top of page

Oorlog Gog en Magog

Voordat hierdie artikel gelees word, stel ek voor dat jy eers die Oorlog van Psalm 83 lees.

Sleutel gebeure wat die tafel dek vir die Groot Verdrukking



Met die wêreld wat nog steier en gal afgaan oor die gevolge van die Psalm 83 oorlog, hergroepeer Rusland en Iran.

Nadat hulle plan om deur middel van kleiner bondgenote Israel uit te wis, lelik misluk, sluit die twee ‘n nuwe militêre verdrag. Saam sal hulle ‘n nuwe koalisie lei. Die doel sal tweeledig wees: a) Om hulle haat op Israel uit te haal en vir altyd uit te wis en b) om die rykdomme te plunder.



Om die gemoed van die mense op hierdie tydstip enigsins te kan verstaan, moet ons onthou dat die wêreld in ‘n staat van totale skok en woede sal wees oor die onlangse Midde-Oosterse oorlog. Kernwapens word vir die eerste keer sedert Wêreld Oorlog II gebruik en chemise en biologiese wapens maak hul verskyning. Damascus is nie meer daar nie en die Midde-Oosterse kaart het heeltemal verander. Israel beheer ook nou die oorgrote meederheid van grondgebied wat tot voor die oorlog deur ander nasies besit was, wat Israel omring het.



Met die Israelitiese krygsgevangene kampe en die oorneem van vele olievelde in die Midde-Ooste, sal die wêreld nie kan byhou met aanklagte en beledigings teen Israel nie. Brose ekonomie soos die van Amerika en EU mag dalk selfs in duie gestort het weens die drastiese styging in pryse van olie weens die Psalm 83 oorlog . Hier word nie gepraat van klein stygings nie, maar pryse wat drie- viervoudig kan toeneem.



In die aanloop na die moontlike hernude kernoorlog van Gog en Magog, sal daar golwe van paniek en angs deur die wêreld bruis. Wêreld leiers sal naarstigtelik probeer om n uitweg en oplossings te vind vir die situasie. Teen hierdie agtergrond is daar nou petrol stygings wat nog nooit beleef is nie.



Die Wêreld kan nie nog ‘n oorlog bekostig wat die vloei van olie afsluit nie. Ongekende vrees neem besit van die mense en lande namate Wêreld Oorlog III nader snel. Israel word nou van alle kante omring met weer eens geen kans op oorlewing nie. Die wêreld wag in spanning om te sien of Israel uiteindelik van die aangesig van die aarde uitgewis gaan word. Geen van haar vorige bondgenote sal of wil help nie. Israel is alleen. Sal dit die einde van haar wees?



Bogenoemde klink soos ‘n draaiboek uit Hollywood. Nee; hierdie is ‘n draaiboek geskryf deur God vanuit die hemel en aan Sy profete gegee, baie, baie jare gelede.



Alhoewel Psalm 83 oorlog verskriklik gaan wees, is dit slegs ‘n voorspel om die tafel te dek vir hierdie oorlog wat moet kom. Dit baan die weg vir die Antichris.



Net om te wys hoe perfek God se draaiboek is, loop President Mahmoud Ahmedinajad van Iran en verkondig selfs vanaf die verhoog by die Verenigde Nasies dat oorlog moet kom in die Midde-Ooste vir  die 12de Imam om te verskyn.

Later sal ek ‘n artikel hieroor doen.

Dag na dag sien ons in die nuus hoe die stukke op die skaakbord reg geskuif word. Amerika se moontlike nuwe Sekretaris van Verdeding, Chuck Hagel is baie simpatiek teenoor Iran en baie krities teenoor Israel. President Obama is pro Muslim Brotherhood met President Morsie wat onder sy bewind die leisels in Egipte oorgeneem het.

Mubarak wat ‘n groot vriend van die Weste was, is uitgewerp en word daar karakter moord op hom gedoen deur die Illuminati beheerde media.

