top of page

7 Jaar Verdrag met die Antichris

Die Bybel vertel ons dat kort op die hakke van die Gog en Magog Oorlog, die Antichris ‘n 7 jarige verdrag sal sluit met Israel en vele ander lande. Die oomblik dat die laaste handtekening vir hierdie verdrag op papier is, begin die sewe jaar van “Groot Verdrukking”.

Op hierdie stadium is die “Kerk” nie meer op aarde nie. Of hierdie wegraping voor of net na die oorlog is, weet ek nie, maar die “Kerk” sal beslis nie meer op aarde wees wanneer die verdrag gesluit word nie.

Wanneer ons ‘n stopteken in ‘n voertuig nader, word die letters daarop duideliker namate ons nader kom, totdat ons dit kan lees.  Net so is die tyd van hierdie verdrag vinning besig om nader te snel. Ons kan begin om ‘n gedagte te vorm oor hoe en wat hierdie verdrag gaan behels.

Tradisioneel praat ons van hierdie verdrag as ‘n Vredes Verdrag. Daniel 9:27.  Alhoewel nie ‘n volledige

beskrywing, gee ons wel die beste prentjie hiervan.

Daniel 9

27 En hy sal een week lank met baie ’n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ’n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Die Bybel stel dat dit “‘n sterk verbond met baie sal wees”. Die vraag is of dit ‘n vredes verbond sal wees?

Dit mag wel wees. Sou dit wel ‘n vredes verdrag wees, sal die nie wees om Israel teen die wêreld en die EU te beskerm nie, maar eerder om die wêreld en EU teen Israel te beskerm. Met die fenominale oorwinnings deur die Israelitiese weermag (Psalm 83 Oorlog) en Godlike toetreding (Gog en Magog Oorlog) sal die wêreld Israel vrees en sal die EU nie Israel wil aanvat in ‘n oorlog nie.



Net om die geheue te verfris. Israel is sekerlik nou een van die rykste lande ter wêreld en oefen beheer uit oor die grootste reserwes van olie en gas. Almal sal afhanklik wees van Israel vir hulle voortbestaan. Ja, Israel dikteer vir die wêreld. Almal sal dus Israel haat maar ook vrees. Nou kom die Antichris op die voorgrond en beding hy hierdie verdrag om wêreld ekonomië te red van ‘n wurgende tekort aan olie en gas. Hy sal heel moontlik ook op aandrang van Israel, nie-aanvals verdrae met die wêreld sluit met die wortel van oorvloedige lewering van olie en gas teen baie laer pryse. Almal sal dit moet aanvaar, al is dit teensinnig.



Daar is ook nog ‘n verdere moontlikheid wat nou baie sterk na vore kom.  Israel mag moontlik ‘n offer ontvang om deel te word van die EU. Op hierdie stadium is daar geluide daartoe, maar te veel lande is daarteen; maar wanneer Israel die absolute hef in die hand het, sal dit ‘n politieke magspel loslaat waar dit olie vir mag verkwansel. Hoe meer Israel die politieke oorhand kry, hoe meer word hulle gehaat.



Al die tekens is daar.



In die nabye toekoms sal die Antichris aan die hoof staan van die EU. ‘n Wêreld regering begin posvat random die EU met die 10 wêreld streke. Die EU sal die setel van die mag en ook die hoof streek van die nuwe wêreld orde wees.



Dit is baie belangrik om in gedagte te hou dat Israel op hierdie stadium geensins nodig het om so ‘n vredes verdrag te moet aangaan nie. Israel sal op hierdie stadium so magtig wees dat geen land of nasie ter wêreld dit sal waag om teen haar op te staan en aan te val nie. Onder hierdie omstandighede sal die enigste rede vir hierdie verdrag wees om eerder te verhoed dat Israel die EU sal aanval. Nie andersom nie.



Wat onverstaanbaar is, is dat nie in een van die oorloë wat in die laaste 64 jaar geveg is, Israel die aggressor was nie. Hulle is elke keer aangeval en het in selfverdediging opgetree. Tog word hulle die skuld gegee daarvoor.



Die Antichris moet iets vir Israel kan offer wat hulle begeer en onder geen ander omstandighede kan bekom nie. Dit sal polities en nie militêr wees nie. Wat kan dit wees?



Wat is dit wat Israel na smag en met al hulle dominansie nie het nie?



