van die dood deur
selfmoord, anoreksia, ongelukke, neem van risiko’s en dood deur ophang.
q Ek verloën adrenalien verslawing wat flirtasie met die dood veroorsaak,
en vernietig die vloek van die dood en moord wat opgeroep word deur
bloed ede, uitgevoerde rituele moord, en die inklim in ‘n Messelaars
doodskis.

q Ek vernietig die vloeke van ingewandskanker, maagkanker en dood en
ongelukke met betrekking tot vuur.
q Ek verloën Vrymesselary se vals lig, engel van die lig, vals seuns van lig,
en ek verklaar dat ek wandel in die Lig van die Here Jesus Christus
volgens 1 Joh. 1:5-7.
q Ek maak myself los van alle nagemaakte lyding, pyn en vals
martelaarskap a.g.v. Vrymesselary ede. Ek sny alle kameraadskap met
die lyding van ‘n vrymesselary kruis af.
q Ek verloën die 9-koppige slang Hydra en sy krag en vals lig
· die stem van Hydra en die vloek en gees van ‘n medium
· die waarsêery van die Meester Messelaar
· die vals koning van die hemele, vals vader en vals seun.
q Ek vernietig die vloek dat God die Vader ‘n streng regter is, asook ‘n vals
Messelaars plig.
q Ek vernietig die krag van enige oorblywende Blou Losie geeste (trots,
geheimhouding, misleiding, broederskap, lojaliteit, sterkman oor die Blou
Losie).
Wanneer jy deur die Blou Losie is en ‘n Meester Messelaar geword het, het
jy die keuse om op te gaan deur die vlakke van Vrymesselary d.m.v. die
Skotse (32 vlakke) of York Rite (10 vlakke).

SKOTSE RITE GEBEDE


Let wel: Elke graad het ‘n patroon, en met elkeen moet jy die volgende
doen:
· Verbreek die krag van die ritueel
· Verwyder alle klere, hoofbedekkings, skoene
· Verbreek alle ede geneem en teen-vloeke
· Verbreek die krag van die handdruk (hoogmoed, beheer)
· Verloën die valse gode (verbreek hul mag)
· Verbreek die mag van die kodewoord en teken woord
· Verbreek die mag van woorde, verstandsbeheer, hoogmoed.


Dit blyk nie nodig om in detail in te gaan in alle hoër grade nie, alhoewel dit vir spesifieke individue nodig mag wees dat ‘n spesifieke graad in detail behandel moet word.


LEIER – soos voorheen, isoleer alle 15e graad en daaropvolgende geeste


LOSIE VAN VOLMAAKTHEID (4e tot 14e grade) [Lodge of Perfection]


KANDIDAAT


q Ek verloën en vernietig die mag van die Losie van Volmaaktheid en al
sy rituele, klere, ede, kodewoorde, teken woorde en handdrukke.
q Ek verloën die vals god Jabulon (Kombinasie van Jehova, Baal, Osiris).


GEHEIME MEESTER (4e graad) [Secret Master]


q Ek verloën die geheime woord Adonai – (verteenwoordig ‘n vals god).
q Ek verloën die nagemaakte ligkandelaar, die Messelaars slang en
aanbidding van die Phallus.


VOLMAAKTE MEESTER (5e graad) [Perfect Master]


q Ek verloën die geheime woord “Acacia, Jehova, Ma Ha Bone” –
(verteenwoordig ‘n vals god).


INTIEME SEKRETARIS (6e graad) [Intimate Secretary]


q Ek verloën die geheime woord “Jehovah” – (verteenwoordig ‘n vals god).