Lees gerus Esegiël 38 en 39 om die agtergrond te verkry vir hierdie oorlog. Hierdie is nie die Armagedon Oorlog nie.

Dit vind plaas aan die einde van die Sewe Jarige Verdrukking. Gog en Magog vind plaas net voor die Sewe Jarige Verdrukking. Die een oorlog plaas die Antichris aan bewind, die ander beeindig dit.

Kom ons kyk weer na die nasies wat hierdie koalisie sal opmaak:

Magog, Ros – Rusland met vorige republieke

Persië = Iran

Kus = Sudan, Ethiopië

Put = Libië

Gomar, Meshech en Tubal = Turkey en moontlik Duitsland

Beth-togarma = Turkey en Armenië

Dat die Gog en Magog oorlog net voor die Sewe Jarige Verdrukking sal wees, vind ons in Esegiël 38

10 So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n listige plan beraam
11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

Hier word gesê dat Israel in vrede lewe sonder mure wat hulle omring. Dit is baie insiggewend dat God ons hierdie inligting gee, want Israel het onlangs die omstrede Wes-Bank Muur gebou. Dit bestaan uit ‘n netwerk van mure, heinings en voertuig loopgrawe. Ons besef nie aldag dat wat in die Bybel geskryf is daarmee ‘n doel is nie. Nie een woord is oorbodig nie. Wanneer God sê, “geen mure” bedoel Hy geen mure.

Kyk ons na Israel vandag, weet ons dat hulle nie in vrede lewe nie en ook nie sonder mure nie. Verder is daar verdedigings toerusting, naamlik “Iron Domes” opgestel om inkomende vuurpyle te onderskep. Dit word ook so terloops ‘n muur van verdediging genoem.

Nog ‘n skrif gedeelte wat hierdie oorlog net voor die Sewe Jarige verdrukking plaas, vind ons in Esegiël 39

9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.

Die Israeliete sal met die wapentuig van die verslane vyand vuur maak en sal geensins nodig hê om enige hout te gebruik nie, en hier is die leidraad: Vir Sewe Jaar Lank.

Ons weet uit die Bybel dat die Groot Verdrukking sewe jaar sal duur en dan kom Jesus. Dan begin die millinium. Jerusalem sal die wêreld hoofstad wees en sal nie nodig hê om te soek vir brandstof nie. Daar sal oorgenoeg van alles wees.

Die feit dat God vir Israel voorsiening getref het vir sewe jaar, moet hierdie oorlog plaasvind net voor die sewejarige verdrag met die Antichris gesluit word.

Die Hak in die Kaak

Heel moontlik een van die mees opwindende profesieë wat besig is om te ontvou, is die Hak in die Kaak profesie. Dit handel oor die rede waarom Rusland, Israel gaan aanval. Die Ou Testament vertel van baie groot rykdom vir Israel in die vorm van olie wat ontdek gaan word in die laaste dae.

Die idée dat Israel uitgebreide olie velde gaan ontdek, is in die meeste kringe as lagwekkend beskou. Nie almal nie, maar wel die meeste. Alles het in Maart 2009 verander toe Noble Energy aangekondig het dat daar natuurlike gas ontdek is aan die kus van Israel. Dit is gevind by die Dalit skag, so 55km van die kus van Hadera. Die gas is gevind in water van omtrent 1500 meter diep. Die skag was gesink tot om en by 4000 meter en die skatting van die gas reserwe is geskat op 500 Bcf (Billion cubic feet). Dit is opgevolg met nog ‘n aankondiging van die Mari en Noa gas velde met ‘n geraamde reserve van 1.7 Tcf (Trillion cubic feet). Toe kom die nuus van die Leviathan Olie Veld. Daar word geskat dat hierdie veld se reserwes 4.3 biljoen vate olie is.  Met elke week wat verby gaan, vergroot hierdie skatting drasties. Die nuus is skaars bekend dan word daar alreeds nuwe gas en olie velde ontdek. Teen die tyd dat jy hierdie artikel lees, is die skatting van die totale reserves alreeds verouderd.

