top of page

DIE SLAGVELD VAN DIE DOOP

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 



 

 

 

 

 

 



 

 



 

 

 

 

As daar een sakrament is wat groot verdeeldheid tussen die kinders van God teweeg bring, dan is dit diè van“Klein of Groot Doop”. Dit is so jammer. Wat deur God ingegee is as ‘n seën, het deur die eeue so’n groot strydpunt geword dat mense met hul lewens betaal het sou hulle hulle nie aan die “Kerklike” weergawe daarvan wou onderwerp nie.

 

 

 

Daar bestaan groot verwarring aangaande die verband tussen “Wedergeboorte” en “Die Doop”. Daar is diegene wat die leer verkondig dat die doop die ordinansie is wat die wedergeboorte bewerkstellig en word deur die doop dus die sakrament wat redding bewerkstellig.

 

 

 

Dit is hierdie siening wat die rede is dat ouers so spoedig moontlik na geboorte hul babas laat doop, want so word geglo, dat sou die baba sterf voor diè gedoop is, is die baba vir ewig verlore.

 

 

 

So wat van die babas wat dan in die Genade Despensasie gesterf het voordat hulle volgens diè leer gedoop is? Is daardie kinders dus nou in die hel? Is ons redding dan nou gekoppel aan die doop? Waar pas Jesus se kruisdood dan in ons redding? Is Jesus se kruisdood dan nie meer voldoende nie?

 

 

 

Wel, Jesus sê in Matteus 19:13-15

 

13 TOE bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf

 

14 Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

 

15 En Hy het hulle die hande opgelê en daarvandaan vertrek.

 

 

 

Let daarop dat Jesus het gesê;”die koninkryk van die hemele” en nie die “koninkryk van God”, wat nog in die toekoms lê nie.

 

 

 

So, Mamma en Pappa, julle wie se baba dalk dood is voor diè gedoop is, weet dat hierdie kosbare baba veilig is by Jesus en indien julle kinders van God is, julle weer eendag jul baba sal sien.

 

 

 

Om ‘n insig te kry oor die onderwerp, is dit noodsaaklik dat ons die Skriftuurlike betekenis verstaan van “Wedergeboorte”en “Die Doop”.

 

 

 

Wedergeboorte is die innerlike ondervinding en die doop is die uiterlike aksie.

 

 

 

Maar kom ons wend ons tot die enigste ware bron van waarheid en kennis naamlik die woord van God.

 

 

 

WEDERGEBOORTE

 

 

 

Maak nie saak hoe die wêreld spot dryf met die term “Wedergeboorte” nie, dit is deur Jesus self beslag gegee.

 

 

 

Johannes 3:3-5

 

 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

 

4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

 

5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

 

 

 

Nikodèmus was ‘n leier in sy gemeenskap,’n Rabbi,’n Skrifgeleerde en ‘n Jood. As ‘n Jood was hy geregtig op al die “geboorte voordele” as ‘n seun van Abraham.

 

 

 

Dit moes dus ‘n groot skok vir hom gewees het toe Jesus die volgende aan hom sê; Johannes 3:5-10

 

 

 

5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

 

6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

 

7Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

 

8Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

 

9 ikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?

 

10Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

 

 

 

So hoekom moet’n mens weer gebore word? – “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees”.

 

 

 

Indien Nikodèmus, met al sy Joodse voordele deur Jesus geleer is van wedergeboorte dan val die leer van die “klein doop het die besnydenis vervang”, weg. Hier moet in gedagte gehou word dat  Nikodèmus besny was soos God se verbond met Abraham. Wanneer Jesus met hom praat dan is dit nie as Jood (Abrahamitiese verbond) nie maar in die nuwe verbond (Nuwe Testament/Genade Despensasie). Dit is hier waar die groot verwarring ontstaan. Dit is twee heeltemal veskillende verbonde. God se verbond met Israel is nog net so geldig vandag as toe Hy die verbond met Abraham gesluit het.

 

 

 

Genesis 17:1-14

 

 

 

 TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

 

2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder.

 

3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:

 

4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ’n menigte van nasies word.

 

5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies.

 

6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

 

7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

 

8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ’n God wees.

 

9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.

 

10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word

 

11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en julle.

 

12 ’n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie

 

13 die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ’n ewige verbond.

 

14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.

 

 

 

 

 

Het die kinderbesprinkeling die Ou Testament besnydenis vervang?