OPSIENER & REGTER (7e graad) [Provost & Judge]


q Ek verloën die Geregshof va n Vrymesselary en vernietig die mag van
die Messelaars hofsaak en die verloor van ‘n hofsaak a.g.v. Messelaars
onreg.
q Ek verloën die eed: “Ek sal onteer word en my lewe sal verpand word,
met pyn en lyding.”
q Ek verloën en vernietig die vloek dat my neus afgesny sal word.
q Ek verloën die geheime woord Hirum – TITO-CIVI-KY.
q Ek verloën die vloek van pyn, marteling en oneer oor elke funksie van my
lewe, in my werksplek, my reputasie, by my kinders en in alle
verhoudings.
q Ek vernietig die vloek van om ontslaan te word, weggewys of onwaardig
uitgewerp te word. Ek vernietig die vloek van verbanning.
q Ek verloën die Messelaars eed van “om wraak toe te pas op verraaiers”,
en vernietig alle geeste van wraak oor alle verhoudings in my lewe.
q Ek verklaar die belofte volgens Jer. 30:17:
17”Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou
wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die
verjaagde. ......niemand vra na haar nie.”


OPSIGTER VAN DIE GEBOU (8e graad) [Intendant of the Building]


q Ek verloën die eed: “...onder straf van al my vorige verpligtinge, behalwe
dié van dat my liggaam in twee gesny sal word en my ingewande
uitgeskeur sal word ....”
q Ek verloën die wagwoord Akar-Jai-Jah.
q Ek verloën en vernietig die vals doktrine van volmaaktheid.


MEESTER VAN NEGE (9e graad) [Master of Nine]


q Ek verloën die eed: “...ek onderwerp my daaraan om te sterf deur die
vergeldende wapen (dolk), wat aan my gegee sal word as ‘n eerbare merk
van hierdie orde ....”
q Ek vernietig die Messelaars vloek van weerwraak, moord en dood vanaf
my geslagslyn. Ek vernietig die vloek om doodgesteek te word, fisies,
emosioneel, verstandelik of geestelik.

 

MEESTER UITVERKORENE UIT VYFTIEN (10e graad) [Master Elect of Fifteen]


q Ek verloën die eed: “.... dat my liggaam vertikaal oopgesny sal word en
vir agt ure aan die ope lug blootgestel sal word, dat die giftige vlieë aan
my ingewande sal eet, dat my kop afgekap sal word en op die hoogste
spits ter wêreld geplaas sal word, en dat ek altyd gereed sal wees om
hierdie selfde straf toe te pas op diegene wat hierdie graad sal verraai ....”
q Ek vernietig die vloek van geweld en dood oor my liggaam, en die eed
geneem op Messelaars wraak op diegene wat Vrymesselary se geheime
verklap.
q Ek verloën die geheime woord Elignam.


VERHEWE RIDDER VAN DIE TWAALF – (11e graad) [Sublime Knight of the Twelve]


q Ek verloën die eed: “...dat my liggaam in twee gesny sal word, my
geheue verlore sal gaan en daar op my neergesien sal word as skandalig
en afgesweer. So help my God en sy Heilige Evangeliste ....”
q Ek vernietig die vloek dat my liggaam en hand in twee gesny sal word en
verlies aan geheue en reputasie.
q Ek verloën die geheime woord Stolkin-Adonai.


GROOT MEESTER ARGITEK (12e graad) [Grand Master Architect]


q Ek verloën die eed: “...dat my liggaam in twee gesny sal word, my
geheue verlore sal gaan en daar op my neergesien sal word as skandalig
en afgesweer. Verder belowe ek en gee ek toestemming dat my naam in
rooi letters geskryf mag word en opgehang kan word in die Kapittelhuis as
‘n teken van skande ....”
q Ek verloën en vernietig die Messelaars werktuie van die argitek en
boupatroon oor my lewe. Ek verklaar dat my lewe gebou sal wees op die
fondasies van die Here Jesus Christus.
q Ek verloën die geheime woord Rab-banaim.