Berig uit die Israeli National News 8/2/10

Die gevolge van hierdie ontdekkings is geweldig. Indien die skattings materialiseer, sal Israel selfversorgend word sover energie betref. Daar sal groot  groot oplewing in welvaart en vooruitgang in Israel wees. Israel sal selfs olie en gas kan uitvoer.

Die Leviathan energie veld aan die kus van Haifa se skatting van olie reserwes bly net styg. Hierdie olieveld lê net onder ‘n gas reserwe wat nou geskat word op 13 Tcv (Trillion cubic feet).

Die Leviathan energie veld is apart van die Tamar velde wat in die suide van Israel geleë is.  Daar word geraam dat hierdie velde genoeg gas het om Israel tot in 2030 te voorsien. En die skattings styg ook gereeld.

Kom ons gaan kyk so ‘n bietjie wat sê die Bybel oor al hierdie dinge.

Esegiël 38

11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

Esegiël 38 ontbloot die ware rede vir Rusland se deel aan die koalisie. Die rykdomme van Israel. Ons moet onthou dat Israel nou beheer het oor al die verowerde nasies se olie sowel as al die skatte wat gebuit is.

So waar praat die Bybel van hierdie olie wat Israel gaan vind?

Deuteronomium 33

12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE - hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.
13 En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,

Deuteronomium 33

19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

Deuteronomium 33

24 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

Jesaja 45 met spesiale verwysing na vers 3

So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
2 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.
3 En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;

Genesis 49 met spesiale verwysing na vers 25

22 Josef is ’n jong vrugteboom, ’n jong vrugteboom by ’n fontein; sy takke klim oor die muur.
23 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,
24 maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob - daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,
25 van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.

Ons weet nou wie die spelers van Gog en Magag Oorlog is en hulle doel. So hoe gaan dit gebeur dat hulle Israel aanval? Dit is waar die Hak in die Kaak profesie tot vervulling kom.

Esegiël 38

4 En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ’n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;

Ja, God het genoeg gehad van Rusland se godeloosheid en Iran se haat teen Sy volk. Die tyd van oordeel oor hierdie twee hoofspelers en hulle meelopers het gekom. God self sal die Hake in Rusland se Kake inslaan. God het die aas van Israel se rykdomme voor Rusland se neus gevryf en Rusland se smagting na rykdomme is sy ondergang.

Esegiël 38

VERDER het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom
3 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
4 En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ’n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
5 Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;
6 Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs - baie volke saam met jou.
7 Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ’n leidsman.
8 Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ’n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het - ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
9 Dan sal jy optrek soos ’n onweer wat aankom, jy sal wees soos ’n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
10 So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n listige plan beraam
11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.


Ons sien ook wat die reaksie sal wees van die Weste

Esegiël 38

13 Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om ’n groot buit te maak?

Hierdie gedeelte vertel ons dat daar ‘n klomp gepraat en veroordeling sal wees teen Rusland en Iran se motiewe. Die VN sal hulle normale vergaderings hou met baie praat en geen aksie nie. Amerika en die EG sal die inval veroordeel, maar nie ‘n vinger lig om Israel te help nie.Ek dink dat in hulle harte hoop hulle Israel word vernietig. Soos vroeër in die artikel genoem is, is hulle ekonomieë moontlik aan vlarde.

Kyk ons na vers 13 sien ons dat Dedan (Saudi-Arabië) nie deel uitmaak van die oormag teen Israel nie. Dit mag wees dat sy haar les uit die Psalm 83 Oorlog geleer het, of nog so verpletter is dat sy nie kan nie. Ek weet  nie watter van die redes is die korrekte een nie.

Israel is alleen teen ‘n magdom van vyande en nie een land in die hele wêreld is bereid om haar te help nie.  So, dit lyk na die einde van Israel.

MAAR DAAR IS HULP

Net wanneer alles verlore is en daar geen hoop meer vir en in Israel is nie, met die wêreld wat in ‘n staat van totale paniek is, tree God tot die stryd toe.