Erkenning van hulle bestaanreg in die wêreld en aanvaarding as deel van die wêreld gemeenskap.

Kyk ons na vandag se gevoelens teen Israel, is hulle nêrens welkom nie. Selfs Amerika is besig om sy rug op Israel te draai. Hierdie landjie wat in alle regverdigheid so ‘n baie klein grondgebied het, is die middelpunt van die hele wêreld se aandag.  Sover ek weet is dit omtrent 3% van die Arabierse lande. Ek is onder korreksie hieroor en sal waardeer indien iemand my die korrekte persentasie kan gee.

Sagaria 12 het hierdie situasie lank gelede voorspel



3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ’n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.

Weer eens wil ek ‘n beroep op ons regering doen om nie teen Israel te draai nie. Die dag kom vinnig nader dat God sy volk sal red van Islam.

Verder stel God die verdrag met die Antichris as volg in Jesaja 28
 

14 Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!
15 Omdat julle sê: Ons het ’n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ’n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek .

Dat hierdie net ‘n vredes of ‘n nie-aanvals verdrag is, maak nie sin nie. Sou ons weer na Jesaja 28:14 kyk,  sien ons dat Israel of a) op ‘n manier van hulle selfbeskikking aan die EU afgee of b) self deel word van die EU.

Terwyl God hulle so pas van uitwissing gered het, draai Israel weer eens hul rug op God en plaas hulle vertroue in ‘n mens. Ek glo dat die herbou van die Tempel ook deel van die verdrag sal wees.

Dus, Israel sluit hierdie verdrag en so verkry hulle valse erkenning van bestaansreg en die toestemming van die wêreld om hulle Tempel te herbou. Dit is die twee grootste smagtinge van Israel. Met die verdrag, so glo hulle, word albei hierdie drome bewaarheid.



‘n Voorwaarde van hierdie verdrag van die Antichris sien ons in Daniel 11



45 En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.

(Daniel 11 handel grootliks oor die Antichris. Lees dit gerus vir agtergrond tov vers 45)

Hierdie teks word vertolk dat die Antichris sy wêreld parlement verskuif na Jerusalem.

Terwyl hierdie parlementêre verskuiwing nie absolute bewys is dat Israel deel gaan word van die EU nie, is dit wel ‘n baie sterk leidraad daarvoor. Die hoofstad van ‘n ryk behoort sekerlik binne sy grense te wees. Stel jou voor, Amerika se hoofstad is in Frankryk. Maak nie sin nie né?

Hoekom is die tydperk sewe jaar?

Die natuurlike vraag is dat indien Israel wel by die EU aansluit, hoekom is die verdrag 7 jaar?

Volgens die EU handves moet ‘n land wat appliseer vir lidmaatskap gewoonlik ‘n Assosiasie Ooreenkoms teken. Dit is om die aansoeker die tyd en geleentheid te bied om hulself voor te berei vir volle lidmaatskap. Meeste lande voldoen nie aan die EU vereistes nie en het hulle soms jare nodig om in lyn te kom met riglyne om te kan inpas by bestaande lede.

‘n Assosiasie Ooreenkoms is die eerste stap daartoe.



So, dit is heel moontlik dat die 7 jaar verdrag ‘n Assosiasie Ooreenkoms of verdrag mag wees en wat deur God genoem word; “verbond met die dood”.

 

Dit is wel moontlik dat die “verbond met die dood” wel ‘n vredes verdrag tussen die Antichris/EU en Israel mag wees, maar daar is heelwat Bybelse inligting sowel as huidige gebeure wat eerder wys dat die “verbond met die dood” eerder Israel se aanvaarding van lidmaatskap van die EU sal wees.

Soos ons kan sien in die fotos hierbo, is die voelers klaar uitgesteek na Israel om te kyk wat die reaksie sal wees.

Die bloudruk vir die opkoms en openbaring van die Antichris is al baie jare gelede opgestel. Wat hierdie mense nie besef nie, is dat dit slegs tot uitvoer sal kom wanneer God so besluit.



Laastens, die tyd kom gewis baie vinnig nader. Van wetenskaplikes, godsdienstiges en gelowiges weet almal dat die wêreld geen kans het op oorlewing nie.



 

Hoogmoed en ydelheid het posgevat. Dieselfde eienskappe wat Lucifer in Satan laat verander het.

bottom of page