KONINKLIKE AARTS VAN HENOG OF MEESTER VAN DIE NEGENDE AARTS VAN SALOMO (13e graad)

[Royal Arch of Enoch or Master of the Ninth Arch of Solomon]


q Ek verloën die eed: “...stem toe om alle gevolge te dra van my vorige
verpligtinge, dat my liggaam blootgelê sal word as voedsel vir die wrede
wilde diere. Ek is verbind aan die orde vir ewig, ten koste van my eie
lewe.”
q Ek vernietig die vloek dat my liggaam aan die wilde diere gevoer sal word
en dat my lewe in doodsgevaar is.
q Ek verloën die wagwoord EK IS wat EK IS, en Jehovah.


HOOF UITVERKORENE, VOLMAAKTE EN VERHEWE MESSELAAR OF VOLMAAKTE ELU (14e graad)
[Grand Elect, Perfect and Sublime Mason or Perfect Elu]


q Ek verloën die eed: “.... dat my maag oopgesny sal word, my ingewande
uitgeryg sal word en aan die honger aasvoëls gevoer sal word.”
q Ek verloën en vernietig die seël van die Groot Argitek van die Heelal en
die seël van die anti-Chris van my lewe, in die Naam van Jesus Christus.
q Ek verloën en vernietig alle vloeke van dood of siekte vanaf my maag en
ingewande.
q Ek verloën die vloek dat weerwraak uitgevoer sal word op diegene wat
Vrymesselary verloën.
q Ek verloën perfeksionisme.
q Ek verloën die geheime woorde Adonai, Bea Makey, Bemerah, Jehovah
en Jod He Van He (JHVH).


LEIER – isoleer alle 19e graad geeste en daaropvolgendes


REEKS VAN DIE ROSE CROIX [Chapter of the Rose Croix]


KANDIDAAT


q Ek verloën enige ede geneem deur my voorgeslagte of myself en
vernietig die vloeke meegebring deur rituele, klere, ede, wagwoorde,
teken woorde, handdrukke van die Reeks Rose Croix grade (15e tot 18e
grade).


RAAD VAN PRINSE VAN JERUSALEM (15e tot 16e grade)


Ek verloën die ede gesweer deur enige van my voorgeslagte of myself, en
verbreek die mag van vloeke meegebring in die Raad van Prinse van Jerusalem
grade van Vrymesselary in die Naam van Jesus Christus.


RIDDER VAN DIE OOSTE OF SWAARD (15e graad)

 

q Ek verloën die 15e graad se voorskoot en trek dit uit.
q Ek verloën die geheime woord RAPH-0-DOM.
q Ek verloën die valse vegter wat die gebou van die 3e tempel bewaak.
q Ek verloën vegters broederskap en die vals vegtersmantel van die 15e
graad.
q Ek verloën alle eenheid met die Prins van Persië en die wet van beheer,
dominering en die anti-chris.
q Ek verloën die wet van die Mede en Perse wat die plek opneem van die
Lam van God.
q Ek verloën dat ek ‘n ridder is, ingesweer om die swaard van vergelding te
swaai.


PRINS VAN JERUSALEM (16e graad)


q Ek verloën die eed: “Straf om tot naaktheid gestroop te word en dat my
hart deurboor sal word met ‘n steekwapen”.
q Ek verloën en trek die vals vegtersmantel en voorskoot van die 16e
graad van Vrymesselary uit.
q Ek verloën die geheime woord TEBET-ADAR.
q Ek verloën, verbreek en vernietig alle ooreenkoms met die Prins van
Persië en die wet van die Mede en Perse.
q Ek verloën en verbreek die va lse vegter se swaard van vergelding.
q Ek verloën die eed dat ek die Messelaars tempel ten alle koste sal
verdedig, insluitende die ten koste van my eie en my familie se lewens.
q Ek vernietig die vloek van intimidasie wat kom saam met vrees en
gewelddadige dreigemente, asook die vloek van belastering.
q Ek vernietig die vloek van ‘n gebrek aan goddelike openbaring en visie


