top of page

Hoe Verstaan ek die Drie-enige God

Daar is so baie vrae oor die God wat ons dien. Hoe is dit moontlik om drie te wees en dan te praat van een God?


Ek het lank geworstel met die vraag. Dit was vir my belangrik want ek moes hoor dat ek ‘n drie koppige God dien want die Bybel sê God is een. So baie spotters. Dit is my gebed dat die volgende inligting dieselfde gemoedsrus sal gee as wat ek ervaar het.


Wanneer ons hierdie spesifieke onderwerp bestudeer, moet ons in gedagte hou dat die woord “Drie-eenheid of Drie-enige” nie in die Skrif gebruik word nie. Dit is ‘n term wat gebruik word in ‘n poging om die drie-enige God te beskryf, asook die feit dat daar drie saambestaande en mede-ewige Persone is waaruit God bestaan.


Ons moet egter verstaan dat dit GEENSINS en op enige wyse drie Gode suggereer nie. Die Drie-eenheid is een God wat uit drie Persone bestaan. Daar is niks mee verkeerd om die term “Drie-eenheid” te gebruik nie, selfs al word die woord nie in die Bybel gevind nie. Deur die woord “Drie-eenheid” te gebruik, gebruik ons ‘n korter manier van praat, eerder as om te verwys na “drie saambestaande. mede-ewige persone waaruit een God bestaan


Die God van die Bybel is ‘n “Drie-enige God” – God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hulle bestaan al drie van alle ewigheid af, want die Vader het die wêreld deur die Seun gemaak (Heb. 1:2).


1: Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur       
    die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
2: wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Johannes beskryf die Seun as die Logos, of Die Woord, wat van die begin af bestaan
Johannes 1
1: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2: Hy was in die begin by God.
3: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat  
   ontstaan het nie.



Hy was nie net by God nie, maar was self ook God.


Die derde Persoon is die “ewige Gees” (Heb. 9:14), wat ook as God ‘n ewige selfbestaan het.
14: hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God
    sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te
    dien.

Die drie Persone in die Godheid word só deur Johannes beskryf:


1 Johannes. 5
7: Daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en 
   hierdie drie is een.  

Al drie Persone kan as Here (Heb. Jahweh; Gr. Kurios) en God (Heb. Elohim; Gr. Theos) beskryf en aangespreek word. Paulus het vir Jesus op die pad na Damaskus as Here aangespreek
 

Handelinge 9,
3: En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ’n lig van die hemel af;
4: en hy val op die grond en hoor ’n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
5: En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is
   hard vir jou om teen die prikkels te skop.

en ook na Hom as God verwys
 

Romeine 9
5: aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees - Hy wat oor alles is,
   God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

Die eerste naam vir God wat in die Bybel gebruik word, is Elohim. Hierdie naamwoord word in Hebreeus beide in die enkelvoud én in die meervoudsvorm gebruik, dus dui dit daarop dat die Godheid meervoudig is, maar tóg ‘n saamgestelde eenheid vorm. Dit is drie Persone, Vader, Seun en Heilige Gees, wat saam een, ewige God is. Hierdie begrip blyk duidelik uit die persoonlike voornaamwoorde wat vir Elohim gebruik word. In verband met die skepping van die mens word daar gesê: Genesis 1:26-27
26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle
   heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele
   aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape;    
   man en vrou het Hy hulle geskape.

Hier is al die beweringe gemaak dat God hier met die engele gepraat het toe Hy gesê het dat “Ons” mense maak. Dit is nie geloofwaardig nie want Johannes 1:1-3 is baie duidelik deur wie alles ontstaan het naamlik ”Die Woord”
 

(Joh. 1:1-3).
1: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2: Hy was in die begin by God.
3: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat
   ontstaan het nie.

‘n Baie hartseer onreg wat “Die Woord”/Jesus aangedoen word, is met ons eie mond. Die feit van die Here Jesus se ewige godheid en selfbestaan word in ‘n baie bekende geloofsbelydenis verloën:


“Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van die hemel en aarde, en in Jesus
Christus sy eniggebore Seun...”

