top of page

KERKLIKE LEERSTELLINGS

Matteus 7:15 - Maar pas op vir die valse profete wat in skaapklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is



Toets altyd alles aan die Woord van God. Dit is die enigste ware maatstaf wat ons het. Daar is so baie  mense vandag wat voorgee hulle is God se gesante, maar deur die vyand geplaas is om valse inligting deur te gee. Die mees geslaagde metode is om die waarheid net so bietjie te verdraai. 



Satan het nooit ontken dat God Adam en Eva opdrag gegee het aangaande die boom nie, Al wat hy gedoen het is om dit so bietjie aan te pas. "Is dit ook so dat God ...".



Satan versoek selfs vir Jesus in die wildernis. So watter kans het ons teen Satan behalwe die Woord van God.



Net so word die Woord baie male deur predikers subtiel verander en dan word 'n heeltemal ander betekenis daaraan geheg.



Wanneer onseker is oor 'n leerstelling, vra God die Heilige Gees en op Sy tyd sal Hy jou die antwoord gee. Ek het dit al soveel male sonder tal ervaar.

bottom of page