RIDDERS VAN DIE PELIKAAN & AREND, EN SOEWEREINE PRINS ROSE CROIX VAN HEREDOM (18e graad)
[Knights of the Pelican & Eagle, and Sovereign Prince Rose Croix of Heredom]


q Ek verloën die eed: “...die straf om vir ewig ontneem te wees van die
ware woord, om voortdurend in duisternis te verkeer, terwyl my bloed
gedurig teen my liggaam afloop, om te ly sonder onderbreking onder die
wrede berou in my siel; dat die bitterste gal, gemeng met asyn, my
voortdurende drank sal wees; die skerpste dorings as my kussing en die
dood van die kruis my straf sal voltooi....”
“Aaklighede wat ek al gesien het, sal maar ‘n flou verteenwoordiging wees
van dit wat ek sal ly indien ek die wette verbreek of die verpligting wat ek
onderneem het.”
q Ek verloën die mag van al hierdie vloeke en vernietig die vloek dat ek
emosioneel en fisies verniel sal word my lewe lank.
q Ek vernietig die vloek van slaaploosheid en geen rus, en die finale straf
van ‘n nagemaakte kruis.
q Ek verloën en vernietig die mag van die Reeks Rose Croix, en verklaar
dat ek geheel en al uitkom uit die kerker van die dood van die Rose Croix.
q Ek verloën die leuen van volmaaktheid en selfregverdiging in die 18e
graad.
q Ek verloën die okkultiese smeltvuur van die Rose Croix.
q Ek verloën die geheime woorde IGNE NATURA RENOVATUR INTEGRA
en die brand.
q Ek verloën die stelling dat Jesus Christus se sterwe ‘n “aaklige ramp”
was.
q Ek verloën, verwyder en vernietig die sluier van rou.
q Ek verloën Raphael – die geestesleier van Vrymesselary, en verbreek sy
mag en verklaar dat ek slegs deur die Heilige Gees van God gelei sal
word.
q Ek verloën en verwerp die Pelikaanse heksery gees en die okkulte
invloed van die Rosekruisers en die Kabbala agter hierdie graad en die
doelbewuste spotterny van die doktrine van versoening, die verwerping
van die Godheid van Jesus Christus as die Pelikaan sy eie bloed vir sy
kleintjies stort. (Simbool van die 18e graad).
q Ek verloën die spotterny met die lees van Jesaja 53 in hierdie graad en
die opneem van ‘n redders-mentaliteit om ander te help.
q Ek verloën en vernietig die mag van valse nagmaal in die neem van ‘n
beskuitjie, witwyn en sout met die afwesigheid van die gebroke liggaam
van Christus en enige onvermoë om die krag van die Kruis te aanvaar, en
enige gevolglike vloeke hierop.
q Ek verloën die vals nuwe gebod “om mekaar lief te hê” wat in hierdie
graad gegee word en enige gevolglike inter-afhanklikheid. Ek vernietig
die vloek op my familie en maak ware Goddelike liefde vir mekaar los.
q Ek verloën en vernietig die geestelike juk en vloek van onderworpenheid
aan die ede van die 33e graad van Vrymesselary.
q Ek verloën die 18e graad se reukofferaltaar met alle verwysings na die
voorhangsel wat geskeur word en nagemaakte intersessie.
q Ek verloën die spotterny, en verbreek die krag van die verbranding van
die Nuwe Testament met die woorde “dit is volbring”, en ek bevry myself
in die Naam van Jesus Christus van enige oorgedraagde onvermoë om
openbaring te ontvang vanuit die Nuwe Testament of uit die lees van die
Woord van God, asook die onvermoë om die voltooide werk van Jesus
Christus te betree toe hy gesê het, “dit is volbring”.
Let wel: Hierdie graad bespot die sterwe van Jesus Christus aan die Kruis.
Dit poog om die fondasie van die Christelike geloof uit te slaan.
LEIER – isoleer alle 31e graad geeste en wat daarop volg
RAAD VAN KADOSH (19e tot 30e grade)
[Council of Kadosh]
q Ek verloën en vernietig alle vloeke van rituele , die strawwe, klere, ede,
wagwoorde / teken woorde en handdrukke uitgevoer deur my
voorgeslagte of myself, met betrokkenheid in die Raad van Kadosh (19e –
30e grade).
q Ek verloën en vernietig die mag van die vals gode van hierdie grade.