Esegiël 38

17 So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.
19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar ’n groot aardbewing wees in die land van Israel,
20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.

Die eerste insident wat die aanvallende weermagte en die wêreld tref, is die grootste en hewigste aardbewing in mense bestaan. Uit die teksgedeeltes kan ons agterkom dat hierdie die moeder van alle aardbewings is. Dit is so hewig dat die berge waarop die weermagte vergader onder hulle sal verkrummel.

Esegiël 38

21 En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.

God gaan verwarring saai tussen die weermagte. Hulle sal , in hul vewarring, moontlik glo hulle val Israel aan.

Dan tree God nog verder in die stryd

Esegiël 38

22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.

Hierdie sal ‘n bonatuurlike gebeurtenes wees wat die aandag van die wêreld sal aangryp.

God sê Hy self sal die weermagte uitdelg

Esegiël 39

3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
5 Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.

Die absolute bloedbad en verwoesting van hierdie weermagte, kan nie oorbeklemtoon word nie. Hierdie uitdelging gebeur op ‘n skaal wat nog nooit vantevore gebeur het nie. Dit is God wat toetree vir Sy geliefde volk.

As daar slegs eén gedagte is wat by die lesers kan posvat deur hierdie artikel, is dit dat Israel God se volk is en Hy sal vir hulle in die bres tree. Raak aan Israel en jy raak direk aan God. Seën Israel en God sal jou seën. Weer eens; Ons as gereddes is Jesus se bruid, nie Sy volk nie.

Esegiël 39 vertel die gebeure na die weermagte verslaan is:

9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.
11 En in dié dag sal Ek aan Gog ’n plek gee waar ’n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
12 En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.
13 En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE.
14 Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle ’n ondersoek instel,
15 en sien een van hulle wat deur die land trek, ’n mensebeen, dan rig hy daarby ’n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.
16 En ook sal die naam van ’n stad wees Hamóna. So sal hulle dan die land reinig.
17 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Se vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, ’n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
18 Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink - ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam -
19 vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
20 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.

Die Nagevolg

God stel dit duidelik dat die nasies wel bewus is en verstaan dat wat gebeur het, deur God se hand was. Daar sal baie na Jesus kom en hulle kan ‘n groot deel uitmaak van die wat deur die Groot Verdrukking sal gaan. Hulle sal moontlik deur die Antichrist vervolg en vermoor word. Dit is moontlik dat baie wat onder die altaar in die hemel sal wees, wat roep om wraak op die Antichrist, uit hierdie groep sal kom. Hierdie gebeurtenes word in Openbaring weergegee.

God word verheerlik

Esegiëi 38

23 So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

Esegiëi 39

20 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.
21 En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het.
22 En die huis van Israel sal weet dat Ek die HERE hulle God is, van dié dag af en verder.
23 En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.
24 Volgens hulle onreinheid en hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en my aangesig vir hulle verberg.
25 Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam.
26 En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
27 As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
28 En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.
29 En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.

Wanneer Muslems regoor die wêreld aanskou dat God tot die stryd toetree om Israel te beskerm en die te vernietig wat hulle aanval, glo ek, sal hulle diepe sielsondersoek doen. Baie sal dan sien dat dit die Bybelse profesieë en nie die van die Koran is wat in vervulling tree en so Jesus aanneem.

Ons moet ingedagte hou dat ons as gereddes, aan die einde van die oorlog net voor of net na die Wegraping is.

Sou die kinders van God nog op aarde wees, weet dat die wegraping enige oomblik sal gebeur.  Let wel, SAL gebeur want dit is dan die tyd dat die Antichrist op die voorgrond moet tree. Hy kan nie geopenbaar word solank die Kerk en Heilige Gees nog op aarde is nie.

Die Tempel word nou herbou en daar word ‘n spesiale Rooi Verskalf gebore. Maar later meer hieroor.

bottom of page