top of page

e-Tol - Die storie agter die storie

Wat gaan werklik aan met Sanral tol paaie. Waarom die beheptheid van die ANC regering om dit met alle mag deur te voer. Die oorgrote meerderheid van die bevolking is in opstand daarteen. So, is die regering dom astrant? Is dit oor korrupsie? Hoekom nie nog 'n verdere heffing op petrol plaas wat kostes drasties sal inkort nie? Hoekom word verdere tolpaaie vir die meeste groot stede beplan en afgeforseer?



Dan word kamaras by kruisings opgestel wat 24/7 monitor? Hier praat ek nie van kamaras om motoriste uit te vang wat rooi verkeersligte oorsteek nie.



Om dit te verstaan sal ons moet verder gaan kyk na wat in die wêreld as geheel plaasvind. Daar moet ingedagte gehou word dat Suid Afrika meestal ‘n paar jaar agter die res is, so wat alreeds in ander lande gebeur het, gebeur nou eers hier by ons.



Die hele wêreld plan word as volg getitel “ DIE HOOFWEG EN DRUKGANG KONSEP.”


Om hoofweë te assosieër met die agenda van ‘n Een Wêreld Regering klink op die oog af vergesog en weer eens die storie van die snaakse mense wat altyd verskuilde agendas agter alles soek, totdat die volgende besef word. DIE SATANIESE NUWE WêRELD ORDE IS GEBASEER OP DIE PRINSIEP VAN VERSLAWING VAN DIE GLOBALE MENSDOM IN ‘N SISTEEM WAT DIT UITERS MOEILIK, INDIEN NIE ONMOONTLIK MAAK OM ONOPSIGTELIK TE WEES.


Daarom behels die kontrole en beheer van die mensdom  nie net die besit van hulle persoonlike data, kommunikasie netwerke en finansiële inligting nie, maar ook die kontrole van die vervoerstelsel.

 

Daar die Bybel dit stel dat die “Merk van die Dier” ‘n ewige dood sal wees vir diegene wat dit ontvang, meen dit ook dat die demoniese plan om ‘n globale sisteem daar te plaas om soveel moontlik mense vas te vang en te verstrengel, is dit net logies dat daar ‘n globale vervoer netwerk in plek sal wees om almal te kan monitor. 

Of dit nou ekonomies of slegs vir ontspanning is, spaar die “Orwellian Big Brother” geeneen  waar dit kom by die totale beheer van jou privaatheid nie. Dit sal  jou vinnig kan opspoor en sien waar jy ten enige tyd is. So, ‘n persoon se vryheid en privaatheid is nie meer ter sprake nie en word beheer deur die meesters van die wêreld.​



Dit is geen geheim dat die wêreld in 10 streke verdeel is nie. Vir diegene wat nie bewus is daarvan nie, gaan Google dit. Dit is beleid. Nou, uit hierdie streke het daar ‘n verdere uitvoeisel gekom, naamlik “Hoofweg Gange”.Hierdie hoofweg gange word gekenmerk deur een ding; Almal is 

toegerus met gesofistikeerde visuêle toerusting wat gekoppel is aan reuse kompers waar alle data en opnames geberg word wat baie maklik en vinnig opgeroep kan word.
 

ONTWIKKELING IN TEXAS
 

Die mense van Texas het net een oggend, tot hulle ontsteltenis, verneem dat gedeeltes van hulle land verkoop word aan ‘n Spaans gebaseerde tolpad ontwikkelaar/operateur genaamd Cintra wat saamgewerk het met ‘n Texas maatskapy Zachry Konstuksie. Hulle het toe Cintra-Zachry gevorm. Die Trans Texas Gang (TTC) is die eerste been wat Mexico, Amerika en Kanada sou verbind het as die NAFTA Super Hoofweg.