GROOT PONTIFF (19e graad) [Grand Pontiff]


q Ek verloën die Groot Pontiff van die 19e graad.
q Ek verloën en vernietig die vloek van die Messelaars “driemaal magtige”.
q Ek verloën die vloek van die vals Messelaars troon en septer.
q Ek verloën die opneem van die Priesterskap va n Jesus Christus en die
waarsêery wat gebruik is om die priesterskap van satan te verberg.
q Ek verloën die heilige salfolie wat gebruik is, en die verklaring dat die
mens ‘n “priester vir ewig sal word volgens die orde van Melgisedek”. Ek
verloën die vals salwing van die 19e graad.
q Ek verloën Astrologie, die Zodiac en vernietig die vloeke en kragte van
duisternis in astrologie en waarsêery.
q Ek verloën die vals vrug van die gees wat met Vrymesselary kom.
q Ek verloën die vals doktrine van die 19e graad (144,000 en die doktrine
van kultusse).
q Ek verloën die eed van algehele gehoorsaamheid wat lei tot
ongehoorsaamheid aan die God van Israel.
q Ek verloën die 5 geheime woorde/wagwoorde van die 19e graad en hul
bose doel.
· Alleluia
· Prys die Here
· Emmanuel
· Voorspoed
· Amen

 

MEESTER AD VITAM – AGBARE GROOT MEESTER (20e graad)
[Master Ad Vitam – Venerable Grand Master]

(Groot Meester van die Simboliese Losie, Ankenberg)


q Ek verloën die geheime woorde JEKSON/STOLKIN
q Ek verloën die vals waarheid van Vrymesselary, die lig van Lucifer en
okkulte kennis.


PATRIARG NOACHITE OF PRUISIESE RIDDER (21e graad) [Patriarch Noachite or Prussian Knight]


q Ek verloën die geheime woord PELEG.


RIDDER VAN DIE KONINKLIKE BYL of PRINS VAN LIBANUS (22e graad)
[Knight of the Royal Axe or Prince of Libanus]


q Ek verloën die eed: “....straf van blootstelling op die hoogste spits van
Berg Libanus, om daar in treurigheid te vergaan in herhaaldelike
sneeustorms ...”
q Ek verloën die geheime woorde, NOAH, BEZALEEI-SODONIAS.
q Ek verloën en vernietig die mag van die Messelaars byl wat God se volk
afmaai en in totale teenkanting is teen die bou van God se tabernakel.
q Ek verloën die Prins van Libanus of Lebanon.


HOOF VAN DIE TABERNAKEL (23e graad) [Chief of the Tabernacle] 


q Ek verloën die eed: “...geen kleiner straf nie, as dat die aarde sal
oopskeur onder my voete en my lewend sal insluk soos Korag, Datan en
Abiram ....”
q Ek verloën die wagwoord URIEL-JEHOVAH.
q Ek verloën en trek die Messelaars voorskoot van die 23e graad uit.
q Ek verloën die vals mantel van priesterskap.
q Ek verloën die vals vrug van die gees van Vrymesselary, en die
lampstaander van astrologie met sy sewe vertakkings.