 

 

 

Die doop vervang nie die besnydenis nie. Die besnydenis was ‘n voorspelling van weergeboorte wat in die Nuwe Testament sou kom. Net soos die stukkie vlees deur besnydenis verwyder is in die OT, net so reinig wedergeboorte Christene van die sondige vlees, die besnydenis vind nou aan die hart plaas deur die Heilige Gees.

 

 

 

Kolossense 2:11

 

 

 

11 in wie julle ook besny is met ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

 

 

 

 Kan babas in die NT dan nie deel word van die verbond (gered word deur die doop), soos babas in die OT deur die besnydenis deel geword het van die verbond nie?

 

 

 

Nee, want redding in die NT werk anders as in die OT. In OT is mense gered  (Abrahamitiese verbond) deur fisiese geboorte (deel van Israel), en as teken van hulle redding is hulle as babas besny. In die NT het Johannes die Doper die oorgang van korporatiewe redding (Israel), na individuele redding deur bekering en geloof in Christus aangekondig. Nuwe Testamentiese redding is nie gebaseer op jou fisiese geboorte nie, maar geestelike wedergeboorte, en daarvoor is bekering en geloofsoorgawe nodig.

 

 

 

Dit is wat Jesus aan Nikodèmus verduidelik het.

 

 

 

 In die OT is jy gered omdat jy deel van die Joodse  volk was. In die NT word jy gered omdat jy deel is van Christus deur geloof (nie geboorte nie)!  

 

 

 

Kan babas op grond van hulle ouers se geloof gered word?

 

 

 

Voorstanders hiervan gebruik Hand.16:30-33

 

 

 

30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?

 

31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin

 

32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.

 

33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.

 

 

 

Weer eens wys dit hoe gevaarlik dit is om een teksvers te neem en ‘n leerstelling daarom te bou. ‘n Teksvers moet altyd in volle konteks van tekse voor en daarna geneem word. Hier word verwys na “jy en jou huisgesin”. Dit is wel so en indien daar nie verder gelees word om die volle konteks te verstaan nie, kan so’n afleiding wel gedoen word. Maar kom ons kyk dan verder.

 

 

 

Kyk na vers 32. Daar word gesê,” En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was”.

 

 

 

Niemand is dus outomaties gered nie, maar slegs omdat hulle in Jesus se verlossing geglo en aanvaar het. Het die babas van daardie huis dan ook die woord van God gehoor en dit aanvaar? Nee! Babas is outomaties gered sou hulle sterf. Redding is slegs ter sprake wanneer ‘n kind die ouderdom van geloofsaanspreeklikheid bereik.  

 

 

 

Hoe hierdie verbond van God met Abraham vandag op die kerk van toepassing gemaak word, is net verstommend. Hierdie verbond van besnydenis is net vir Abraham en sy nageslag.

 

 

 

DIE DOOP

 

 

 

Wat is die volgende stap na wedergeboorte? Kom ons kyk nou na die doel en betekenis van die  doop.

 

 

 

Die doop is die uiterlike aksie wat die wedergeboorte of nuwe geboorte simboliseer wat plaasvind omrede ons gered is en nie as ‘n weg tot redding nie. Jesus het die volle prys vir ons redding betaal, eens en vir altyd.

 

 

 

Nou kan met reg gevra word wat bedoel word in Johannes 3:5 “ Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

 

 

 

Hier sê Jesus dan dat al is jy wedergebore en jy is nie gebore uit water nie, jy nog steeds verlore is? Let op die woord “Uit water”. Dit sê nie “In water”. Dit sê ook “gebore” en nie “gedoop”.

 

 

 

Die “Water” waarvan hier gepraat word is nie die water doop nie. In die Bybel word die woord ”Water” gebruik as “Deur die Woord van God”, naamlik Jesus.

 

 

 

1 Petrus 1:23

 

23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

 

 

 

Jesus klaar dit verder op in Johannes 4:14

 

14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

 

 

 

En dan sê Jesus wie die water is in Johannes 6:35

 

35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors.

 

 

 

So, om “Wedergebore” te word, moet Jesus in jou lewe wees.

 

 

 

Daar moet in gedagte gehou word dat die doop slegs vir geredde mense is.

 

 

 

Handelinge 8:35-38

 

35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.

 

36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?

 

37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.

 

38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.

 

 

 

Dit is dus verkeerd om babas te doop. Jesus het nooit ‘n baba gedoop of dit verkondig nie. Wat Jesus wel gedoen het was om hulle hande op te lê en hulle te seën. Dit is wel vir jong kinders reg om gedoop te word wanneer hulle die ouderdom van aanspreeklikheid van hul geloof en dade verstaan en die reddende genade aanvaar.

