top of page

Wie is 'n Christen

  

In vandag se tyd en wêreld waarin ons lewe, het dit hoog mode geword om vas en los te verwys na almal wat sê “ek weet van Jesus”, as ‘n christen. Daar is ook gelowe waar Jesus geen totale verlossings rol speel nie maar noem hulle hul self ook Christene. Christian Science, Jehova Getueies, Mormone, Katolieke. Daar is nog vele meer.



So word daar dan vandag baie aanklagtes teen die sogenaamde Christendom gemaak deur ander gelowe , dierbare opregte mense,  sowel as elke janrap en sy maat.



Is die werklike Christendom heeltemal onskuldig? Nee. Maar wil dadelik by sê dat die oorheersende aanklagte valslik voor die deur van Christene gelê word.



Maar wat van die vervolging van die Kerk van Rome deur die eeue, sal jy vra? Dit is juis hieroor dat ek die dringende noodsaaklikheid voel om hierdie saak te ondersoek.



Paulus sê in Galasiërs 1 



6 EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe,
7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
8 Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!
9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!


Verder sê Paulus in 2 Korintiërs 11



3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
4 Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

Wat bedoel Paulus met die laaste woorde “laat julle jul dit goed geval”? Hy bedoel dat ons dit vir soetkoek opëet Hy kla ons eintlik aan.



Verder word ons gewaarsku dat nie net sal valse leerstellings verkondig word nie, maar ook dat die ware Jesus subtiel deur ‘n ander Jesus voorgehou en vervang sal word en mense sal daarvoor val. Ja self die kinders van die Here.



Matteus 24



24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

So wie is dan ‘n Christen?

‘n Christen is ‘n volgeling van die enigste ware Jesus.

Nou kom ons by die kern van die saak. Daar is baie Jesusse en baie Christusse. So wie dan is die Jesus Christus wat die Rots is waarop Hy Sy kerk gebou het? Wie is die Jesus Christus wie ons volg om die benaming van “Christen” te mag gebruik?



Dit is die Jesus wat vir ons geopenbaar word deur die Woord van God, naamlik die Bybel.



So kom ons kyk wat sê die Bybel wie Jesus is.



1) Jesus is God van ewigheid af.
2) Jesus is God en het vlees geword
3) Jesus is die skepper van alles
4) Jesus was beide God en mens
5) Jesus is die 2de persoon van die Drie-Enige-God
6) Gebore uit die  maagd Maria, oorskadu deur die Heilige Gees
7) Jesus die Seun van God is
8) Hy was die enigste mens wat sondeloos was
9) Dat Hy ons sondes op Hom geneem het
10) Dat Jesus gesterf het aan die kruis op Golgota vir ons sondes en oortredings
11) Dat Hy neergedaal het na die doderyk, die woord van verlossing daar verkondig het
12) Dat Jesus die sleutels van die doderyk by Satan afgeneem het
13) Dat Jesus die dood oorwin het en op die 3de dag uit die graf opgestaan het en dat Hy lewe
14) Dat Jesus opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God die Vader
15) Dat Jesus die Lam van God is en dat aan Hom alleen die oordeel deur die Vader gegee is
16) Dat Jesus se bloed alleen kan reinig van sonde
17) Dat Jesus alleen sonde kan vergewe
18) Dat slegs deur Jesus die mens tot die Vader kan kom.
19) Dat net deur Jesus die mens die ewige lewe kan beërwe
20) Dat Jesus terug kom aarde toe.
21) Dat die wedergeborenes altyd saam met Jesus sal wees wanneer Jesus die Omega is.

1) Jesus is God van ewigheid af.



Johannes 1

1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.



Hier sien ons dat Jesus is die Alfa, die begin. Voor alles was, was die Woord alreeds gewees

2) Jesus is God en het vlees geword

Johannes 1

14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid.

Jesaja 9



5 Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors

3 Jesus is die skepper van alles

Johannes 1



3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Hebreërs 1



1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Kolossense 1

15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

4) Jesus was beide God en mens



Matteus 26



2 Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.

5) Jesus is die 2de persoon van die Drie-Enige-God

Daar is God die Vader
God die Seun
God die Heilige Gees

6) Gebore uit die  maagd Maria, oorskadu deur die Heilige Gees

Matteus 1



23 Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Lukas 1

31 En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

7) Jesus  Seun van God is

Markus 1

1 DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.

Hebreëre 1

8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer;

8) Hy die enigste mens was wat sondeloos was

Hebreërs 4

14 TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
15 Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.


9) Dat Hy ons sondes op Hom geneem het

Hebreêrs 9

14 TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
15 Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.


10) Dat Jesus gesterf het aan die kruis op Golgota vir ons sondes en oortredings

Hebreërs 10

12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

11) Dat Hy neergedaal het na die doderyk, die woord van verlossing daar verkondig het

Efesieë 4

9 Maar dít: Hy het opgevaar - wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.

12) Dat Jesus die sleutels van die doderyk by Satan afgeneem het

Openbaring 1

17 En toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir 18 my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

13) Dat Jesus die dood oorwin het en op die 3de dag uit die graf opgestaan het en dat Hy lewe

Handelinge 4

10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

Romeine 8

34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

14) Dat Jesus opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God die Vader

Romeine 8

34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

Kolossense 3

1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

15) Dat Jesus die Lam van God is en dat aan Hom alleen die oordeel deur die Vader gegee is

Johannes 5

21 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

16) Dat Jesus se bloed alleen kan reinig van sonde (Geen mens kan dit doen nie. Ook nie die Pous nie).

1 Johannes 1

7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Hebreërs 9

12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring.
13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ’n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,
14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

17 Dat Jesus alleen sonde kan vergewe

Kolossense 1

14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

18 Dat slegs deur Jesus die mens tot die Vader kan kom.

Johannes 5

5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

19) Dat net deur Jesus die mens die ewige lewe kan beërwe

Kolosense 1



13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

Efesieërs1

7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

20) Dat Jesus terug kom aarde toe.

Jesus kom terug aarde toe om Sy koninkryk te kom vestig.

21) Dat die wedergeborenes altyd saam met Jesus sal wees wanneer Jesus die Omega is.

En so sal ans altyd saam met Hom wees

Hierdie is die Jesus wie ek ken en dien. Al hierdie ander jesusse is namaaksels. Sou jy my vertel dat Jesus is nie uit ‘n maagd gebore nie, dan is dit nie dieselfde Jesus waarvan ons praat nie. Nie aan die kruis vir my gesterf het nie dan is dit ‘n ander Jesus. Daar is net een ware Jesus en dit is Hy wat deur die Woord van God geidentifiseer word.

Wie is jou Jesus?

bottom of page