PRINS VAN DIE TABERNAKEL (24 e graad) [Prince of the Tabernacle]


q Ek verloën die eed: “... geen kleiner straf nie as dat ek met vuur uit die
hemel verteer sal word, net soos Nadab en Abihu, en dat my as deur die
wind in die lug verstrooi sal word na die vier uithoeke van die aarde. Ook
die straf dat ek tot die dood gestenig sal word, en my liggaam bo-op die
grond gelaat sal word om te verrot...”
q Ek verloën die wagwoord van MOSES-JOHANNES.
q Ek vernietig die vloek van ‘n gebroke hart en alle emosionele
ineenstorting.
q Ek verloën die aanbidding van die okkulte koperslang, en maak myself
los van die dood veroorsaak deur enige giftige slang, letterlike of
geestelik.
q Ek verloën alle vals genesing, en die vals redder Osiris.
q Ek verloën en vernietig die blokkasie om algehele genesing te verkry.


SKOTSE TRINITARIëR of PRINS VAN GENADE (26e graad) [Scottish Trinitarian or Prince of Mercy]


q Ek verloën die eed: “... en sou ek my verpligting nie nakom nie, stem ek
toe dat ek veroordeel, uitgewerp en verag sal word deur die totale heelal;
mag die Opperste Arigtek van die Heelal my lei, bewaak en beskerm om
dit na te kom. Amen.”
q Ek verloën die wagwoord GOMEL, JEHOVAH-JACHIN.
q Ek verloën die vloek van veroordeling en verwerping deur die algehele
Heelal.
q Ek verloën en vernietig die vloek van ‘n drievoudige verbond met die
Groot Argitek van die Heelal.
q Ek verloën en vernietig die vloek van die Egiptiese drie-eenheid.
q Ek verloën die vloek van dat ek ‘n evangelie van Jesus Christus
aangehang het wat vermeng is met die leringe van vals godsdienste.


RIDDER BEVELVOERDER VAN DIE TEMPEL (27 e graad) [Knight Commander of the Temple]


q Ek verloën die eed: “... straf om die ergste straf wat God op my wil
plaas, te ontvang ....”

q Ek verloën die vals vegters mantel van die Teutoniese Ridder en die
swart, tweekoppige arend van vals profetiese bevryding.


RIDDER BEVELVOERDER VAN DIE SON, of PRINS ADEPT (28e graad)
[Knight Commander of the Sun, or Prince Adept]


q Ek verloën die eed: “...mag my broeders my gryp en my tong deurboor
met ‘n rooiwarm yster, my oë uitpluk en my ontneem van reuk of sig, my
hande afsny en my in daardie toestand in die veld laat om verslind te word
deur wreedaardige diere – en indien daar nie is nie, mag die weerlig uit
die hemele my teregstel met dieselfde wraaksug ....”
q Ek verloën die geheime woord van STIBIUM.
q Ek verloën en vernietig die mag van hierdie vloeke – oogbesering,
verlies van sig, verlies van reuksin, verlies van hande of vingers, sterfte
deur weerlig of aanval deur diere.
q Ek verloën die leuen van nie instaat wees om die Woord van God “korrek
te onderskei” nie.
q Ek verloën en vernietig die krag van die 7 engele (demoniese wesens)
wat in die losie geplaas is – Gabriel, Migael, Auriel, Raphael, Zarakhiel,
Tsaphiel en Hamaliel en ek verbreek alle bande met hulle.


GROOT SKOTSE RIDDER VAN ST ANDREW (29e graad) [Grand Scottish Knight of St Andrew]


q Ek verloën die Messelaars dood tot ridderskap.
q Ek verloën die geheime woorde NEKAMAH-FURLAC.
q Ek verloën en vernietig die krag van die woorde “Hulle sê Salah-eddin
moet sterf” en die vloek van vernietiging van my Christelike wandel.