Dit sou bestaan uit ‘n netwerk van 6400km. Die staat het begin om grond uit te koop of te onteien want die staat het die reg om dit te doen onder die dekmantel van die “ Publieke Voordeel” wet. Die Spaanse maatskapy het die reg verkry om vir 50 jaar die regte tot TTC te behou en tolgeld te hef soos deur hulle, en net hulle, bepaal. Die publiek het in opstand gekom daarteen en is TTC geskrap, of altans, so is die publiek om die bos gelei. Dit het weer eens sy kop ‘n jaar later gelig, alhoewel onder ‘n nuwe naam en wetgewing. Wanneer die beplanners van die Nuwe Wêreld Orde op iets besluit het, sal niks of niemand hulle stuit nie.


Die verteenwoordiger van Texas, Larry Phillips, het nuwe wetgewing ingedien naamlik H.B.3789 wat dit moontlik gemaak het vir publieke/private venootskap, meer bekend as PPP’s om tol paaie in Texas te ontwikkel.

 

Jerome Corsi van Worldnet Daily skryf die volgende;
Texas, soos 40 ander state wat in die gesig gestaar was deur begrotings tekorte wat kon lei tot geweldige besnoeiings, het die pad gestap van ”Amerika te Koop’ in hulle entoesiasme om vrye deurpaaie te laat verander na tol paaie en staats infrastrukture na die sogenaamde PPP’s.

 

Maar het die Trans Texas Gang werklik gesterf?
 

Weer eens volgens Corsi; Die operatiewe kwalifiserende klousule in daardie proklamasie was die uitdrukking” soos ons dit verstaan het” gegewe daar die Trans-Texas Gang, oftewel TTC, lewend en gesond is. Getueies op  vele regerings in idustriële alliansie webtuistes wys dat die TTC projek voortgaan onder die dekmantel van ‘n opbreking van die oorspronklike na twee aparte projekte, hernoem na I35Gang en I69 Gang.


Hierdie superhoofweg wat Mexico, Kanada en VSA sal verbind was alreeds baie dekades gelede beplan en vorm deel van die Noord Amerikaanse Unie. Daar is ook planne om ‘n nuwe geldstelsel vir die area bekend te stel wat as die Amero bekend sal staan. So die uiteinde van wat daar beplan is, is dat die VSA nie meer ‘n sowereine nasie sal wees nie, net soos Kanada en Mexico.


Daar is ook alreeds ver gevorder met die Groot Asiatiese Hoofweg Netwek waaraan 32 lande saamwerk.
Net so is daar 10 Pan-Europese Hoofweg Gange. Ek brei nie uit oor hierdie Gange nie, want ek wil eerder kom by SANRAL.


Die volgende 5 tekens wat wys dat die tol hoofweë in Amerika besig is om te transformeer in ‘n hoogs tegnologiese slagyster netwerk.... Onthou wat ek aan die begin gesê het aangaande Suid Afrika wat dieselfde roete moet volg, maar ‘n paar jaar agter is.



1 Kameras

Regoor Amerika word kameras geinstalleer met die uitdruklike doel om die hoofweë dop te hou. Die volgende is ‘n uittreksel van ‘n artikel wat in die Baltimor Sun verskyn het:
Die kamer is groot en welbelig, en dit is ‘n miernes van bedrywighede alhoewel die mense daarbinne sit. Die video skerm voor in die groot vertrek is ‘n groot IMAX, alhoewel nie heeltemal so hoog nie. Dit bestaan uit 64 kleiner skerms, 16 kolomme van 4 elk, wat elke sentimeter monitor van die hoofweg tussen Great Wolf Lodge en Virginia Beach Oceanfront. Daar word spesiale aandag gegee aan tonnels en bruê.
Indien jy besig is om te bestuur op die hoofweg in Hampton Roads, VDOT hou jou dop.