 

Die indruk word hierdeur geskep dat God die Vader alleen was toe Hy die aarde geskape het, en dat Jesus eers veel later gegenereer en “as mens” gebore is. Verder word die indruk geskep dat “Die Woord; Logos; Jesus” nêrens by die skeppingswerk betrokke was nie. Beoordeel hierdie verkeerde indruk in die lig van
 

Heb. 1:1-2
1: Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur       
    die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
2: wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het

 

Joh. 1:1-3
1: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2: Hy was in die begin by God.
3: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat
   ontstaan het nie.

Joh1:10-14
10: Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie
   geken nie.
11: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
12: Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God
   te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13: wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit
   God gebore is.
14: En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid 
   aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van
   genade en waarheid.

1 Kor. 8:6
6: tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een
  Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Ef. 3:9
9: en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van
   alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

Kol. 1:16-17
16: want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en   
    onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur
    Hom en tot Hom geskape.
17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

Hieruit is dit baie duidelik dat:  1) Alles deur “Die Woord” geskape is en 2) Dat “Die Woord” Jesus is.

Daar is wel ‘n orde in die drie Persone in God naamlik die onderhorigheid binne die Drie-eenheid. Die Skrif wys ons daarop dat die Heilige Gees onderhorig is aan die Vader en die Seun en die Seun onderhorig aan die Vader. Dit is ‘n interne en intieme verhouding en ontken of bevraagteken nie die goddelikheid van enige Persoon in die Drie-eenheid nie. Dit is eenvoudig net ‘n area waarbinne ons beperkte gemoedere niks omtrent die oneindige God kan verstaan nie.

Kom ons kyk na die werking en take van elk van die Persone:
 

Die Vader is die uiteindelike bron of oorsaak van:
 

1) Die Heelal



1 Korinthiërs 8:6
6: tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een          
   Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

2) Goddelike Openbaring;



Openbaring 1:1
1:Die openbaring van Jesus Christus wat God (Vader) Hom (Jesus) gegee het om aan sy

diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy

dienskneg Johannes te kenne gegee het,
 

3) Verlossing:

Johannes 3:16-17
16: Want so lief het God (Vader) die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, 
    sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
17: Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar 
    dat die wêreld deur Hom gered kan word.

4) Jesus se menslike werke:

Johannes 5:16-26
16: EN hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit
     op die sabbat gedoen het.
17: En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
18 :Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie    
alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met 
God gelykgestel; het.
19 :Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die
   Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat
   Hy doen, dit doen die Seun ook net so.
20 :Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke
   as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
2: Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend
   wie Hy wil.
22: Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun
    gegee, (Wittroon Oordeel)
23: sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie,  
    eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
24: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur
    het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood
    in die lewe.
25: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die dode
    die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
26: Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe
    in Homself te hê.

Die Vader INISIEER al hierdie dinge.


Die Seun is die agent deur wie die Vader die volgende werke doen:
 

1) Die skepping en instandhouding van die Heelal

1 Korinthiërs 8:6
6 :tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een    
  Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Johannes 1:3
3: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat
  ontstaan het nie.

Kolossense 1:16-17
16 :want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en  
   onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur
   Hom en tot Hom geskape.
17: En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

2) Goddelike openbaring:

Johannes 1:1
1:IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Mattheüs 11:27
27: Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die
    Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun
    dit wil openbaar.

Johannes 16:12-15
12: Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.
13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele
    waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy
    spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
14: Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle
   verkondig.
15: Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan
   My behoort, en aan julle verkondig.
16: ’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien,
   omdat Ek na die Vader gaan.

Openbaring 1:1
1:Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te
  toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg
  Johannes te kenne gegee het,

3) Verlossing

2 Korinthiërs 5:19
19: naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul
    misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

Mattheüs 1:21
21: en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van
    hulle sondes sal verlos.