GROOT UITVERKORE RIDDER KADOSH & RIDDER VAN DIE SWART EN WIT AREND (30 e graad)
[Grand Elect Knight Kadosh & Knight of the Black and White Eagle]


q Ek verloën die eed: “...(met punt van die swaard op die hart) .... belowe
om dit te doen, tot die dood toe .....”; “....vir ewig sal Ridder Kadosh vir my
wees asof ons met bloedbande gebind is.” ; “....nou wy ek my toe en
lewer my oor aan skande en minagting, tot die vervloeking en straf van die
Groot Uitverkore Ridder Kadosh indien ek sal faal in hierdie plegtige
belofte ....” . “Ook in hierdie ritueel, “Vergeet nie dat die geringste
oordeelsfout my lewe sal kos ....; .... een stap v erder en jy is aan ons
gebind vir ewig en met die dood strafbaar.”
q Ek vernietig die mag van die Raad van Kadosh in my lewe.
q Ek verloën en vernietig die mag van die geheime woorde – GOLGOTHA,
EMMANUEL, STIBUM ALKABAR, PHARASH-KOH en MELITA.
q Ek verloën die riddersvloek en doodswens van Judas dat sy kop moet
afgekap word en op die spits van ‘n kerktoring geplaas moet word.
q Ek sny elke ongoddelike sielsband met die skedel wat in hierdie graad
gebruik is.
q Ek verloën die leer van redenasie, en sy sewe trappe van: wetenskap,
sterrekunde, musiek, meetkunde, rekenkunde, logika en welsprekendheid.
Ek verklaar dood oor ‘n gees van humanisme.
q Ek maak die gees van openbaring los oor myself en my familie.
q Ek verloën en vernietig die vloek van die doodstraf.


KONSISTORIE VAN VERHEWE PRINSE VAN DIE KONINKLIKE GEHEIM (31e tot 33e grade)
[Consistory of Sublime Princes of the Royal Secret]


q Ek verloën en vernietig die vloeke aangebring deur my of my
voorgeslagte deur die rituele, klere, ede, wagwoorde, teken woorde en
handdruikke van die Konsistorie van Verhewe Prinse van die Koninklike
Geheime grade van Vrymesselary in die 31e tot 33e grade.
q Ek verloën die vals gode Ahura Mazda (Persiese god)
AUM van die Hindoes (Brahma, Vishnu,
Shiva – Hindoe drie-eenheid)
Lucifer
Artimas of Diana (godin moeder)


GROOT INSPEKTEUR REGTER BEVELVOERDER (31e graad) [Grand Inspector Inquisitor Commander]


q Ek verloën die eed: “...gee myself oor aan die misnoë van my broeders
en hul geregverdigde en vreeslike woede wat op my onbeskermde hoof
sal afkom indien ek gewilliglik of deur onverskilligheid hierdie plegtige eed
en verpligting nie sou nakom nie ....”
q Ek verloën al die gode en godinne van Egipte, insluitende Anubis
(ramskop), Aten, Re, Ra en Osiris (songode) en Isis (maan godin), Diana
of Artemas (moeder godin).
q Ek verloën die Siel van Cheres, die vals simbool van onsterflikheid, die
kerker van die dood en die vals lering van reinkarnasie.
q Ek verloën en vernietig die vloek van:
- die Messelaars regbank en hofsaak.
- Messelaars wettisisme en vals belydenis
- Om geoordeel te word deur die goddelose


VERHEWE PRINS VAN DIE KONINKLIKE GEHEIM (32e graad) [Sublime Prince of the Royal Secret]


q Ek verloën die eed: “Dat u seker mag wees dat ons almal aan u verbind
is met bande so sterk as dié wat u aan ons verbind, kniel by ons altaar, lê
u hande en swaard op die boek van konstitusies en herhaal my woorde
....”
q Ek verloën die 32e graad van Vrymesselary en die godheid van AHURAMAZDA
en die vals Trinitariër godheid AUM met sy 3 dele – Brahma,
Vishnu en Shiva.
q Ek verloën die geheime woorde PHAAL, PHARASH-KOL, AHURA
MAZDA.
q Ek verloën en vernietig die Messelaars verbond met dood en die vloek
van vergiftiging, veral my reputasie en verhoudings.
q Ek verloën die eed geneem dat “die wyn in gif sal verander” en die
drink uit ‘n mense skedel.
q Ek verloën en vernietig die vloek van towery en dwelmgebruik oor my
lewe en dié van my nageslag, die mag van dwelmverslawing, chemiese
oordoserings en dood deur oordosis van dwelms.