 

 

 

Wat is die simboliek van die Doop?

 

 

 

Eerstens is dit die simboliek van “Dood”,  en “Opstanding” van Christus.

 

 

 

Romeine 6:3-5

 

 

 

3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

 

4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.

 

5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

 

 

 

Tweedens is dit ‘n puplieke bevestiging dat die “Gelowige” die ou mens afgesterf het en as ‘n nuwe mens in Christus opstaan.

 

 

 

Derdens simboliseer die doop ons dood,  ons begrafnis en ons opstanding saam met Christus.

 

 

 

Van die voorgaande is dit duidelik dat “Wedergeboorte” en “Die Doop” nie dieselfde is nie. Die “Wedergeboorte” is bonatuurlik en kan slegs deur die Heilige Gees gedoen word, terwyl “Die Doop” ‘n uiterlike aksie is wat deur ‘n gesalfde van God gedoen word en bevestig slegs wat alreeds deur“Wedergeboorte” gebeur het.

 

 

 

So daar is geen “Wedergeboorte” of reddende krag wat plaasvind met en by “Die Doop” nie.Nee, alles wat ons nodig het vir “Wedergeboorte” het gebeur op ‘n ruwe kruis op Golgota.

 

 

 

Wat is dan die doel van die doop?

 

 

 

Eerstens is dit weens gehoorsaamheid aan ons Redder

 

 

 

Markus 16:15-16

 

 

 

15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

 

16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

 

 

 

Tweedens weens die feit dat dit die metode is wat voorgeskryf word vir openbare belydenis van jou geloof in Christus.

 

 

 

Handelige 16:32-33

 

32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.

 

33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.

 

 

 

METODE VAN DOOP

 

 

 

Hoeveel water word gebruik om te doop?

 

 

 

 Dit het afgehang van die hoeveelheid water wat beskikbaar was. Gewoonlik is mense onderdompel in riviere, of as daar nie genoeg water was nie, is ‘n bak water oor hulle uit gegooi. Hulle moes eenvoudig so nat moontlik word om die afwassing van sondes te simboliseer.

 

 

 

ONTSTAAN VAN DIE KLEIN DOOP

 

 

 

Die doop prosedure van die eerste 3 eeue het volgens Didagei soos volg gebeur:

 

 

 

 Die persoon is onderrig in die eerste beginsels van die Christelike lewe.   Voor die doop het almal gevas. Mans en vroue is apart nakend gedoop wat bloot gedui het op die feit dat hulle die ou lewe afgelê het. Hulle het ook nie weer die klere teruggekry nie. Dopelinge is 3 keer in die water gedruk in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Hulle het dan nuwe klere aangetrek wat gedui het op die feit dat hulle hulleself nou beklee met Christus. Daarna het almal saam Nagmaal gevier.

 

 

 

So hoe en waar het die klein doop sy ontstaan?

 

 

 

In die 2 en 3de eeue n.C. het die leer van die erfsonde sterk na vore getree en mense het verkeerdelik begin glo dat pasgebore babas hel toe gaan as hulle sterf. Jesus leer in Matteus 19:14 dat die koninkryk van die hemele juis aan kinders behoort! Bekering en straf kom eers ter sprake wanneer ‘n kind die evangelie kan verstaan en daarmee gekonfronteer word. In dié tyd het die praktyk, gegrond op vrees, eerder as die Bybel, ontstaan om babas te doop. Die Roomse Katolieke Kerk het die babadoop beoefen, en uit korrespondensie tussen die hervormers is dit duidelik waarom hulle dit voortgesit het; omdat hulle bang was dat hulle hulle houvas op hulle onkundige lidmate sou verloor indien hulle die babadoop sou prysgee. Solank mense geglo het dat hulle kinders deur die kerk gedoop moet word, het hulle ‘n houvas op mense behou. Hulle was immers in ‘n geweldige, soms letterlike fisiese oorlog met die RKK vir oorlewing! Mettertyd het die hervormers ‘n teologie ontwerp waarin die inhoud van die ou en nuwe verbonde vermeng is om die babadoop te probeer regverdig.  

 

 

 

Die doel van hierdie artikel is nie om een bo die ander te plaas nie maar om jou as leser aan te moedig om op jou eie, verdere ontleding van die Woord te doen en dan jou eie opinie te vorm.

 

 

   

 

 

 

bottom of page