Johannes 4:42
42 :en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het
    self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld,  is

Die Vader doen al hierdie dinge deur die Seun, wat as Sy agent funksioneer.


Die Heilige Gees is die instrument deur wie die Vader die volgende werke doen:

1) Skepping en instandhouding van die Heelal

Genesis 1:2
2:En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Psalm 104:30
30: U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut

2) Goddelike openbaring

Johannes 16:12-15
12: Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.
13 :Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid
   lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die
   toekomstige dinge aan julle verkondig.
14 :Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle
   verkondig.
15 :Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My
   behoort, en aan julle verkondig.



Efesiërs 3:5
5: wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy
   heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees,

2 Petrus 1:21
21 :want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die
   Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

3) Verlossing

Johannes 3:5-6
5 :Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit
  water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6: Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Titus 3:5
5: nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy
   barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing    
   deur die Heilige Gees

1 Petrus 1:2
2: uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees

 

4) Jesus se werke

Jesaja 61:1
1:DIE Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ’n blye
  boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die
  gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides
  opening van die gevangenis

Handelinge 10:38
38 :met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en
   met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag
   van die duiwel was, omdat God met Hom was.

 

Die Vader doen dus al hierdie dinge deur die krag van die Heilige Gees.

Daar is nog soveel wat gesê kan word oor die wonderbaarlike identiteit van ons grote God. Sal ons ooit werklik Sy grootheid kan verstaan terwyl ons nog op aarde is? Ek glo nie. Die naaste wat ek daaraan kon kom , is die grafiese voorstellig hier onder.



Kom ons kyk na die voorstellings.

​

Links is die samestelling van die mens en regs die van God.

Kom ons kyk nou na die voorstelling van “Ek”. Kom ons noem “Ek” Jan.

Jan bestaan uit 3 dele naamlik Gees, Siel en Liggaam.

Sou ek Jan die straat sien afstap,sal ek hom dadelik herken deur na sy gesig en  liggaam te kyk. Nou, is die liggaam alleen dan Jan? Nee, geensins, want wanneer Jan tot sterwe kom en die liggaam tot stof terugkeer, weet ons dat die siel en gees bly voortbestaan.

Hoe baie hoor ons nie die volgende. Sjoe,Jan doen (Sy wil) net wat hy wil en gee nie om (Sy emosies) wat hy aan ander doen nie (Sy intelek). Die drie, wil,emosies en intelek is herkenbaar as Jan en dit is sy siel gedeelte. Dus is daar alreeds die ligaam en siel wat twee is maar ook een is.

Wanneer ons wedergebore word dan herleef ons gees en ons gees getuig dan saam met God se Gees dat ons kinders van God is.

Nou is Jan drie maar ook slegs een. Hy het nie drie koppe nie, ook nie ‘n monster nie, maar is ingevleg in ‘n godelike samehorigheid.

So, indien Jan ‘n drie-enige persoon is, hoekom vind ons dit so moeilik om God as drie-enig te aanvaar en te ervaar? God is dan ons skepper; Hy het ons gemaak.

Ja, God die Vader is die Siel van God, met groot respek gesê. Jesus het vlees geword, dus liggaam en die Heilige Gees is wat God se Krag is.

Genesis 1: En God het gesê: 
26 Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Vers 26 Sê God “Ons” en in vers 27 “Sy”. Meervoud en dan enkelvoud.

God is drie-enig en Hy het ons as drie-enig geskape

Dit is wat so wonderlik is van delf in die Bybel. Daar is soveel skatte en waarhede om te ontdek. Dit is werklik nie nodig om in onkunde te bly nie. Ons het die Helige Gees gekry om ons leermeester te wees.

Soms kom die antwoorde op vrae nie dadelik nie. Ek het lank gewag vir hierdie openbaring, maar ek glo God het die begeerte in my hart gesien oor hierdie aangeleentheid en my op Sy tyd insig gegee. Vra God oor vrae wat jy het en wag geduldig. Dit sal kom.

bottom of page