GROOT SOEWEREINE INSPEKTEUR GENERAAL (33e graad) [Grand Sovereign Inspector General]
(‘n Eervolle Aktiewe Graad)


q Ek verloën die eed: “...en sou ek bewustelik en gewillig oortree, mag
hierdie wyn wat ek nou drink (uit mense skedel!!!), ‘n dodelik gif word vir
my, soos die giftige kerwelsap wat deur Sokrates gedrink is. En mag
hierdie koue arms my vir ewig omvou (‘n geraamte se arms word rondom
die kandidaat gedrapeer)” “...strawwe wat ek uit my eie, vrye wil op
myself plaas; naamlik dat ek onteer sal word tussen my medemens om
die mees wrede berou van die siel te ly. En mag God die straf wat bedoel
is vir meinediges en diesulkes wat hul beloftes nie nakom teenoor hom
nie, op my hoof laat neerkom....”
q Ek verloën en vernietig die krag van Lucifer en die Konsistorie oor my.
q Ek verloën die geheime woorde: DEMOLAY-HIRAM ABIFF, FREDERIK
VAN PRUISE, MICHA, MACHA, BEALIM EN ADONAI.
q Ek verloën die doodswens en dood a.g.v. vergiftiging.
q Ek verloën en verwyder die mantels van heksery, en die verklaring dat
Lucifer God is.
q Ek verloën en kanselleer die vloek van die 33e graad kabeltou.
q Ek verloën die 3 skandalige sluipmoordenaars van die Groot Meester –
wet, eiendom en godsdiens, en waarvoor hulle staan – gierigheid, heksery
en poging om te beheer en te manipuleer.
q Ek verloën die woorde “’n driekantige lem om die oogbal te deursteek”,
en ek vernietig alle vloeke op die oë wat behels ongelukke, progressiewe
of algehele blindheid, katarakte, oogsiektes, oogpyn en onnatuurlike
verlies aan sig wat op enige manier gekoppel is aan hierdie bloed eed. Ek
verklaar dat Jesaja 32:3 my deel is, 3”Dan sal nie meer verblind wees die
oë van die wat sien nie...”.
Ook Jeremia 30:17, 17”Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en
jou van jou wonde gesond maak....”.
SHRINERS
q Ek verloën die Shiners eed: “...ek belowe, sweer en neem ‘n eed op
hierdie bybel en op die geheimsinnige legende van die Koran en sy
toewyding aan die Mohammedaanse geloof... dat die gewillige oortreding
hiervan, ek myself die gevreesde straf op die hals sal haal dat my
oogballe deursteek sal word tot in die kern met ‘n driekantige lem, my
voete afgeslag sal word, en ek gedwing sal word om op die warm sand
van die steriele oewers van die Rooisee te stap totdat die vlammende son
my sal neervel met ‘n dodelike plaag, en mag Allah, die god van Arab,
Moslem en Mohammedaan, die god van ons vaders, my ondersteun tot
die algehele vervulling hiervan, Amen, Amen, Amen.
q Ek verloën die ede geneem deur my voorgeslagte of myself en die vloeke
en strawwe betrokke in die Oeroue Arabiese Orde van die Edeles van die
Mistieke tempel.
q Ek verloën die vloeke van waansin.
q Ek vernietig alle vloeke van siektes in die Naam van Jesus Christus.
q Ek verloën die vloek van die deursteek van die oogbal met ‘n driekantige
lem.
q Ek verloën en vernietig die krag van die 33e graad Messelaarsring
(gemaak uit 3 bande en dikwels geset met 3 diamante.)

 

DEEL 3

 

Vrymesselary -Alles wat ‘n Christen behoort te weet.

bottom of page