 

2 Automatiese Nommerplaat  Lesers
‘n Berig wat onlangs in die Washington Post verskyn het is baie mense totaal onbewus hiervan:
Daar is meer as 250 kameras in daardie distrik en voorstede (Washington) wat nommerplate skandeer in werklike tyd, om die polisie te help om misdadigers vas te trek. Maar die program is stilweg uitgebrei om baie meer omvattend te wees as wat ooit aan die begin beoog of beplan is, selfs net ‘n paar jaar vroeër. Met bitter min publieke konsultasie of bewusmaking het polisie agentskappe begin om die inligting wat verkry is van die kameras, te berg. So is ‘n databasis van miljoene bestuurders opgestel.


Nêrens is dit meer van toepassing dan in Washigton nie waar daar ‘n leser vir omtrent elke vierkant kilometer is.

 

Blykbaar word polisie voertuie toegerus met hierdie tegnologie. Dus, sodra ‘n polisie voertuig jou sou aftrek, bestaan daar ‘n groot moontlikheid dat die komper alreeds jou nommerplaat gelees en in die hoofraam ingevoer het vir berging.So is jou inligting alreeds aan hom bekend.


3 Belaglike Boetes
In baie areas in Washington kan onbetaalde verkeers boetes vinnig ‘n groot finansiële las word.


Weer eens die Washington Post:
Geregistreerde voertuig eienaars wat nie hulle tolgelde binne 80 dae betaal nie, sal beboet word met $40 siviele boete vir elke uitstaande tol transaksie, dit is bo en behalwe $5 her-prosesering fooi. WSDOT het bevestig dat daar gevalle was waar die kostes oor ‘n $1000 beloop het.

 

En in Suid Afrika is daar ‘n oproep om nie e-Tol te registreer en te betaal nie. Wel, die uiteinde is dat dit jou baie geld gaan kos. Ons is klaar vasgevang in die web van die Nuwe Wêreld Orde. Al wat ek kan sê is, WORD WAKKER.
 

4 Onderdrukkende Tol Paaie
Deurdat daar nie werklike alternatiewe roetes ten opsigte van Tol Paaie is nie, word die motoriste geforseer om sulke paaie te gebruik teen absolute belaglike hoë kostes. So word die publiek gebruik om te betaal vir ‘n proses wat gebruik word om hulle te verslaaf.


5 Regering Spionering
Indien die regering voel dat ‘n person dalk anti-regering is, word al hierdie metodes en toerusting gebruik om op so ‘n persoon te spioneer. Sou dit net aangewend word vir anti-terrorisme of teen-misdaad, dan kon daar nog ‘n saak daarvoor gemaak word, maar dit is lankal verby daardie punt. Want om al die biljoene wat daarvoor gebruik word net aan te wend vir ‘n baie klein gedeelte van die bevolking, maak nie sin nie. Vandag word dit aangewend TEEN die gewone burger om hom/haar die reg op privaatheid te ontneem.


Ek glo die leser is bewus daarvan dat konsewatiewe, wedergebore Christene in Amerika asook elders, beskou word as gevaarlike ekstrimiste. Dink daaroor.

 

Nou kom ons nader na Suid Afrika



Die Trans Afrika Hoofweg Netwerk

Die Trans Afrika Hoofweg Netwerk, oftewel TAHN word beplan om te bestaan uit 9 hoofweë wat deur 41 stede in Sub-Sahara sal strek en so 500 miljoen mense sal verbind. Daar word beplan om die TAHN teen 2015 te voltooi om uitvoering te gee aan die Milinium Ontwikkelings

Doelstellings.


Die TAH 4 sal van Kairo aansluit by Gabarone, dan na Pretoria en dan Kaapstad. Dit beteken dat die verkeer sal deur SANRAL se nuwe tol paaie in Johannesburg en Preoria gedwing word om deel te wees van die finansiering vir die kostes van die bou en om die publiek te monitor.



In Gauteng word daar ekstra e-Tol paaie beplan om soveel dekking moontlik te verkry oor die bevolking van daardie gebiede. Deur ‘n 

onlangse beslissing van die Hoogeregshof, staan daar nou niks verder in die pad van die ANC en hulle meesters om SANRAL uit te brei na Kaapstad en ander gebiede nie.


Weer eens maak dit deel uit van ‘n plan wat baie dekades gelede opgestel is om al die Afrika nasies saam te snoer in een samevoeging, naamlik die Afrika Eenheid.


So daar is dit. Alhoewel daar sterk gerugte van korrupsie die rondte doen ten opsigte van SANRAL en regerings amptenare, soos ook met die wapen skandaal, is dit nie waaroor alles gaan nie.(Lees voledige berig hier: E-tol deel van 'massiewe korrupsie')  



Sou ‘n persoon te moeilik raak vir die regering, is dit die maklikste ding om so ‘n persoon op te spoor, te volg en op hom/haar te spioeneer.


Daar word nou kameras in Kaapstad getoets wat 24/7 sekere kruisings monitor. Dis sal nie meer lank wees voor sulke kamaras, wat gekoppel is aan ‘n reuse komper stelsel, ‘n alledaagse gesig sal wees nie. Jy sal gemonitor word van jou huis na jou werkplek en terug . 24/7. Big Brother is hier.



Dit is die rede waarom so ‘n duur, onpraktiese stelsel soos e-Tol afgeforseer sal word, want dit gaan nie en het nog nooit gegaan oor die uitbreiding van ons paaie nie, maar ‘n dekmantel wat gebruik word om 

die e-Tol hekke en kameras daar te stel om motoriste te monitor.


Dit maak tog sekerlik sin om ‘n heffing by die petrol prys in te stel wat so maklik geadministreer kan word eerder as al die mense wat nou in diens geneem moet word om dit te laat slaag. Maar slaag sal dit.


Ten slotte: Daar is diegene wat voel dat die publiek  die e-tol stelsel moet boikot. Wel, volgens my studies sal dit nie slaag nie want daar is reeds deur SANRAL en hulle meesters daarvoor voorsiening gemaak. Weet dat hierdie is nie ‘n ANC gedrewe plan nie, maar ‘n wêreld beplande strategie waarby die hele wêreld betrokke is. Dit is ook die rede waarom die regering tot die hofstryd toegetree het.

21/3/13. Kaapstad is nou in die spervuur. Die regering het blykbaar besluit om teen alle publieke teenstand voort te gaan met e-tol paaie. Dit wil voorkom asof die ANC se meesters moeg raak vir Suid Afrikaners se hardkoppigheid. Ons moet en sal die knie voor hulle buig. 

23/3/13 Die ANC regering is nou besig om hulle hand heeltemaal en ondubbelsinnig te wys. Dit wil blyk asof daar groot ongeduld by hulle meesters is. 



Dit is net ongelooflik hoe apaties ons mense is. Dit laat my dink aan die storie van die padda in die pot water. Draai die hitte stadig op en dan skielik tot kookpunt en die padda is totaal onbewus dat hy sy dood tegemoet gaan. Sal Cosatu die ANC kan stop? Nee!! Planne is alreeds aan die gang om Vavi uit te haal. Hy is al wat nog in hulle pad staan om sonder teenstand die publiek te verslaaf.



Kyk weer na die kaarte hierbo. Die Illuminati het besluit wat in Suid Afrika sal gebeur en destyds het hulle 'n meeloper in FW de Klerk gekry. 



Suid Afrike het aan God vasgehou en die Illuminati kon nie vastrap plek kry nie. So, De Klerk is deur die Illuminati gekies om die destydse regering tot 'n val te bring en die ANC, wat atiesties en godeloos is aan bewind te kry. Daarmee het hulle geslaag en God is nie meer te sien nie en Sy mense geen faktor nie.



President Zuma voer net bevele uit en bly so aan bewind terwyl hy en sy trawante, as beloning van hulle meesters, toegelaat word om die land te stroop. Sal hulle gestop word? Nee! 



Die berig in die koerant is hier.

 

Licence-Plate readers spark fear 9/9/13

bottom of page